Rock art en Woordkuns – hike the Sevilla rock Art Route deel 2

To my English enabled friends this is part two of the post  where I invited you to come and hike with C. Louis Leipoldt who is described by TS Emslie and PL Murray  in the following way:

“Leipoldt was without exaggeration a poet, playwright, pediatrician, novelist, journalist, chef, botanist – l’uomo universale – and in our view his many talents combine perfectly in the works now inspanned as Leipoldt’s Food and Wine”

This post is about the actual hike and although the commentary and poetry is in Afrikaans the photos are still universally understood. I start this post with the same photo with which I concluded part 1 , as I captured it at the start of the hike. To me it also symbolizes one of his well known poems Die Beste (The Best),  in which he asks various questions about what is important in life and concludes (roughly translated):

What is the wish your heart dare ask?
Summer and sun and sapphire for me!

An unexpected answer to such a dramatic question. Leipoldt was dead set against valuing material things (I do not think he would have been a fan of Madonna’s Material Girl), and the sapphire he refers to is its colour (the sky), thus an ironic statement. My photo adds to the irony as it was taken in the winter (but it appears to be summer). He also writes about a yellow finch in the poem. Please hike with.

Somer, son en saffier vir my!


Leipoldt se as is by ‘n “graf” gestrooi oppad na hierdie staproete, maar die naambord wat die afdraai aandui het sag heengegaan met die gevolg dat ek by ons bestemming uitgekom het voordat ons by die graf was.

Dit klink vervelig… hier volg die gedramatiseerde weergawe:

Ek wou graag by Leipodt se graf stop en het stadiger gery om af te draai maar hoor ‘n stem agter my: “Hou verby dan sal ek sorg dat die bobbejaan van die gevlekte goud en gousblom geil wat sy kroon versier, vir jou gee”.  Ek skrik en kyk verward in die tru-spieel maar sien niks; my nek swaai om – steeds niks. Teen hierdie tyd is die motor reeds verby die afdraai en dit gaan nou ‘n slep wees om om te draai. Sal maar daar aandoen oppad terug. Ek skud my kop vir my ooraktiewe verbeelding en gou is ons by die afdraai na “Sevilla Rock Art Route” en die restaurant wat ook die begin en einde van die roete is roep my vir ‘n koffie.

Ek stap doelgerig na die restaurant aangesien ek altyd gehoorsaam is as koffie roep maar ook om inligting oor die roete te kry. Dan hoor ek nog ‘n stem wat roep – ‘n stem wat ‘n opdrag gee. Hoor ek al weer dinge. Die stem laat my vassteek en vir die 2de keer vandag verander my onmiddelike bestemming. Maar hierdie keer is dit my vrou se stem, ook maar goed so want ek hoor: “Liefie kom gou, bring die kamera”. Sy is gewoonlik nie so opgewonde oor fotos nie, voer sy dalk ‘n opdrag uit? In die doringboom sien ek geelvinke wat blink soos die son – somer en son en safier fotos vir my. Die kamera klik out0maties, geen opdrag is nodig.

Deesdae word Boesmans die San genoem en anders as met die ander woord het ek dit nooit as ‘n veroordeling beleef wanneer my ouers na Boemans verwys het nie of as ek die woord self gebruik het nie. Maar aangesien ek respek vir vroueregte het sal ek na San verwys. Dit moet ‘n  vroueregte ding wees anders was dit Jan…

San het iets geweet van die genietinge van stoepsit, want lank voor die boere plaasstoepe uitgevind het, het hulle grotwonings heerlike stoepe gehad waar mens in die verte kon intuur en ontspan. En anders as meer moderne stoepsitters was hulle stoepe met kuns behang.

⇑In Julie toe ons daar was, was dit nog nie die blomseisoen nie, maar ons is tog verras met ‘n klein stukkie “Namakwaland”.  Die introvertiese en nederige siering het in die afwesigheid van ander veldblomme die vrymoediheid gehad om te blom. Daar is so baie van ons wat pragtig kan blom, maar ons word intimideer deur ander se geblom of gebrom.

⇑Hierdie 2 fotos bied klinkklare bewyse dat die Pied Piper of Hamelin sy oorsprong in Suid-Afrika gehad het – is so Leipoldt het dit bevestig.

Twyfelagtige dinosour dierasies

Realistiese bok tekeninge

Ek het die foto van die bokke hierbo en die geïnspireerde onderlywe hieronder vir die stapgroep vriende gestuur en hierdie diepsinnige (kug-kug) gesprek het gevolg…

Onrealstiese figuur tekeninge?

Die realiteit is dat die dames so geteken word en dit dus nie onrealisties is nie 🙂 🙂 🙂 🙂 Asseblief dames dit is ‘n grappie, wat weliswaar hier van agter die veiligheid van ‘n rekenaar skerm gemaak word.

Dames oggendtee 🙂

By die mans is die fokus op die bo-lywe soos met die foto van die jagter hieronder en Pied Piper van Hamlin.

⇑Ek kon nie verstaan dat hierdie “Zebra” nêrens in enige brosjure genoem word nie… (of gesien word nie). Hierdie foto is steeds die “wallpaper” op my rekenaar.

Ek het by hierdie klipmonster se eendbek ingeloer en daar is ‘n gat onder regs. plat op my maag gaan le en die volgende foto geneem asook die een daarna wat die eendbek is soos gesien van binne die rots.

Olifant se kind is daar ook en die grot hieronder het ek sommer die dieretuin genoem met die verskeidenheid van diere wat hier geteken is.

⇑Leipoldt se graf is in die holte/grot in die middel regs van hierdie foto. Slegs sy naam, geboorte en sterfdatum is daar aangebring. Links bo is daar ook ‘n dowwe  tekening deur San⇓.

Dankie Abrie vir die geleentheid om saam te ry. Ek is genooi vir ‘n kosdemonstrasie in die dorp en die mense wat my sou terugbring het my praktiese lesings oor die Kaap se wyne so geniet dat my lewe nie veilig was om saam met hulle te ry nie. Nou kan ek weer ongesteurd sing oor somer, son en safier. 

Die fotograaf bobbejaan het saam  met die rotsbobbejaan die sonsondergang geniet

Om meer uit te vind oor Leipoldt lees gerus een van hierdie artikels:

Doen jouself die guns en luister hierna. Iets ongewoon – ‘n akapella groep bestaande uit een man. Klank en videografie kuns. Leipoldt se hand vol gruis.

31 thoughts on “Rock art en Woordkuns – hike the Sevilla rock Art Route deel 2

    1. Thanks Tina one of these days you will be fluent in Afrikaans 🙂 🙂
      San rock art has been tested to be between 250 years and 2500 years of age in South Africa. Thus fairly modern to before Christ. I do not know the age at this specific site but a guess I guess it to be very modern as I am sure I saw the greatest invention of all time depicted – a remote control (okay that one is a poor joke).

      Liked by 1 person

    1. Thanks Dawn the Sevilla Rock art route is situated between 2 small South African towns namely Clanwilliam and Wupperthal in the Western part of South Africa in the Ceder mountains

      Like

  1. En soos altyd lees ek alles in jou blog, al is dit effens lank, want jy weer hoe om met woorde te skilder en jou fotos vul dit so goed aan. Dankie
    Oeg ek is gaande oor Elvis Blue, uitsonderlike talent en plat op die aarde mens

    Like

    1. Dankie Positief. Ek neem kennis van die bietjie lank, veral hierde een van die gedigte en die whatsapp nonsens praat maak dit ook langer. Ek waardeer regtig jou opmerkings. En ja Elvis Blue is ‘n besonderse talent.

      Liked by 1 person

  2. Soos altyd baie interessant met pragtige fotos. En ja Abrie, jy het dit weer reggekry om my te laat lag. San sal nooit weer vir my dieselfde betekenis hê nie.

    Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.