KOM SPEEL SAAM, al eier-lêende op ‘n skryf-safari

Hierdie week (laat maar darem) het die lot op my geval t.o.v. die uitdaging. Ek hoop julle speel saam.

Word daar deesdae nog bordspeletjies gespeel? Wel daar is baie in die winkels. Of word dit gekoop as geskenke maar nooit gebruik nie, soos partymaal met boeke gebeur wat as geskenke ontvang word? Wel jy kan hieroor filosofeer ook, maar dit is nie eintlik die idee nie.

Vertel ons van jou gunsteling bordspeletjie(s) of die tyd wat jy saam met geliefdes/vriende/vyande spandeer het om so ‘n bordspeletjie of kaartspeletjie. Vertel ons hoe jy dit geniet (of kwaad word as iemand verneuk). Of is jy die een wat verneuk! Vertel ons daarvan ook. Is daar speletjies wat jy as kind gespeel het wat vandag nie meer in omloop is nie. Dan wil ons definitief weet.

Terloops die blou paddatjie (of paddatjie van enige kleur) speel nie meer saam nie. Ek het opgelet dat daar verwys word na die link onder die paddatjie maar die paddatjie is afwesig sonder verlof. Die paddatjie weet ek was ‘n probleem via die selfoon – die dat hy verdwyn het. En die dat ek nie hieronder na hom verwys nie.

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel.

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=784470.

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

42 thoughts on “KOM SPEEL SAAM, al eier-lêende op ‘n skryf-safari

      1. Hoekom bevraagteken jy my? Dis nie so maklik om iemand te kry om saam met jou te sit en bordspeletjies speel nie…. my children are living testimonies to that fact. (Sorry die Ingels… ek gooi die rooitaal wanneer my rockspider taal my in die steek laat 😕

        Liked by 1 person

          1. Jy is helaas reg. Ek gedog sy bedoel van die bloggers hou nie van die onderwerp nie (wat heeltemal moontlik is) maar ek het ook gewonder waarom sy dan nou jus noem – verkeerde sensitiewe aanname.

            Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.