‘n Belydenis in my stapskoene

Una van Travel460 vra ons om te vertel waar die pad op die foto jou neem:

Stap, klim en klouter is in my bloed, ook op plekke waar ‘n regdenke persoon van my ouderdom nie behoort te klim en klouter nie. Maar dit is ‘n ietwat van ‘n Catch 22 want vir  my om regdenkend te bly moet ek gaan klouter waar regdenkendes nie klouter nie.  Ek was al letterlik tussen die duiwel en die diepblou see en toe doen ek die logiese ding en vat die duiwel aan (Duiwelspiek – Tafelberg).

Ek wou julle laat meeloop op so ‘n stap na ongewone plekke maar met die lees van die ander Bestemmings het ek om Lekkervurig se skrywe aan te haal en met Kameel se aanmoediging gekies om die route less travelled te volg. Julle kom wel saam na ‘n ongewone plek maar nie die plek waar ek julle oorspronklik sou neem nie.

**********

Die pasiënt was besig om sy besoekers te bemoedig met ‘n bemoediging waartoe ons nie in staat was nie. Ek het besef dat Johan later nie meer die vermoë gehad het om te filter wat hy wou sê nie. M.a.w. hy kon nie meer soos ek en jy voorgee om dinge te sê wat ons dalk nie bedoel nie. Dit wat op Johan se tong geleef het was eg.

Inderdaad het hy deel gehad aan die grootste wonderwerk ooit, deurdat hy aanvaar het dat Christus vir hom gesterf en opgestaan het. Nou klim hy berge saam met Jesus en verfilm die Liefde. Dit is nie meer nodig om te redigeer wat hy verfilm nie – dit wat sy kameralens sien is perfek.

Vir konteks sien Ek is soms wel jaloers Johan

**********

Ek en Johan het baie intellektuele beuselagtighede gebesig (nonsens gepraat) maar ook oor dinge gesels wat saak en sin maak tydens ons “ontdekkingsreise”. Ook by die uitgang van hierdie grot wat ons sommer Namibië gedoop het. Hier het ons gesit en na die Vallei van Isolasie op Tafelberg gestaar en toekomstige ontdekkings en kruistogte beplan. Dit is nie Johan wat haar aan my voorgestel het nie maar ons het haar wel bespreek. Ironies genoeg was die persoon wat my aan haar voorgestel het ook ‘n Johan.

Alhoewel ek nog nie getroud was nie was ek in ‘n verhouding met Susan wat my vrou sou word. Die ander dame wat se naam ek gaan weerhou het my egter fassineer. Sy het gehou van stap en anders as my en Susan se verlede was haar verlede glad nie stabiel nie. Iemand met ‘n onstabiele agtergrond se lewe is… wel interessant en dramaties en ek kan gesels met interessant en dramaties.

Aangetrokkenheid gebeur dikwels sonder voorbedagte rade. ‘n Man en ‘n vrou ontmoet byvoorbeeld weens een of ander projek by die werk (óf kerk) en daar is net ‘n gemaklikheid in mekaar se teenwoordigheid.  Jy het egter ‘n keuse wat om met daardie aangetrokkenheid te doen. Gaan mens gevlei voel en dit aanwakker of gaan jy vir jouself sê  Love is not a feeling it is an act of your will en dat jou wil reeds betrokke is by ‘n ander?

Ek wens ek kon sê dat ek die aangetrokkenheid reeds voor my huwelik hanteer het en agtergelaat het, maar ek bely nou hier dat my interaksie met haar na my huwelik voortgeduur het. Frustrasie en onsekerheid lei my na haar.

Ek het op ‘n stadium my dogters van haar vertel en hulle was aanvanklik geskok.

Want sien hierdie besonderse vrou maak my bewus daarvan wat ek met my frustrasie en onsekerheid kan doen. Sy het my vertel dat haar prioriteite op ‘n stadium net eenvoudig verander het. Sy het haar rug gekeer op wat vir haar die belangrikste was en dit was die beste besluit wat sy ooit geneem het. Sy het ten spyte van haar verlede die risiko geloop om ander te inspireer om dieselfde te doen.

En sy het my vertel dat van daardie mense – oorwegend mans – teruggekom het om te sê dat hulle haar nie meer nodig het nie (dít is waaroor my dogters geskok was – lees verder). Die mans het inspirasie by iemand anders gevind. Maar dit is tog ongeskik hoe kan hulle dit doen het ek met haar empatiseer. Sy het met haar pragtige glimlag (wat my hart laat bons het) vir my vertel sy hoop dat ook ek dit vir haar sal sê en nou was ek die een wat teleurgesteld was. Maar toe vertel sy my weer wie hulle inspireer het en daar gebeur iets in my hart en alhoewel ek nie hierdie presiese woorde gebruik het nie sê ek vir haar:

Hulle het vir die vrou gesê: “Ons glo nie meer op grond van wat jy vertel het nie, want ons het self na Hom geluister, en ons weet dat Hy waarlik die Verlosser van die wêreld is.” Joh, 4:42  

Sy het my laat besef dat mense nie van geestelike leiers afhanklik moet wees nie en dat dit nie oor die boodskapper gaan nie maar oor die Boodskap self. Wanneer jy ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus het word jou geloof gebou op die gewer van die geloof, nie op feilbare mense nie. As iemand wat “aan die brand vir Christus” was, sy rug op Christus draai is dit jammer maar dit beteken nie, dat jou geloof in Christus nie meer ‘n fondment het nie, want Christus self is die fondament. Vir meer oor Christus en ja die vrou wat ‘n heenwyser na Christus is (die vrou by die put) lees asb Johannes 4 (die ander Johan wat haar aan my bekend gestel het).


Inderdaad het Abrie deel gehad aan die grootste wonderwerk ooit, deurdat hy aanvaar het dat Christus vir hom gesterf en opgestaan het. By sy eindbestemming gaan hy berge klim saam met Jesus en die Liefde verfilm.

Dit is vandag Hemelvaartdag waardeur Christus se heerskappy verklaar word. Jare terug het ek iets oor Hemelvaart geskryf.


Hierdie week se uitdaging word aangebied deur  travel460 van die blog Bali Drome. Die uitdaging open om 12:00 op Donderdag 3 Mei.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=778471

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

20 thoughts on “‘n Belydenis in my stapskoene

  1. Dit Abrie het my nou baie diep geraak. Ek soek vir nog woorde maar hulle wil nie kom nie. Net diep diep dankbaarheid in my hart…. en trane wat vlak sit. Geseënde Hemelvaartsdag 😊

    Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.