Mnr. Geel en mev. Wit? Helaas nie. Al die fotos behalwe hierdie 2 vanaf internet
Daar kan aanvaar word dat hierdie egskeiding nie deur ‘n familie-advokaat of prokureur wat in egskeidings spesialiseer, hanteer is nie.
Ek kon nie vasstel presies wanneer dit die eerste keer gebeur het of aan wie se deur dit gehang kan word nie. Ek kon vasstel dat daar verskillende maniere is waarop skeiding kan gebeur, sommige nogal kreatief, maar nie die presiese oorsprong of metodiek wat gevolg is nie. Tog is dit bekend dat hierdie skeiding baie vreugde aan mense in sekere kringe verskaf (en nee ek praat nie hier van derde partye in die verhoudings nie). Dalk het hul geklee in wit, (‘n chef) dit die eerste keer fasiliteer, maar dit sal bloot bespiegelinge wees want dit kon ook iewers toevallig in ‘n boervrou se kombuis gebeur het. Julle het seker nou reeds agtergekom dat ek nie van jou standaard egskeiding (as daar so iets is) praat nie.
Ek is seker die Russiese prima ballerina Anna Pavlova was bly dat die egskeiding (eintlik egg – skeiding) tussen ‘n eiergeel en wit plaasgevind het want nou dans sy steeds op die tonge van haar aanhangers; let wel tonge nie tone nie. Pavlovas is na haar vernoem en is vir die eerste keer in Australia of Nieu-Zeeland gemaak nadat Anna Pavlova albei daardie lande in die 1920s besoek het. Ek dig die onstaan van Pavlovas aan Nieu-Zeeland toe want Australiërs sou die eierdoppe gekrap het… jammer ek moet seker nie krieket, egskeiding en ‘n mooi vrou soos Anna Pavlova meng nie. Pavlovas is nie my gunsteling lekkerny nie aangesien ek nie ‘n soettand is nie. Maar dit kan nogal esteties aangebied word. Persoonlik waardeer ek meer die estetiese waarde van Anna Pavlova self.

In my opinie bederf die meringue die vrugte. Miskien moet van mening verander, dit verhoed Anna Pavlova om op my tong te dans
Alhoewel dit onseker is in watter deel van Australasië Pavlovas eerste gemaak is, is die ontstaan van meringue self aansienlik vaer. Daar is wel die romantiese weergawe naamlik dat Gasparini ‘n Switserse chef van Italiaanse afkoms ‘n lekkerny gemaak het om die hart van prinses Maria te wen en dat sy so beïndruk was met die lekkerny, dat hulle in die Switserse dorp Meiringin ontmoet het en vandaar die naam. Maar dit is nie feitelik korrek nie. Die dorp is egter pragtig en bepaald ‘n goeie plek om te ontmoet. Dit het tot ‘n museum vir Sherlock Holmes.

foto vanaf: http://gabisworld.com/data_images/famous_places/meiringen/meiringen-04.jpg Klik op foto self vir meer inligting oor hierdie pragtige dorp wat in die 1200’s ontstaan het
Dit is jammer dat Sherlock Holmes nooit gevra is waar meringue ontstaan het nie. Hy sou ‘n eier net so gekyk het en meer akkuraat in sy plekbepaling gewees het as ‘n hedendaagse GPS.
Hierdie vraag is natuurlik aansienlik sinvoller as die vraag: wat was eerste, die hoender of die eier? Dit is nogal iets wat ek oor wonder van skooldae af. Nee nie die hoender en eier nie – die eierwit en eiergeel. Ek dan is dit duidellik dat ek nie die enigste is wat al hardop hieroor gedink het nie. Onderstaande is uit ‘n blog van Prof. James Dobson. Klik daarop as julle meer daaroor wil lees
It’s hard enough to make a decent meringue now we know they exist: I find it hard to imagine how one would do it if one didn’t even know they existed, and furthermore didn’t know that beating egg whites in a particular way will generate the phase change from liquid to foam. (Or even know that there are things called “phase changes” at all for that matter.) Simon Dobson is Professor of Computer Science and Head of School in the School of Computer Science at the University of St Andrews

Suig die eiergeel op met ‘n plastiekbottel (dit werk). Plaas ek my in Sherlock se skoene lei ek af dat hierdie nie die eerste metode was nie
Wanneer mens Google om te probeer vasstel kom mens op allerhande kreatiewe maniere af om die geel en wit te skei soos die een hierbo, maar nie wie dit eerste geskei het nie. Dit verbaas my dat die eenvoudigste manier om die eierwit en geel te skei glad nie genoem word nie.
As chef protege het ek al voorskool die eierwit en geel geskei. Op daardie stadium was gekookte eiers baie gewild. Ek kry die idee die gewildheid het afgeneem. Dalk a.g.v. die aroma wat dit ekstern en intern veroorsaak. En die interne word dan weer eksternaliseer – ‘n bose kringloop.
As seuntjie het ek nie van die maan van die eier gehou nie en het net die wit geëet. ‘n Tannie het eenmaal die opmerking gemaak dat die wit dan na niks smaak nie en my antwoord was dat ek eerder iets eet wat na niks smaak as iets wat sleg is. Ek twyfel of sy dit geweet het maar haar opinie is ondersteun deur ‘n vraag deur Job in die Bybel toe jy in ‘n depressiewe gemoedstoestand was: Eet ‘n mens smaaklose kos, kos sonder sout? Het die wit van ‘n eier enige smaak? Job 6:6
Egskeiding, skeiding en skei het oor die algemeen negatiewe assosiasies, maar dit kan ook positief wees soos die verskeidenheid van geregte wat daardeur moontlik gemaak word en die pragtige tonele wat afspeel wanneer dag en nag geskei word. Foto’s hierbo hierdie naweek geneem vanaf Bakoven (langs Kampsbaai) se rotse. Die dak wat sigbaar is, is die restaurant bo-op Tafelberg. Vir hierdie beelde om geskep te word moet daar skeiding tussen dag en nag wees en moet Mnr. Songeel van Mev. Maanwit skei.
Daar is egter ‘n skeiding wat nie kan gebeur nie: niks kan ons van die liefde van Christus skei nie.
Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.
Romeine 8: 38,39
Dit lyk tog na n bietjie meringue oo daardue berge. Ek self is baie lief daarvoor.
LikeLiked by 1 person
Bly ek kon vir jou daarvan gee 🙂
LikeLike
Dankie vir stroopsoet aanloop na onskeibare liefde waarheid.
LikeLiked by 1 person
Ja te midde van dinge wat nie stroopsoet is nie bly die Waarheid staan
LikeLike
Amen ja!
LikeLike
Ek leer altyd iets by onse Abrie, dankie vir die skeidingsboodskap om ons weer te herriner dat ons nie van God geskei kan word nie
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou positiewe terugvoer wat nie wegkruip nie
LikeLiked by 1 person
Ek leer so te sê elke keer iets nuuts op jou blog; nuwe feite. Dis amper soos “home scooling”, dankie Abrie.
LikeLike
Weereens ‘n baie leersame blog, met ‘n skeutjie Abriehumor en wysheid!
LikeLiked by 1 person
Dankie Dina
LikeLiked by 1 person
Mmmm ek is nou lus vir ‘n lemon meringue; dis die een stukkie soetigheid waarvoor my tong nie nee dankie sê nie.
LikeLiked by 1 person
Nie mal oor Palova nie maar lemon 🍋 meringue is inderdaad lekker. WPC ons vandag ingelig dat vandag die laaste uitdaging is. Ek is nie beindruk nie
LikeLiked by 1 person
Ek wonder hoekom? Ek mis dit nogal, maar ek kon mos nie inskakel nie omdat ek my eie webtuiste host. Ek het na ‘n paar ander uitdagings gekyk (en daar is baie), maar ek kry nie tyd nie. Moenie aftree nie Abrie, dis ‘n baie besige periode in ‘n mens se lewe.
LikeLiked by 1 person
Hierdie is die amptelike rede maar dit gee nie ‘n werklike rede nie. https://dailypost.wordpress.com/2018/05/24/to-the-daily-post-community-thank-you/
LikeLiked by 1 person
Neem seker te veel tyd op of hulle kan nie meer aan goeie “prompts” dink nie 😄
LikeLiked by 1 person
Ek dink dit is finansieel. ‘n Fokus op aktiwiteite wat aan WordPress geld verskaf maar dan moet hulle eerlik wees en dit sê en nie onmiddelik stop nie
LikeLiked by 1 person
Ja, ek dink daar is baie bloggers wat vandag baie ongelukkig voel.
LikeLiked by 1 person
Sorry stem nie saam die ander nie… jy met jou meringue het my nou diep die versoeking ingelei. Dis een van my gunsteling dinge op aarde. 😕 Ek het sowaar nooit raakgelees dat Job oor sout en eierwit praat nie…. so ja, ek het iets bygeleer. ☺
LikeLiked by 1 person
Job gooi seker sout oor sy meringue 🥚
LikeLiked by 1 person
Arme Job…. by al sy ellende het hy nog nie eers van meringue geweet nie. Hy het groot uitgemis!!!
LikeLiked by 1 person
Oulike beeldspraak!! Ek looooooveeeee meringue en sal eder die vrugte weglaat. Dalk sommer lekkerte neute en room bysit!!
LikeLike