Let wel hierdie is nie die laaste hoofstuk van die eboek Die Voortvlugtiges nie (alhoewel ek ‘n voëltjie hoor fluit het dat die pers nog moontlik na die laaste hoofstuk ons onder hande gaan neem). Ek kon nog nie die krag en energie bymekaar skraap om die storie by sy natuurlike (of onnatuurlike) einde te bring nie. Maar aangesien daar al ‘n paar dae verloop het sedert die vorige hoofstuk (en ons eers na Paasnaweek gaan vlug – jammer) voel ek verplig om darem van my te laat hoor.
Dus noem hierdie maar ‘n pre-epiloog. ‘n Epiloog wat gelewer word voordat die verhaal geëindig het. Dit is dalk die wêreld se eerste pre-epiloog maar dan dit sal maar net nog ‘n eerste wees vir Toweropstal en sy towerinne. Dus hierdie is Gegroet Toweropstal (deel 1).
Die opstal was aanvanklik bekend vir die bome wat verskyn en verdwyn het, soveel so dat ‘n beskuldige onskuldig verklaar is aangesien die getuienis wat gelei is die huis as 2 verskillende plekke omskryf het. Sien Scene of the crime
Om te Krimineel (en te alter ego) was op die stuitige Kameel(Camilla) se bucket list, wat die idee by Hester laat posvat het dat die bloggers gaan misdaad (en ja ons het die daad dikwels gemis) en dat dit by Scene of the crime sou afspeel. Ek moes darem ‘n gepaste naam vir die plaas kry en wou dit aanvanklik Toorberg noem n.a.v. Etienne van Heerden se boek. By Toorberg gebeur vreemde dinge, maar nie naastenby so vreemd as wat by Toweropstal gebeur het nie. Ek sou ons te veel beperk het deur ons verhaal met so ‘n ligte skrywe soos Toorberg te assosieer.
Ek het nie die fotos geneem ten einde Scene of the crime te skryf nie. Dit was danksy ‘n foto-uitdaging met die tema Variations on a theme wat die verhaal laat ontstaan het toe ek deur my fotos geblaai het met ‘n muis. Ook ek het gewonder hoe dit moontlik is dat die bome op die een foto baie opsigtelik is en op die ander een glad nie. Ek het gaan Google Earth en dit het my genoop om die verklaring met julle te deel. In die oorspronklike skrywe beweer ek die volgende:
Witness A claimed the crime took place on a lone hill, at a lone house, with a lone tree next to it and that he saw the accused at the scene. Underneath is the picture he painted to the court.
Ek wys albei fotos met hulle gepaardgaande Google maps street view, sien opmerkings onder fotos.

Foto 1 met wat getuie 1 gesien het

Street View Oct 2010 – sien blokkie bo links op foto

Foto 2 met wat getuie 2 gesien het
Counsel: So you couldn’t see trees behind the house?
Witness 2: No, I mean yes I could see trees, there were trees all over the place behind the house next to the house – all over.

Street View OCT 2010 staan baie klein regs onder in foto
In die 7 jaar sedert Google hulle fotos geneem het Toweropstal helaas agteruit gegaan. Met versorging kon dit toe nog ‘n funksionele opstal gewees het, maar het ondertussen is van die mure uitgeslaan en het dit die status van murasie bereik – wat dit natuurlik laat toeneem in waarde vanuit ‘n fotograaf se oogpunt.
Invalshoek 1
Op die street view foto kan mooi gesien word dat Towerpostal op ‘n heuwel geleë is. Daar is wel bome direk agter die huis maar aangesien hulle aan die onderkant van die heuwel is kan hulle glad nie gesien word nie en buitendien die bome agter Toweropstal op foto 2 is mos direk agter die huis?
Invalshoek 2
Dit wat getuie 2 gesien het was die bome wat met die stippelyn aangedui word. Dit is moeilik om te glo want dit lyk asof dit naby die huis is en net ‘n entjie weg van “Lone Tree” maar soos die lugfoto (wat in 2014 geneem is) aandui is daar behalwe vir die “Lone Tree” nie bome naby die huis nie. Die kameralens maar veral die feit daar daar ‘n afwaartse helling is tussen die huis en die bome veroorsaak dat die bome baie nader lyk. In die weermag was dit deel van ons opleiding om in ag te neem dat wanneer daar ‘n kloof is tussen jou en dit wat jy oorkant die kloof sien, dit oorkant jou baie nader blyk te wees as wat dit in werklikheid is. Iets wat onsinnig of onmoontlik blyk te wees maak wel sin.
Klik gerus op die skakel hieronder wat jou na die lugfoto sal neem en dan kan jy sien hoe naby Skimmelkrans stasie, die lughawe en die see is (en hoe vêr die bank is!).
https://www.google.co.za/maps/@-34.0279641,22.3767357,1113a,35y,331.46h/data=!3m1!1e3
Die heuwel laat my ook aan ‘n ander heuwel dink. Dit wat daar gebeur het, het nog vir die dissipels of die Romeinse soldate sin gemaak. Uit die lewenshoek waaruit hulle gekyk het die opmerkings van die Fariseers sin gemaak:
Ander het hy gered, maar homself kan hy nie red nie. Hy is mos die koning van Israel! Laat hy nou van die kruis afkom en ons sal in hom glo. Hy het op God vertrou; laat God hom nou red as Hy dan behae in hom het. Hy het immers gesê hy is die Seun van God!” Matt. 27: 42,43
Maar aan die kruis het Chrsitus met sy liggaam wat uitmekaar geslaan is, ‘n murasie van wat Hy was, vir gewone mense direkte toegang tot God verseker.
Jesus het weer hard uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas. Op daardie oomblik het die voorhangsel van die tempel van bo tot onder middeldeur geskeur. Matt. 27: 50,51
Ja die invalshoek waarmee mens na Christus kyk maak nogal ‘n verskil
Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God 1 Korintiërs 1:18
Geseënde Paasfees
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=769965
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Abrie, ek hou van jou pre-epiloog. Ek het baie na jou foto’s en Google maps gekyk, dis hoe ek die melkende bure leer ken het. Genoeg oor ons kaperjolle.
Dank Vader ons is so geliefd dat niks ons van God se liefde kan skei nie. Groetnis en seënwense vir jou en joune naby jou hart.
LikeLiked by 1 person
Selfde vir jou Lekkervurig. Jesus leef!
LikeLike
Baie dankie vir jou Paasboodskap Baie spesiale naweek vir jou ook!
Ek bewonder dit wat jy met google maps aangevang het. Eendag as ek groot is gaan ek dit ook leer.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie selfde vir jou.
Paint program van Windows
LikeLiked by 1 person
Sal beslis daarna kyk
LikeLiked by 1 person
Abrie, ek hoop jy en jou gesin geniet ‘n heerlike naweek. Ek deps jou eerste foto vir die book cover (ek weet jy sal nie omgee nie). In verband met die afstand van Toweropstal tot by die bankkluis – ek het nou so gelag, niemand (ek inkluis) het ooit gedink aan die distansie tussen Toweropstal en die dorp nie, maar sjuut!!! Ons hoef nie die res van die wêreld daarvan te vertel nie.
LikeLiked by 2 people
Ons beweeg mos vinnig in ‘n tonnel👻 🏃. Jy is reg ek gee nie om nie
LikeLiked by 1 person
Dankie Abrie
LikeLiked by 1 person
Dankie, Abrie – geseënde Paasfees vir jou en jou dierbares.
Hmmm – “pre-epiloog” is ‘n waardige lemma vir jou woordeboek met die disleksiese titel.
LikeLiked by 2 people
Ja ek wou noem dat ek dit in die woorde boek gekry het toe Los ek maar. Dankie tannie Frannie
LikeLiked by 1 person
‘n Geseënde Paasnaweek vir jou en jou gesin ook Abrie. Ek kan net sê dankie Jesus dat U vir ons die pad na die Vader oopgemaak het. “Many waters cannot quench Love” is die vers wat Jesus vanaand vir my gegee het. Be blessed!!!
LikeLiked by 1 person
Dankie Kameel (en little water 💦kan ook nie)
LikeLiked by 1 person
Pragtig deurgetrek van die operrvlakkige pret na die dieper werklike lewe. Jy het die gawe om n mens se gedagtes te prikkel. Geniet die Paasfees en bly veilig.
LikeLiked by 3 people
Baie dankie Ineke selfde vir jou
LikeLike
Baie dankie, stil en rustig hierdie kant.
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy nou sommer ‘n pragtige Paasnoodskap ingebring het in knse storie. Baie treffend.
LikeLiked by 1 person
Dankie Toortsie
LikeLiked by 2 people
Ek wonder net oor daardie gat indue muur: Was dit die tiramisu se skuld?
LikeLiked by 1 person
Dit was inderdaad die Tiramisu se franjelliekoseerdgeit 😂
LikeLiked by 3 people
Ai man, as 30 ml per ongeluk 300 raak …
LikeLiked by 2 people
Pragtige pre-epiloog,Abrie!Ek kan nie wag vir die regte aflewering nie.
LikeLiked by 1 person
Dankie Dina maar ‘n pre-epiloog is aansienlik makliker as die afsluiting vn ‘n verhaal!
LikeLiked by 2 people
Jy het darem nog tyd om te dink😀
LikeLiked by 1 person