- To access the WordPress photo challenges (which are in English) click here
- To access my other English posts not related to the photo challenges click here
- The post underneath is in my home language Afrikaans for a blog challenge recalling your memories of board games
Die SCAS Eiland kampterrein was in 1992 die basis van SCAS se skole jeugspan.

SCAS skole-jeugspan 1992
In die winter vertak die Eersterivier en omsingel ons – vandaar die naam. Die Eiland is in die pragtige Jonkershoekvallei geleë. Vallei impliseer berge en in hierdie geval die Hottentotsholland en Stellenbosch bergreekse. Beurtelings sluk die berge die son vroeër in en spoeg dit later uit. Met die nabygeleë rivier en die baie bome, wat ook sonlig verm(h)inder, is die vogtigheid amper alomteenwoordig.

Die laat-aand kuier-sing -filosofeer-bid-om-‘n-kampvuur-plek (as dit nie reën nie)
Ek kan 2 dinge onthou uit my skool Aardrykskunde. Naamlik dat mikroklimatologiese faktore (soos wat ek hierbo omskryf het) ‘n impak op o.a. die temperatuur en reënval van ‘n omgewing kan hê. By die Eiland is dit in die winter baie kouer as Stellenbosch self, alhoewel Stellenbosch maar 6 km daarvandaan geleë is. Die ander ding wat ek my uit my skool Aardrykskunde dae onthou is Yazoo-aansluiting. Om die term Yazoo self te onthou is maklik aangesien die popgroep Yazoo (Alison Moyet) die treffer Don’t go gehad het in die vroeë 80tigs. ‘n Yazoo is bloot ‘n rivier wat parallel met ‘n ander een vloei en dan daarby aansluit – ‘n sy-tak
Is Bordspeletjies mikroklimatologies of ‘n Yazoo aansluiting? Is dit ‘n mikro weergawe van die groter wêreld – jou lewe. Dalk ‘n meer intense belewenis van die lewe met die koue wat brand op die wange? Of is dit ‘n sy-tak, nie deel van die hoofstroom van die lewe nie. ‘n Eiland om van die makro wêreld vir ‘n uur of 2 (of deurnag as jy student is of Kameel op enige ouderdom), te ontsnap?
Daar is baie min mense wat speletjies die hoofstroom, die makrobelewenis, die “lewe self” maak. Wat ek daarmee bedoel is wie se beroep dit word en dit is merendeels beperk tot skaakkampioene. Nie dat jou beroep jou lewe is nie, maar dit het ‘n effense impak daarop… Speletjies is dalk nie so onlosmaaklik geskei van die regte lewe nie. Persoonlikheidstipe beïnvloed van watter speletjie jy hou en hoe jy reageer wanneer jy verloor (of wen) en of jy alles sal inspan om te wen (insluitende verneuk).
Skaak is die spel wat ek die meeste speel, maar dit is nie noodwendig die spel wat ek die meeste geniet nie. Ek geniet speletjies van sosiale aard en wonder hoeveel ure/dae/weke ek al spandeer het aan verskeie speletjies. Dikwels gespeel tydends spesifieke tye van my lewe en wat my aan spesifieke dinge herinner, soms bittersoet.

Intense konsentrasie op die Eiland
Daar is die speletjies van kleintyd, Ludo (Sorry! in Amerika), Slangetjies en leertjies, naughts en crosses. Laerskool se rummy en verskillende foto-kaart speletjies byvoorbeeld van vegvliegtuie se spoed/hoogte bo seespieël vlieg ens. Vingerbord het ek nog net op 2 plekke gespeel naamlik Hartenbos en die plaas Muldersbank Oudsthoorn, dus ‘n vakansie assososiasie met neefs niggies, ooms, tannies en geniet. Dominos het ek en my ma gespeel op die klein vliegtuigtafeltjies toe ons die eerste keer gevlieg het en ek in standers 6 was. Chinese patience kon ek op my eie speel en het tydens hoërskoolvakansies ure daaraan spandeer (met ‘n ingewikkelde reeks van toekennings).
Backgammon het ek slegs op universiteit gespeel en sal nou weer die reëls moet oplees maar die strategie onthou ek nog. Tydens ‘n naweek op Jeffriesbaai het die Fietstoerkomitee ‘n fietstoer gereël van P.E. na Golden Gate in die Vrystaat; eintlik het ons daardie naweek Pictionary gespeel. ‘n Ander spel wat baie in die koshuis gespeel is, is Hunt the Beach. Eintlik was dit klink soos Beach… ek verwys na die koningin van Skoppens (spades). Johan Hough en ek het Scrabble tot ‘n kuns ontwikkel, nie net wat woordkeuses aanbetref nie maar ook maksimale gebruik van die dubbel en trippel woord en letter blokkies. Vandag speel ek nie meer Scrabble nie en Johan is oorlede aan breinkanker ouderdom 37.
Skaak speel ek via my selfoon en dit is nou die een spel wat in my opinie ‘n geweldige klomp lewenslesse in het (Positief se lewensles eier het ek baie geniet). Maar dit gaan ek eerder op ‘n ander keer oor skryf. Hier speel Zugzwangwon (die uwe) teen ‘n speler uit Duitsland. Zugzwang is ‘n skaakterm wat beteken dat ‘n speler (die teenstander) met die volgende skuif swakker af gaan wees.
Saterdag-aand het ons eers die rugby gekyk en dit opgevolg met Hunt the Beach. Ondertussen het ons beskaafd geraak (‘n student is nie ‘n mens nie) en gebruik nou die regte naam naamlik Hearts. In hierdie spel tel die Koningin van Skoppens en alle harte teen jou en jy moet so min as moontlik punte teen jou probeer kry. Maar as jy daarin slaag om al die punte teen jou te kry (‘n waaghalsige strategie) kry jy nul en die ander spelers die maksimum punte teen hulle daardie rondte! Dit kan die hele gang van ‘n aand se spel omkeer. Daar word gewoonlik besluit op byvoorbeeld 10 rondtes of om te stop wanneer iemand 100 punte teen hom kry. Die een met die minste punte op daardie stadium wen.
Hearts is maklik om te speel en soos wat dit beskryf word waar die reëls verduidellik word: Hearts is easy to play, yet there is plenty of room for high strategy.

Met die telling 24 -3 het die Cabernet Sauvignon bitter geraak en het ons oorweeg om eerder te begin kaart speel. Dankie tog ons het nie!

“n Bordspel is uiters gebrekkig sonder die gepaardgaande toebehore

Hierdie is ernstige sake
So ernstig dat ons met tye omgeval het van die lag (ek voel verplig om julle daarop te wys dat ons omgeval het van die lag – nie van die wyn nie!).
Na die rugby verby is het Wickus die TV op Youtube gesit en het ons heeltyd musiek uit die 80tigs geluister. Dus bepaald ‘n nostalgiese aand. Na die spel het ons spontaan liedjies begin opnoem en daarna geluister, ‘n Eklektiese versameling wat self musiek uit die 70tigs ingesluit het Una. Van die Art Company se Susanna tot Leanard Cohen se Suzanne. Van Don Mclean se Vincent tot Meatloaf se I will do everything for love. Piano Man tot Man on the Moon. En as ons nie gesinne gehad het nie het ons dalk gemaak of ons ni-ni-ni-nineteen is, maar die aand het 1/2 twaalf geëndig.
Tussen Treine het ook die “Cut” gemaak. Hierdie weergawe het uitstekende videografie, besonderse klank en uitstekende harmonisering. Ek is nie noodwendig ‘n Gerhard Steyn “fan” maar hier werk dit. Hierdie lied laat my nostalgies raak oor ‘n verskeindenheid van dinge, ook speletjies wat op treine gespeel is (Rummy en Dominoes).
Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel.
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=784470.
Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Dit lyk mos nou na ñ heerlike kuier!!!
LikeLiked by 1 person
En dit was!! Bietjie bederf met die seventies musiek🤣🤣
LikeLiked by 2 people
Jy is so skerp. Haha. En die kuier. Ai. Ek is JALOERS!! My hartspelle wat saam sal speel op so aand is baie ver!!!
LikeLiked by 2 people
Dankie Liza bly ek kon jou jaloers maak. Ek voel so skuldig🤣. Ek het aan jou gedink toe ek die snacks met die rooiwyn afsluk. 🍷 Volgende keer jou beurt
LikeLiked by 2 people
Dit klink na ‘n besondere samesyn. Heerlik vertel, soos gewoonlik, Abrie!
LikeLiked by 1 person
Dankie Wesp dit was. Samesyn – moet onthou om hierdie woord in skrywe te gebruik
LikeLiked by 2 people
Is dit ‘n al argaïese woord, Abrie?
LikeLiked by 2 people
Nee glad nie. Ek het dit net lanklaas gehoor
LikeLiked by 2 people
Deesdae diep ek allerhande woorde uit die vergetelheid op,dan kyk jongmense my snaaks aan. Ek vind mense praat ongelooflike swak Afrikaans😝
LikeLiked by 2 people
Ek het die aand saam met julle geniet…. net jammer dit het so vroeg gestop. 😀😀😀
LikeLiked by 1 person
Oooo ek het nou die lied Tussen treine geluister… en is skoon nostalgies. Elvis se Blue suede shoes sou my beter gepas het. 😢
LikeLiked by 2 people
Ons is nie sulke langasems soos jy nie!!
LikeLiked by 2 people
A real feast of reading, of memories, and of great fun had by all. Ek het hierdie stuk baie geniet!
LikeLiked by 2 people
Thank you Anne really appreciate that you have joined in the feast
LikeLiked by 1 person
Oulike weergawe van die lied, vat my sommer terug na die 80’s Ballade vir ‘n Enkeling, toe tv nog iets was om na uit te sien.
En natuurlik jou skrywe, jy het die absolute gawe dat ek elke keer iets nuuts by jou leer.
LikeLiked by 2 people
Dankie Oog. Jy besef dat jy my onder geweldige druk plaas
😂
LikeLiked by 2 people
Nee wat, jy laat dit maklik lyk
LikeLiked by 1 person
Heerlike nostalgie – in jou inskrywing en ook danksy jou uitdaging.
LikeLiked by 2 people
Dankie en plesier tannie Frannie dankie vir deelname. Ek het dit saam geniet
LikeLiked by 2 people
I was interested in geography. You guys were so serious! 😀 🙂
LikeLiked by 1 person