To my English speaking friends. This is an Afrikaans challenge to write a limerick about changing seasons. However it is also available in English. Let’s support them!
Skryf ‘n limeriek oor die verandering van die seisoene en plaas dit voor of op 28 September op jou blog. As jy in die Noordelike Halfrond woon, skryf oor die aanvang van herfs. Diegene wat in die Suidelike Halfrond woon, insluitend Ineke en Amanda, skryf oor die aanvang van die lente.
In 1992 het ek Diensjaar vir Christus gedoen, ‘n GAP jaar in vandag se terminologie. Die eerste 3 maande het ons opleiding by Hugenote Kollege, Wellington gekry. In daardie 3 maande het ons die 3 Wellington’s leer ken:
- Het Lieve Wellington – van Andrew Murray en PH Nortje en hier is die lied It is Well(ington) with my soul seker van toepassing.
- Smellington – danksy die leerlooiery
- Hellington – Februarie se hitte in Wellington
Dit is sekerlik moontlik dat ek 50 of meer blog-inskrywings t.o.v hierdie jaar sou kon doen; waarvan ek nog slegs 1 geskryf het. Daardie verhaal is egter een van die mees merkwaardigste dinge wat ek ooit beleef het en ek was bloot ‘n toeskouer, terwyl iemand anders vertel het: En toe skeur hy die Bybel
Daar bly dus nog 49 oor – gelukkig is ek nog jonk… Aangesien ek nie so jonk is nie ag ek hierdie skrywe nommer 2 saam met die stukkie wat ek in die Speletjies uitdaging oor SCAS en die Eiland gesê het. Hierdie halwe is eintlik net agtergrond tot Inneke se Limeriek uitdaging.
Op die SCAS-Eiland kampterrein buite Stellenbosch het ons span (Sport vir Christus aksie Skolespan) ‘n verdere 2 weke opleiding gehad o.a. om ‘n toneelstuk aan te leer. Op hierdie stadium was dit reeds diep in April toe Lente Lourens ons deur die basiese drama tegnieke begelei het. Dit was ‘n besonderse belewenis aangesien ons ook aan musiekwaardering blootgestel is.
En daardie belewenis Inneke, ‘n lente-seisoen in my lewe, inspireer my limeriek:
In die herfs ontmoet hy Lente
Kenner van kuns en talente
Vergeefs het sy probeer
Om Abrie iets te leer
En preek toe vir hom uit Korente
1 Korintiërs 14 vers 7:
Dit is net soos met lewelose instrumente wat ‘n klank afgee,
soos ‘n fluit of ‘n siter. As daar nie klankverskille is nie,
hoe sal ‘n mens weet wat op die fluit of die siter gespeel word?
Die preek moes gehelp het want Abrie het die dirigent in die toneelstuk geword. Weliswaar in lyn met die Milli Vanilli metodiek, maar steeds ek was ‘n dirigent! Danksy my kundige hantering van die baton met die 1812 Overture is Tchaikovsky vandag bekend…
En daar beskuldig Toortsie my van inspirasie toe sy bostaande lees:
Klik op die link as jy meer wil lees (sien oor kommentare hieronder).
Ek voel genoodsaak om repliek te lewer op die beskuldigings:
Ek sou moet erken ek staan skuldig
En skaam word ek daarvoor gehuldig
Ek wil tog probeer
Om my skuld af te weer
Skuldig aan gehuldig maar nie aan dig!
- Kom ons ondersteun Inneke en Amanda en skryf ‘n limeriek!!
Thanks so much for participating. It is a wonderful exchange of poems between the two speaking communities.
LikeLiked by 1 person
Yes and the origin being Nieu Zeeland makes it quite Ironic. Thanks for the visit
LikeLike
Ironic but more multi cultural!!
LikeLiked by 1 person
Indeed in this global village of us, but I refuse to write a poem about the All Black’s🏉😁
LikeLike
Lol!!
LikeLike
I didn’t know that you hail from Australia. Well you will be happy to know that I am ready to write a limerick about the All Blacks getting beaten!! 🙂 🙂
LikeLike
Haha! Of course. I can’t wait to read it.
LikeLike
Mooi storie. Uitstekende limeriek.
Abrie skryf ‘n limeriek
En ek het dit baie geniet
‘n Man met talente
En dít in die lente
Wie het dit tog gewiet?
LikeLiked by 1 person
Jy is die een met die talente!!!
LikeLiked by 1 person
Ons het mos darem almal ons deel gekry!
LikeLiked by 1 person
Sal jy net asb jou naam reg spel in my limeriek?
LikeLike
Been there done that
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Ek het nou ook sommer limeriekE loop skryf, alles jou skuld!
LikeLiked by 1 person
Sjoe my invloed ken geen perke… Jy moet die limerieke gaan post by Inneke
LikeLiked by 1 person
Spot on!
LikeLike
Abrie Joubert is die di-ri-gente
Die groot ontdekking hierdie lente!
Hy swaai sy baton
Dit prik my balon
Musiekaand is ek nooit weer absente
LikeLiked by 3 people
Sal Inneke se dag maak as julle hierdie of ander limerieke post
LikeLike
Ek het verlede maand reeds vir haar een gedoen en werk nog aan ‘n Afrikaanse een.
LikeLiked by 1 person
🤣 Ek het reeds bedank ek keer terug na my vorige beroep
🎼🎷📯🎻🎺🎼 as ek op die bus was sou ek julle vir ‘n uitvoering genooi het.
LikeLiked by 1 person
Ja … maar jy is mos bang vir die klomp vroumense 😜
LikeLiked by 1 person
Vrek bang
LikeLiked by 1 person
Abrie en lente
Is soos kampering in tente…
Na aan die natuur
Elk moontlike oomblik en uur.
LikeLike
Oulik Perdebytjie, ek sien jy verwys na die seisoen lente as jy na de naam Lente verwys het was ek in die moeilikheid 🙂
LikeLiked by 1 person
Gelukkig weet ek niks van Lente nie!😉😄
LikeLike
Daar is ook niks om te weet nie
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die lag boss 😁😁😁😁 Sy preek toe vir jou uit Korente!!!
LikeLike
En dit was ‘n indrukwekkende preek!!! 🙂
LikeLiked by 1 person
Nou toe nou, toe por jy die spul Towerinne aan om te limeriek. Jy is n ou doring as dit by beinvloeding kom. Jy’t tot Amand in Australie ook betrek. Ek verwag darem gladnie dat jy in “All Black” dig nie. Ek wag juis vir die toets om te begin. (Nie dat ek eintlik belangstel nie!) Oo amper vergeet ek om jou te bedankie! Baie dankie hoor, jy maak my dag(eintlik is dit ampe slaaptyd hier)
LikeLiked by 2 people
🙂 plesier Inneke en nee dit is jou beïnvloeding wat die wiel aan die rol gesit het. As ek saam gery het op die bus (maar ek doen nie) sou ek dit “verpligtend” gemaak het vir die towerinne om elkeen ‘n limeriek te plaas
LikeLike
Ha ha, dis amper afpersing! Jy gaan seker darem lees wat almal oor hul blyplekke vertel?
LikeLiked by 1 person
Ja ek sal. Behoort baie interessant te wees
LikeLiked by 1 person
En lekker slaap
LikeLike
Dankie ek gaan beslis!
LikeLike
Thanks so much for the wonderful contributions to the A and I Poetry Challenge. Watch out for the pingback coming shortly in the September round up post!
LikeLiked by 1 person
Thank you Amanda it was my intention to do an write a limerick in English but never got around to sorry
LikeLike
No worries. You contributed in other ways by inspiring others. Thanks.
LikeLiked by 1 person
Here is my contribution, Abrie
LikeLiked by 1 person