Lente in Korinthiërs – A en I Poësie Uitdaging: September Limeriek

To my English speaking friends. This is an Afrikaans challenge to write a limerick about changing seasons. However it is also available in English. Let’s support them!

Skryf ‘n limeriek oor die verandering van die seisoene en plaas dit voor of op 28 September op jou blog. As jy in die Noordelike Halfrond woon, skryf oor die aanvang van herfs. Diegene wat in die Suidelike Halfrond woon, insluitend Ineke en Amanda, skryf oor die aanvang van die lente.


In 1992 het ek Diensjaar vir Christus gedoen, ‘n GAP jaar in vandag se terminologie. Die eerste 3 maande het ons opleiding by Hugenote Kollege, Wellington gekry. In daardie 3 maande het ons die 3 Wellington’s leer ken:

  1. Het Lieve Wellington – van Andrew Murray en PH Nortje en hier is die lied It is Well(ington) with my soul seker van toepassing.
  2. Smellington – danksy die leerlooiery
  3. Hellington – Februarie se hitte in Wellington

Dit is sekerlik moontlik dat ek 50 of meer blog-inskrywings t.o.v hierdie jaar sou kon doen; waarvan ek nog slegs 1 geskryf het. Daardie verhaal is egter een van die mees merkwaardigste dinge wat ek ooit beleef het en ek was bloot ‘n toeskouer, terwyl iemand anders vertel het: En toe skeur hy die Bybel

Daar bly dus nog 49 oor – gelukkig is ek nog jonk… Aangesien ek nie so jonk is nie ag ek hierdie skrywe nommer 2 saam met die stukkie wat ek in die Speletjies uitdaging oor SCAS en die Eiland gesê het. Hierdie halwe is eintlik net agtergrond tot Inneke se Limeriek uitdaging.

Op die SCAS-Eiland kampterrein buite Stellenbosch het ons span (Sport vir Christus aksie Skolespan) ‘n verdere 2 weke opleiding gehad o.a. om ‘n toneelstuk aan te leer. Op hierdie stadium was dit reeds diep in April toe Lente Lourens ons deur die basiese drama tegnieke begelei het. Dit was ‘n besonderse belewenis aangesien ons ook aan musiekwaardering blootgestel is.

En daardie belewenis Inneke, ‘n lente-seisoen in my lewe, inspireer my limeriek:

In die herfs ontmoet hy Lente
Kenner van kuns en talente
Vergeefs het sy probeer
Om Abrie iets te leer
En preek toe vir hom uit Korente

1 Korintiërs 14 vers 7:
Dit is net soos met lewelose instrumente wat ‘n klank afgee,
soos ‘n fluit of ‘n siter. As daar nie klankverskille is nie,
hoe sal ‘n mens weet wat op die fluit of die siter gespeel word?

Die preek moes gehelp het want Abrie het die dirigent in die toneelstuk geword. Weliswaar in lyn met die Milli Vanilli metodiek, maar steeds ek was ‘n dirigent! Danksy my kundige hantering van die baton met die 1812 Overture is Tchaikovsky vandag bekend…

anno Domini 1992

En daar beskuldig Toortsie my van inspirasie toe sy bostaande lees:

Hierdie is nou alles Abrie se skuld! Ek kan nie ek kan nie ek kan nie! Ek kyk nie eers na Scrapy se gedigte-uitdaging nie, want ek kan nie! En toe foeter Abrie my kop deurmekaar met sy limeriek oor die lente.

Klik op die link as jy meer wil lees (sien oor kommentare hieronder).

Ek voel genoodsaak om repliek te lewer op die beskuldigings:

Ek sou moet erken ek staan skuldig
En skaam word ek daarvoor gehuldig
Ek wil tog probeer
Om my skuld af te weer
Skuldig aan gehuldig maar nie aan dig!

41 thoughts on “Lente in Korinthiërs – A en I Poësie Uitdaging: September Limeriek

  1. Nou toe nou, toe por jy die spul Towerinne aan om te limeriek. Jy is n ou doring as dit by beinvloeding kom. Jy’t tot Amand in Australie ook betrek. Ek verwag darem gladnie dat jy in “All Black” dig nie. Ek wag juis vir die toets om te begin. (Nie dat ek eintlik belangstel nie!) Oo amper vergeet ek om jou te bedankie! Baie dankie hoor, jy maak my dag(eintlik is dit ampe slaaptyd hier)

    Liked by 2 people

    1. 🙂 plesier Inneke en nee dit is jou beïnvloeding wat die wiel aan die rol gesit het. As ek saam gery het op die bus (maar ek doen nie) sou ek dit “verpligtend” gemaak het vir die towerinne om elkeen ‘n limeriek te plaas

      Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.