Raponsie lief – ‘n allegoriese sprokie

  • To access the WordPress photo challenges (which are in English) click here
  • To access my other English posts not related to the photo challenges click here
  • The post underneath is in my home language Afrikaans for a blog challenge to write a fairy-tale.

Seegogga por ons in ‘n skryfuitdaging aan om die volgende te doen:

Het jy ‘n feeverhaal? Ek daag jou uit: Skryf ‘n feeverhaal: oor jou eie lewe of ‘n deel daarvan, oor ‘n bekende se lewe, oor die politieke situasie van ons land, of oor enige werklike gebeurtenis. Maak dit ‘n feeverhaal ( of ‘n fabel) en vertel vir ons ‘n storie.

**********

Aangesien my storie ‘n toring in het kry julle hierdie toring sommer gratis (m.a.w. dit het niks met die storie uit te waai nie). Ons was gister saam met die res van Suid-Afrika op Stellenbosch om Moedersdag te vier. Het hierdie met my selfoon geneem. Toring van die Stellenbosch Moedergemeente, die kerk waar ek en Susan getrou het.

*********

Eendag lank lank gelede het ‘n jaloerse voorgee-ma ‘n pragtige dogter in ‘n toring toegesluit. Die dogter was baie lief vir haar ma want haar ma se liefde was groot genoeg om haar te beskerm teen die wêreld en sy gevare. Van kleins-af het haar ma verduidellik van die selfsugtige mense wat nie omgee vir ander se gevoelens en emosies nie, in die wêreld buite die toring…

Eendag het ‘n jong man op soek na wilde perde in die woud (wat hy wou vang en verkoop, hy was maar altyd op besigheid ingestel) toevallig op die toring afgekom. Hy het gesien hoe ‘n dame met pragtige lang goue hare dit laat sak vir ‘n ou vrou om daarteen uit te klim. Dit het hom ‘n idee gegee.

Hierdie en onderstaande fotos is vanaf die internet, behalwe die foto van die blond wat effens soos ek lyk

Toe die ou vrou weg is gaan staan hy onder die toring en roep helder en luid met ‘n stem wat mens vertroue gee:

“Raponsie lief laat sak jou hare asseblief”

Raponsie het by die venster uitgeloer en ‘n jong man gesien, nie onaansienlik nie, ten spyte daarvan dat hy nie hare het nie. Sy gelaatskleur was nogal oranjerig wat vir haar vreemd was, maar toe besef sy: dit moet prins Willem van Oranje wees!

Prins Willem het gemaklik met haar begin gesels oor wonderlike dinge en sy het onmiddelik aangetrokke tot hom gevoel. Na ‘n rukkie het hy gevra of hy maar kan opkom vir koffie. Maar toe onthou Raponsie haar ma se waarskuwings en sê miskien ‘n volgende keer. Dit het vir ‘n oomblik gelyk of prins Willem ‘n verergde trek op sy oranje gesig kry maar sy besef toe dit is teleurstelling omdat hy so graag by haar wou wees. “Tot ‘n volgende keer dan” en die prins ry weg op sy majestieuse perd. Dit het gevoel of iets van haar saam met hom wegry. Die pragtige uitsig en selektiewe reeks boeke wat haar ma verskaf het was nie meer genoeg nie. Die volgende aand tot haar vreugde hoor sy sy aantreklike stem:

“Raponsie lief laat sak jou hare asseblief!”

Hierdie keer het sy hom geantwoord met ‘n glimlag en haar hare by die toring laat afgly. Hy het onmiddelik met die perd aangery gekom tot teen die toring en glimlaggend aantreklik na haar toe begin klim en so 2 meter bo die perd gestop, ‘n skêr uitgehaal, haar hare afgesny, akrobaties op die perd gespring en sonder om terug te kyk vinnig weg gallop.

Aanvanklik het Raponsie nie verstaan wat aangaan nie maar toe het die nare werklikheid tot haar deurgeding. Haar ma was reg, die selfsugtige egomaniak!

Haar reaksie in die toring

“Prins Willem” het vir hom ‘n pruik laat maak en genoeg hare oorgehad vir nog 5 ander pruike wat hy teen ‘n lieflike groot prys verkoop het.

Heelwat jare later het “prins Willem” president van Amerika geword. Die pruik het minder hare oorgehad maar die oranje gelaatstrekke het saam met sy handtekening gegroei. Daar is die wat beweer dat so ‘n groot handtekening ‘n aanduiding van ‘n klein… uh klein …uh selfbeeld is.

Trump se werklike handtekening ook weerspieël in sy “I am invincible” gesigsuitdrukking .

En Raponsie? Sy was emosioneel so verskeurd dat sy aanhou huil het. Die trane het by die toring afgerol en ‘n meer begin vorm. Maar steeds het die trane gevloei. Die water was later tot bo by die venster. Sy het besef dat sy in die toring sou verdrink as sy aanhou huil maar sy kon nie ophou nie en het vrede met haar lot gemaak.

Die Reschen meer in Italie – klik op foto vir meer inligting

‘n Stamp geluid teen die toring het haar vir ‘n oomblik laat opkyk. ‘n Jong man op ‘n roeiboot was daar buite en het skaam maar met dringenheid gevra-sê sy moet in die boot klim. Alhoewel hulle geen bagasie in die boot gelaai het nie, het haar emosionele bagasie amper die boot laat sink. Mettertyd het sy hom leer ken en was hy daar vir haar toe sy agtergekom het dat haar ma eintlik ‘n heks was wat haar ontvoer en ingeperk het. ‘n Jaar  later het hulle getrou en lank en gelukkig saamgelewe.


Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=779975

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Advertisements

41 thoughts on “Raponsie lief – ‘n allegoriese sprokie

  1. Ja, so het elke feëverhaal ‘n skeut waarheid en ‘n knypie fiksie, ‘n teelepel soet en ‘n halwe teelepel sout. Baie mooi Baron von Abré. Daardie Stellenbosche moederskerk is pragtig. Wanneer gaan jy gasblogger speel vir ons? Sal die 7de Junie jou pas?

    Liked by 1 person

    1. Baron von Abré bedank u.

      Hester ek het nou lank gedink hoe om hierdie repliek te benader.Sou ek jou weer ontwyk met een van my slim kwinkslae (wel minstens ek en my ma dink dis slim), maar met jou aggressiewe bemarking van die gas blogger ding sal dit maar bloot uitstel tegniek wees. So ink my maar vir 7 Junie in.

      Liked by 1 person

    1. As kind het die Rapport koerant ‘n tekenprentstrokie gehad met die naam Wilde Willemien, miskien het dit my inspireer. Maar ek verseker jou ek wutg wilde Willem met Raponsie se gesteelde hare as ek hom vang. Bly jy het humor geniet

      Liked by 1 person

  2. Ja Abrie toe ek elders op hierdie storie wil kommentaar lewer, toe het hy verdwyn! Maar hier is hy weer! So bly iemand het ou Raponsie met n bootjie gered anders het daarduie haredief dalk weer toegeslaan. Baie oulik met regte Abriehumor!

    Liked by 1 person

    1. Die eerste een het ek laat verdwyn – lang storie jammer, darem nie hacker nie. Ek moet regtig disclaimer op myne sit om te se dit gaan nie oor my lewe nie want omtrent almal s’n gaan oor hulle lewe.

      Like

  3. Nee wat Abrie, los ons as ons wil dink dit gaan oor jou lewe, dit sal mens LANK besig hou. Jy skryf goed, soms te goed vir my Brakpan-verstand. Ek moes wel lag vir jou humor, en jy het die storie so slim laat vervleg met die waarheid, dat ek omtrent moes kophou.

    Liked by 1 person

  4. Ek lê in die hospitaal en natuurlik helder jou humor toe vir my die dag op. As jy nou die president van ons land wil word sal ons baie pret hê!!! Ons sal die land.van die laggendes genoem word…. en ek en Una sal so wan en dan vergadering moet hou om te sien of ons nog by is. Dit te danke aan jou hoë IK wat ons soos panne mense laat voel.

    Liked by 2 people

      1. As ek jou vertel gaan jy bloos…. so ons sê maar dis die lagspier. En raai wie het saamgekom? Yep, Mark Twain. So tussen julle twee maak julle die hospitaallewe meer draaglik.

        Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.