Gegroet Toweropstal – hello Pollsm…

This is the “last” chapter in a crime story written by various bloggers, thus even if you understand the language the story itself may sound as if it comes from a foreign continent..

  • To access the WordPress photo challenges (which are in English) click here
  • To access my other English posts not related to WPC click here

Lekkervurig se Vurige Voertuig en Perdebytjie se Boomaway hobbel, kruip en zoem voort soos ‘n by wat te swaar gelaai is met goudstof, aangesien die voertuie onderskeidelik kreun onder bankbuit en towerinne.

Paasmaandag geneem tydens staptog in die berge

Ek is nie lus vir hierdie verantwoordelikheid nie. Die tonnel na die bank, wat ek nie eers van geweet het nie, maak ‘n groep amateurs ryk kriminele. Maar die teenpool daarvan is dat ons ryk genoeg is om ‘n lang tyd in Pollsmoor te spandeer vir rehabilitasie…(en gratis tatoeërmerke, wat ‘n bonus). Ondertussen staar die towerinne na my asof ek ‘n fliek is – helaas nie danksy my voorkoms nie (ek is immers nie ‘n Latynse offisier nie) – nee vir leiding in hierdie penarie. Ek is egter van mening is dat verskeie van hulle beter leiding sal kan gee en nee ek is nie ‘n feminis nie.

As ontvlugting klik en op die Toorberg eBoek icon op my foon. Daar is nie tyd hiervoor nie maar ek wil die onvermydelike ‘n paar minute uitstel en moet my nie beskuldig van prokrastinasie nie (miskien wel van die gebruik van anglisismes). Ek ignoreer die blikke op my en lees’ n bladsy of so tot ek by hierdie paragraaf kom:

OuAbel sit in die skaduwee van een van sy akwaduk se vervalle pilare
en hou die magistraat dop waar hy agter ’n aalwee staan en die Toorder
se huis met ’n verkyker dophou. Dís waarvan hy nie hou in magistrate
nie: die ewige vermoedens. En iemand wat vermoedens het, wy sy tyd
aan die soek na bewyse om die vermoedens te staaf. Ongedurige mense, magistrate

Sug die gereg!! Boonop voel ek die kykers op my soos die towerinne staar. Ek druk my oë toe in ‘n gebaar van moedeloosheid en dit is al wat my oormoë liggaam nodig gehad het. Ek raak momenteel aan die slaap, droom onmiddellik met hierdie tonele wat om my sweef:

‘n Kakofonie van beelde en klanke:

  • Camilla wat enige man om haar keurig gelakte pinkienael kan draai.
  • ‘n Afrika eerste – landing en lanseerplek van Elon Musk vuurpyle
  • Spesiale spinasieterte en nog spesialer Tiramisu poedings
  • Maskerballe en te veel partytjies
  • Wantroue, agterdog, agterbaksheid en vooruitstrewenheid
  • Kode boodskappe en verdwynende ink
  • Die Guptas in aanhouding
  • State of the crime address
  • Kinkels in die kabel, tonnels by dosyne en ‘n oorvloed side-plots en counter plots op hierdie plot
  • Bali se triple D’s en dubbel DD’s en psychedelic gekleurde voertuie (en seker die D’s ook)
  • Die chemiese proses franjelliekosering (wat opslae maak in wetenskaplike kringe)
  • Dubious denotation en detonation
  • Zoomaways en Boomaways
  • 3 EFF ondersteuners met hulle rooi berets op ‘n fiets met die Latynse offisier wat oor hulle skote drapeer is.
  • Pablo Escobar en sy berugte tandlose bergie seun
  • Doelgemaakte musiek CDs en bedroom-eyes geregsdienaars
  • ‘n Gasverskyning deur Paul Kruger
  • Temperamentele koeie (nee nie die towerinne nie my ma het my goed grootgemaak; koeie wat nie wil melk gee nie), perdebye, bye, uile, nog spoke, korrupte amptenary, rolle note, goud, muntstukke , buit ens. ens. ens.

En ek droom dat Toweropstal soveel meer bied as Toorberg. Toorberg het nou wel ook spoke maar die res kan Toorberg net oor droom. In alle regverdigheid, Toorberg het darem 3 ander goedjies ook:

  1. Die CNA-prys vir Letterkunde
  2. Die WA Hofmeyer prys
  3. Die Hertzog prys (maar dis al 🙂 )

En dan genadiglik met die geur van neut en likeur ontplof alles en word ek wakker. Ek slaak ‘n sug van verligting toe ek besef dit was net ‘n droom maar die slaak verander in’ n wind toe ek besef dit het alles wel gebeur en ek is steeds deel van hierdie nagmerrie. En nou staar die Towerinne geskok na my en dit lyk asof hulle nie asem kry nie. Hulle het seker rede, dit was nie silent nie maar dit was wel violent!

“Perdebytjie trek by daardie grondpad in en flits vir die vuurwa om dit ook te doen” . Hulle wil nog stry want hulle is op pad na Toweropstal om Hester te red en om beste vriende te maak:

The French are glad to die for love
They delight in fighting duels
But I prefer a man who lives
And gives expensive jewels
A kiss on the hand may be quite continental
But diamonds are a girl’s best friend

Maar toe roep ek baie dringend: “Dames my maag! Sien julle kans vir nog ‘n ontploffing? En die konfooi van twee trek gedwee van die pad af. Daar is niks fout met my maag nie – wel nie meer nie. Ek het ‘n boodskap gekry op my foon van my stadsraadslid vriend op George tydens die non-silence violence: bel my dringend nou. Hy gee ‘n nommer wat ek nie ken nie. Dit is asof dit my denke in rat geskop het en die aftrek in die pad is om my kans te gee om die oproep te maak en opdragte te formuleer.

My vriend antwoord: “Ek gaan hierdie net eenmaal sê. Die bankbestuurder is vroeg werk toe en ontdek chaos en grootskaalse verlies vir die bank. Hy het onmiddelik die bank se CEO gebêl wat die Nasionale hoof van polisie gekontak het. George se polisiehoof is deur die Nasionale hoof van polisie geskakel met die opdrag om die plek te beveilig maar geen forensiese ondersoeke te doen nie. Dit gaan gedoen woord deur die taakspanne wat onderweg is vanaf Johannesburg en Kaapstad. Ook is die opdrag gegee om padblokkades te reël en omliggende dorpe te laat weet om dit ook te doen en natuurlik die lughawe te laat weet. Met dié inligting het ons polisiehoof ons burgermeester gebêl en ek was toevallig by hom. Die bankbestuurder en ons polisiehoof was pas nog in ‘n vergadering sodat die polisie kan weet waarna om te soek. Use use it don’t use it…” en toe gaan die foon dood.

Ek het so baie vrae: wat van Hester, wat van die polisielede wat ons “gehelp” het? Wat nou? Maar dan onthou ek ‘n gesprek met een van my ander vriende Danie, tydens een van ons staptogte. Die mans in ons voorgeslagte was ingestel op oorlewing. Hulle fokus was besluitneming en uitvoering daarvan al sou die gevolge ongewild wees, cowboys don’t cry en verhoudinge is nie die spil nie, oorlewing is en teenkanting was nie ‘n opsie nie. Ek kry die staal van groot oupa Joshua Petrus Joubert van Toweropstal in my pype en die strategiese insig van Genenraal Piet Joubert. Ek soek ‘n nommer op en na ‘n kort onderhandeling is die plan in plek.

Terug by die voertuie gee ek nie die inligting deur wat ek pas gekry het nie – nie tyd vir debat nie. “Ons gaan nie terug na Toweropstal nie; te riskant. Hester is streetwise sy sal vir haarself sorg. In ‘n sel verloor beste viende hulle sprankel”.

Ek sien die geskokte uitdrukkings, selfs wrewel in die gesigte.

“Ek praat van diamante, nie Hester nie. Ons gaan nou met hierdie grondpad langs ry en via ‘n paar ander grondpaaie gaan ons na ‘n vakansie-oord diep in die berge. By Pollsmankop gaan ons so lank as was wat nodig is, dalk weke laag lê, dit is klaar gereël. Sal verduidellik wanneer ons daar aankom”.

Nee ek weet nie of ons almal op die langer termyn suksesvolle voortvlugtiges gaan wees nie, maar ek het ten minste vir ons tyd gewen. Die eienaar van die Pollsmankop verbou onwettig hops vir die uitvoermark sonder lisensie en sonder die medewete van die owerhede en omringende boere. Ietsie wat ek toevallig uitgevind het toe ek daar vakansie gehou het. Hy sal nie uitpraat oor die groep wat skielik daar aangekom het nie. Sy rekords gaan wys dat verskillende mense op verskillende tye daar aangekom het en ons buit kan saam met die hops versprei word.

Moenie kla nie dames hierdie plek is mooi en het verskeie van hierdie chalets. Aansienlik meer gerieflik as Toweropstal

Die bekende joernalis Seegogga, wat so skeef soos ‘n krap maar met reguit intensies skryf gaan ‘n berig oor die inbraak in die bank plaas… Oor na jou Seegogga!

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=769965

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

110 thoughts on “Gegroet Toweropstal – hello Pollsm…

  1. Abrie jy is ‘n doring…. ek sit heeldag op hete kole en wag vir ons lot… ek laaik dit spanne. Natuurlik het ek met ‘n glimlag gelees. Stem saam met Perdebytjie… moet dit weer lees om alles in te neem. Mag maar seker weer sê arme man… kan dink jy het nagmerries gekry… maar jy het jou briljant van jou taak gekwyt.

    Liked by 3 people

      1. Sal definitief nie ‘n krimineel kan uitmaak nie… sit te op hete kole en wag wat volgende gaan gebeur. Weet nou watter vrug van Gees ek groot te kort aan het. Weereens dankie Abrie…. jy sit altyd lekker spice by jou skryfwerk.

        Liked by 1 person

  2. En ek let op dat nie een van my vriende hierbo hulle bekommer oor Hester se lot nie. Gelukkig ken sy mense wat weet hoe om sulke ou foutjies reg te stel.Abrie, ek kan nie glo jy was in die ou SA Army nie – het jy nie geleer dat gevalle makkers nooit agtergelaat mag word nie?

    Liked by 4 people

    1. Briljante ontsnappingsplan, Abrie, sommerso van die een onwettigheid binne-in ‘n nuwe kriminele avontuur. Maar Seegogga het blykbaar ook lekker saamgedrink, geëet bedoel ek, daar by Toweropstal. Ek hoop sy onthou haar aandeel en rapporteer die “regte” feite in die koerant.

      Liked by 4 people

    2. Hester Abrie sê dan “Ek sien die geskokte uitdrukkings, selfs wrewel in die gesigte” maar Abrie het gepraat… en dit was die plan… so ons moes inval. Ons sal hoor wat sê die koerantberug… maar ek glo saam Abrie… jy is street wise, sou jouself daar uitgekry het 😐 Indien nie, sit daar nou definitief ‘n paar joernaliste sonder voortande 😄

      Liked by 2 people

    3. Ek dink hulle was steeds so geïntimideer deur my geblafde bevele dat hulle nie gewaag het om iets te sê nie. As ons jou gaan haal het was ons almal saam in Pollsmoor. Ek weet nie hoe lank die samehorigheid dan sou duur nie al sou ons ook almal die woord samehorigheid gratis op ons voorkoppe laat tatoeër het!

      Liked by 1 person

  3. Hester – onthou die motorfiets agter toweopstal onder die seil – Abrie stuur vir Hester die agterpaaie roete, jinne, ons kan darem sukkel.
    Ek is so bly ons kan in die berge uitkamp. Ek het die vars lug baie nodig. ‘n skeutjie Frangelico, iemand? Is onwettige Hops nie miskien aaptwakkies nie? Ag ek wou ‘n rokie maak…om van al die spanning ontslae te raak en wyd te dink….hehehe.
    Abrie – ek sien uit na die strategiese denke proses – dis my kos daai. Welgedaan.
    Seegogga – skryf reg, nie waar nie. Narratief is mos koning. 😉

    Liked by 5 people

    1. Lekkervurig jy moes ‘n misdaadverslaggeefster (liewe Moses dis ‘n lang woord) geword het. Kan sien jy kry lewe wanneer dit by strategie ens kom. Sommer so tussen terloops… gaan vars lug en rook saam? 😐 koes!!!

      Liked by 1 person

      1. Hester -ek lief planne en grootprentjie kyk en moontlikhede bedink. Dit maak my opgewonde, nes jy sê. Jy hoef nie te koes nie – die rokie wat ek maak is nominaal, my dokter se selfs dis ok! (Knipoog) so ja, die rokie is medisnaal, en die vars lug ook. Werk vir my! Dis mos Blogland – eingiets is doenbaar. Hehe.

        Liked by 2 people

    1. Nee…. kyk hoe ‘n mooi rustige plek is dit. Ons gaan die natuurskoon waardeer. Abrie gaan ons op laaaaang staptogte neem, en leer hoe om fotos te neem. Daar gaan een of ander werksklasse aangebied word…. ek dink dit is om ons te rehabiliteer. 😊

      Liked by 1 person

        1. Nee, ek het nou so gedink. Toorts kan pragtig kitaar speel en sing… miskien kan sy vir ons musieklesse aanbied. Ek dink ons moet haar vereers uit die kombuis uit hou!!!

          Like

      1. Ons gaan sing terwyl ons stap:
        As ek moeg word vir die lewe in die stad gee my die wandelpad.
        In die veld pluk ek ‘n Taaiboslat
        en slaan die polisiekommisaris op sy gat
        en sing my wandellied
        en siiing my wandellied

        Liked by 3 people

        1. Omdat daar so min manne is sal ek maar alt sing – moes in sangklas op skool naby die seunskinners staan, want ja, sing is nie my talent nie. Of ek sal mimiek, of help kos kook….

          Like

            1. Ag Grapjas….Alt die laevroustem! Maar ek hou van Alternatiewe Afrikaans – van FPKar, Valiant, Kerkorrel en so. Die doef-doef liefie-diefie-duifie gewone Afrikaanse musiek gee my die horries.

              Liked by 1 person

  4. Ek sien hier kan dit lekker raak… stilte of party, maak nie saak, ALLES VOLUIT! Want wie weet waar ons ons volgende gaan bevind? Dan doen ons dit maar oordentlik terwyl ons nou hier is… Paar twakkies en takkies in my sak…

    Liked by 1 person

    1. Sal maar herhaal wat ek vir Wegkruipertjie gese het:
      Jy is nog mooi en jonk en baie van ons is net mooi. Die net mooi mense gaan volgens hulle ouderdom moet begin optree om uit Pollsmoor te bly!

      Maar dit gaan maar sukkel (om volgens die ouderdom op te tree)

      Liked by 3 people

  5. Is almal nou te ordentlik om iets oor die skrikwekkende wind te opper wat Abrie so ewe onwelvoeglik gelos het? Dit net omdat hy steeds deel van die sogenaamde nagmerrie is… Niks van ons hele palawa was ñ nagmerrie nie, Abrie. Dit was een lang groot deurmekaar lekkerte, een wat jou ook uit jou vel laat klim het en ordentlik stout gemaak het. So, noem dit wat dit was, ñ lagmerrie, dan sal die wind dadelik verskoon word.☺

    Liked by 1 person

        1. Toe Abrie van daardie tweede ontploffing praat het ek beelde gesien wat ek nie wou sien nie… en besluit om dit stilletjies te laat verbygaan. Ok… ek erken dit het my laat lag 😮

          Liked by 1 person

            1. Hops (Humulus lupulus) is ‘n meerjarige klimplant, waarvan die vroulike bloeiwyse vir die voorbereiding van bier gebruik word om dit ‘n bitter, dog aangename smaak te gee.

              Liked by 1 person

                    1. Ons gaan gerihabiliteer word sodat ons ordentlike landburgers daar uitstap. Geen paal of buikdans nie….. jy kan in die koor sing.

                      Liked by 1 person

                    2. O shit nee, op skool het die koor my net in die moeilikheid laat kom! Sien, onder die verhoog was die vryers se geheime plekkie, so ek het net die eerste paar toonlere saam ge-oefen en dan skelmpies deur die valdeur ondertoe verdwyn. Kore is defnitief uit vir my. Ek kon nog nooit ñ balans handhaaf waar dit die kunste aanbetref nie.

                      Liked by 1 person

                    3. Una in ‘n kringetjie:
                      My naam is Una
                      ondersteunende handeklappery
                      Ek is ‘n sinies, moordadig, ongerehabiliteerd, buik en paaldanser vol bier
                      minder ondersteunende geskokte hande klappery

                      Like

                    4. Jong Abrie, dalk gaan ek alleen moet party, die ander klink my wil gerehabiliteer word. Dalk is ek die een wat maar moet gaan slaap, selfs Kameel het vir Camilla weggepak.😥

                      Liked by 1 person

                    5. En nog iets. Mens het jou regte, niemand mag jou rehab toe vat as jy nie skriftelike toestemming gegee het nie, en Abrie het my NIE op papier nie. Ek gaan NIE in ñ kringetjie sit en enige iets bely nie!!!

                      Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.