Kom stap die Seville Rock Art Route saam met Louis Leipoldt (Deel 1)

This week Amy’s urges us to relax here. For more information on how to participate in the Lens-Artists photo challenge, click here.

The body of this post is in my home language Afrikaans, but I can assure you, you will still be able to understand the photos! It is about a holiday my family had in June this year and specifically a morning my wife and I spent in the town of Clanwilliam in South Africa, after which we went on a self-guided hike to view San art. I relax when I hike and this was a leisurely hike anyway. I “met” an Afrikaans poet C. Louis Leipoldt (had a Leipoldt bobotie dish) at one of the local eateries and I invite the bloggers to come and hike with Leipoldt and me (stretching over 2 posts).

Leipoldt was also a medical doctor, food connoisseur, journalist and while he wasn’t a trained botanist he had an extensive knowledge of plants. While studying medicine in London, he washed dishes for pocket money in the kitchen of one of the the greatest chefs of his time, Auguste Escoffier (who popularized French cuisine), at the Savoy. and sat for exams under him and returned to South Africa as a medical doctor and qualified chef.

Die gedagte was om julle ‘n dag te laat leef saam met die Jouberts, maar toe ontmoet ek vir C. Louis Leipoldt langs die pad en het nogal ‘n siele wroeging gehad of ek nie net oor hom moet blog nie, maar hy was bereid om saam te stap en hoop julle doen dieselfde. Ek het wel Leipoldt se Oktobermaand gebruik in An amazing gesture by my team, waar ek vertel het van die span by die werk se reaksie op die nuus dat my vrou kanker het. In ag genome ‘n onlangse blog kyk ons eers saam met ‘n jong Leipoldt na die maan:

Slapenstyd (tweede vers)

My “navorsing” het aangedui dat daar wel ‘n man op die maan is, maar:

Abjatar se man het helaas getaan
want ‘n motorfietsman omwentel die maan.

(vir ‘n foto van Motorfietsman sien The moon and its conspiracy phases vir nog maanfotos)

Maar nou laat ons vir eers vir Louis en die man in die maan in vrede totdat hy (dit is nou Louis) weer later by ons aansluit. In Junie het ons gesin gaan kamp by die warmwaterbron The Baths naby Citrusdal. Ons sou die Wolfbergskeure gaan stap het maar dit is helaas steeds gesluit vir die herwinning van plantegroei na ‘n brand in Desember 2016. Julle kan egter fotos van die Wolfbergskeure sien toe ons dit jare terug gestap/klim het: The conQuest of Wolfberg Cracks

⇓Met die afdraai na Citrusdal was hierdie dam in aanbou. Die wêreld is wonderlik groen en 12 voertuie was besig om volstoom te damdroom en doen. Ideaal gesproke moes die dam al vroeër gebou gewees het.

⇓Met die tent opgeslaan gaan haal ek weer iets in die motor en word gegroet met hierdie pragtige weerkaatsing., ‘n Eikeboom het my van albei kante omvou en geen gebou is sigbaar. Gaan lees gerus Rouxné van der Westhuizen se griffel Erfenis van lig en groen

Daarin het ek geleer dat Potchefstroom se Eikelaan indrukwekkender as Stellenbosch s’n is!!

⇓Die eerste oggend het dit gereën en terwyl ek met die geur en smake van spek en eiers om my, in my stoel ontbyt eet het hierdie Patrys my kom pla met ‘n “en wat van die (nat) weduwees en wese” uitdrukking op haar gesig. Dit was die eerste keer in ‘n half-eeu wat ek werklik ‘n Patrys van naderby bestudeer het en besluit dat dit bloot ‘n hoender is wat haar kam iewers verloor het. As die storie “Hoe Patrys haar kam verloor het” nog nie bestaan nie gaan ek dit skryf. Ek wou eers sê dat hierdie ‘n 50 shades of grey hoender is wat haar kam verloor het, maar daardie storie klink nie na ‘n kinderstorie nie!

⇓Hierdie is die pragtuin van Nancy’s Tearoom in Clanwilliam. Ek beveel dit aan vir ‘n rustige kuier en billike heerlike kos. Dis hier waar ek die Leipoldt Bobotie geëet het en hy onder my vel kom inkruip het (letterlik), nou goed dan nie ingekruip nie – hy is met ‘n vurk onder my vel ingehelp.

⇓Ek het verdwaal geraak in die gedigte en biografiese inligting van Leipoldt (wat ‘n wonderlike woordreis verdwaal). ‘n Interessante en begaafde man ingestel op die natuur, nie op materiële dinge nie:

⇓Daarom dink ek dit is dit gepas om die diamantpêrels hieronder te verklaar tot die mooiste en suiwerste edelgesteentes wat daar kan wees. Ook in Nancy’s se tuin afgeneem.

⇓In Clanwilliam se Surf shop, ja dit is sy naam, het ek hierdie ontdekking gemaak. Met hierdie nr. 12s sou ek ook dalk soos Petrus die water kon betreë!

⇓Met nog die koning nog iemand in die koning se ryk wat weet wie hier gesterf het, klink dit nie vir my so glorieryk om te sterf FOR KING & EMPIRE nie.

⇓Pragtige kerk – die grafte hierbo is in die tuin. Ek het amper begin vuilgoed uittrek. Die onversorgde tuin (veral na Nancy’s) maak ongelukkig afbreuk aan die belewenis, maat steeds pragtige kerkie.

NP Van Wyk Louw het o.a. hierdie van Leipoldt gesê: “Elke blommetjie, elke diertjie van ons veld het hy genoem asof dit die laaste keer was wat dit genoem sou word. Dit is die Leipoldt wat ons die beste ken. Want ná hom kan ons as volk ondergaan, maar dit sal nie woordeloos wees nie”.

Borrelvink sing weer vir my!

Ek het minstens 40 gedigte van Leipoldt gelees ter voorbereiding van hierdie skrywe. Hy was besonders lief om oor vinke te skryf. ‘n Vink is so algemeen dat dit vanuit ‘n fotografiese perspektief eintlik onbelangrik is, maar dankie Leipoldt dat jy my herinner om aandag te gee aan wat vir my mooi is, nie wat ander sê mooi is nie.

Ek sluit af met ‘n besonderse toonsetting deur Gert Vlok Nel van Leipoldt se:

‘n Handvol gruis uit die Hantam

Word vervolg – volgende keer die Seville Rock Art Trail in die Hantam

44 thoughts on “Kom stap die Seville Rock Art Route saam met Louis Leipoldt (Deel 1)

    1. Thank you Tina, the actual hiking will happen in part 2 but at least the yellow finch is at the start of the hike, although we strolled through the town as well (as I said leisurely)

      Like

  1. Enjoyed so much of your hiking through your beautiful photo captures! Leipoldt‘s story is very interesting. Appreciate you joining this week’s challenge, Abrie! 🙂

    Liked by 1 person

  2. I enjoy hiking with you, Abrie. Your photos are excellent. I’ve seen in the nature videos the yellow bird building the nest – he/she can tie knots. Leipoldt must be a genius – a medical doctor and a qualified chef!!

    Liked by 1 person

    1. Yes Leipoldt wasn’t your average human being, he could speak several languages and could read even more languages. In the modern era Leipoldt is being revered across cultures for his cookery books of which some was written in Afrikaans and some in English.

      Liked by 1 person

  3. Dis ‘n heerlike leesstuk Abrie. Ek sit en sing ook nou van die wind. Ek het geweet Leipoldt was ‘n mediese dokter en digter, asook dat hy lief was vir kosmaak, maar dis sowaar nuus vir my dat hy homself as chef gekwalifiseer het. Daai plakkies wat jy daar tentoonstel, is presies dit waarmee ek hierdie kuslyn betree. Lekker breed om die duwweltjies uit my voetsole te hou. Hier betaal ek R200 ‘n paar – wat kos joune?

    Liked by 2 people

    1. Nee ek het nie gekoop nie ek het dit afgeneem omdat dit die brand “Faith” het vandaar my opmerking oor Petrus se waterlopery. UCT waar Leipoldt se geskrifte bewaar word, verwys ook na hom as ‘n botanis. Hy het as seun plante bymekaar gemaak waarna een na hom vernoem is. Leipoldt was was nie jou gewone individu nie

      Liked by 1 person

          1. Dankie Abrie. Ja en nou is ek sommer opgevier vir die jaar. Ons het so pas tuis gekom. Gelukkig is ons nou te oud vir laataandpartytjies en kan ons huis toe kom betyds vir ‘n middagslapie 😄

            Like

  4. Hi, Abrie. A wonderful hike and story. I am trying to imagine getting a medical degree and a degree from Escoffier at the same time. Amazing! I especially love the dewdrop shot and the yellow bird.

    Liked by 1 person

    1. Thanks Patti. There are quite a few accolades regarding him I didn’t even mention. My wife was a nursing sister for ten years in the Louis Leipoldt Medi-clinic hospital. Leipoldt ended his career as a pediatrician. Those 2 photos of the yellow finch and dewdrops are my favourites as well.

      Liked by 1 person

  5. Sjoe, my asem is weg, so pragtig is dit! Jou foto’s, die versies, sommer net die mens agter die versies..so mooi! Borrelvink…ek het juis gister gesit en kyk hoe hulle nessies begin bou met daardie gepaardgaande geborrel. Ek sê altyd ‘n vink klink soos ‘n woer-woer, maar Leipoldt se benaming is perfek.Dankie Abrie, jy maak my dag hiermee.i

    Liked by 1 person

  6. Jy hoef net Clanwilliam te sê dan klop my hart klaar warm. Dankie ek het alles geniet…. vanaf skryf tot fotos.
    Loop seker nou jou storie vooruit. As jy saam met Leipolt gestap het was dit seker tot by sy graf? Sal wag om te hoor of julle by die Engelsman se graf ‘n rukkie stilgestaan het.

    Liked by 1 person

      1. Dankie ek sal gaan lees Abrie. Die Engelsman se graf het diep indruk op my gemaak. So alleen daar in die berge in ‘n vreemde land. Wag, laat ek gou gaan lees wat sê hulle.

        Liked by 1 person

  7. Ill bet you were pretty happy when yo saw the photo of the water droplets. Those photos are such a gift added to a day well spent. I am sure it triggers good memories for you. I also loved seeing the reflection of the tree in the window of the vehicle. I would have loved meeting Leipoldt. Like him, I am a plant lover an intrigued by ethnobotany. Ill bet he is a wealth of knowledge on hikes. Donna

    Liked by 1 person

    1. Leipoldt’s poetry was mainly about nature. In one poem he mentions all the things you can sing about and declares “but never never about money”. Thus in Afrikaans I declared those droplets the most precious diamond pearls to have ever existed

      Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.