Die sport van mindere mans (deel 1 – Ai kinders)

English bloggers, for my latest Lens-Artist post click here.

This post is in my home language, Afrikaans about a weekend spent rowing on a river in South-Africa


In die dae voordat ek enige volgelinge gehad het en ek nog nie geweet het dat 3 200 plus woorde ietwat te lank is vir ‘n blog post nie… het ek hierdie geskryf vir die mede-roeiers (nie mede-bloggers nie). Let wel hierdie is nie die post wat ek hierdie jaar geplaas het oor hierdie jaar se Breede roei nie. Aangesien ek baie lank daaraan spandeer het plaas ek dit nou in vier verteerbare episodes.  Ek vra verskoning vir die bloggers wat dit wel reeds gelees het, maar wil tog beweer dit is herleesbaar, aangesien dit oor mans en hulle ego’s gaan! En vir die towerinne geniet julle bustoer.


Daar is is 3 maniere om iets gedoen te kry:

1) doen dit self,
2) delegeer,
3) of sê vir jou kinders hulle mag dit nie doen nie…

Ongelukkig is daar ook ‘n kinderweergawe hiervan: pa sal dit nie kan doen nie!

Die pa in hierdie verhaal sal anoniem bly ingeval sy kleinkinders dalk eendag hierop afkom en nie beïndruk met hulle oupa is nie. Ek is nie die een wat ‘n kleinkind se fassinering met sy oupa wil vertroebel nie. Dit is mos so dat diegene van ons wat dogters het, eendag ons dogters moet afgee aan jongmanne met hopeloos te veel gebreke, sodat die wonderlikste kleinkinders in die wêreld uit so ‘n huwelik gebore kan word! Jan de wet het jare terug al gesê as hy geweet dit is so lekker om ‘n oupa te wees, was hy al lankal een…

Saterdagmiddag om en by 5 uur langs die Breederivier.  Ons het pas die kanos teen die wal vas ge-anker na voltooiing van  lewensbedreigende uitdagings soos die “Wall of death”. Geen kanos het eers omgeval nie, vreeslose deurwinterde, professionele, witwaterroeiers wat ons is. Ons as volwassenes het dus reeds almal bewys hoe vaardig, fiks en jonk ons is. Links van ons lê die Breede in sy breede glorie en regs van ons ‘n sandduin met ‘n skerp helling na bowe. ‘n Tasbaar ongewone omgewing wat pas by ons as  ongewone  mense (en veral pa’s).  Hierdie is die tipe plek waar Stanley sou gese het: “Dr. Livingstone I presume”. n Epiese plek van genoegdoening and a job well done.

Niks bang vir Wall of death nie

Dit was dus heeltemal ontoepaslik dat anonieme tienerseun uitdagend teenoor anonieme vader daardie vier dubbele 3-letter frase kon gebruik: sal nie kan nie.  Pa sal nie teen die sandduin kan uithardloop nie. Ek kon sommer sien dat die pa nie lus is om daar uit te hardloop nie (nie dat hy dit nie kan doen nie, hy kan dit uit die aard van die saak doen, hy is net nie lus daarvoor nie.)  Dit is bloot nie vir hom ‘n uitdaging nie – yeah right.  Maar nou het sy liewe anonieme seun dit ten aanhoor van ander pa’s gesê…. Sou hulle besef dat – die nie lus nie – die beweegrede is en dit nie dalk toeskryf aan onvermoë nie! Anonieme pa het die bal bekyk wat op die water ronddobber (wat mindere mans en seuns na mekaar gegooi het) en hulle, hul klein wêreldjie beny.  Hy sal opsienende teen die hoogte moet uit…

Die sport van mindere mans

Met die besluit geneem het ek belangstelling verloor en voortgegaan met die sport van mindere mans. Na ‘n wyle het ek Tarzan hoor gil/kreun/juig (wat doen Tarzan nou eintlik). Ek het momenteel my skool aardrykskunde leêrs afgestof en besef dat hierdie nie midde-Afrika is nie en dit dus nie Tarzan kan wees nie – my belangstelling was geprikkel! Op die kruin van genoemde heuwel was Danie (van verantwoordelik vir hierdie jaarlikse ekskursie-faam) besig met ‘n reëndans /oorlogsdans/ rieldans/ foxtrot/ salsa/volkspele (wel dit is moeilik omskryfbaar). Dit blyk toe te lyk dat hy voor genoemde anonieme seuns en pa, in daardie volgorde, daar aangekom het…

Danie se vreugde was onbeperk en sy dans choreografie meesterlik geïnspireer danksy rou oorwinningspassie (nie dat dit ‘n kompetisie was nie).  Buitendien die kompetisie het nie deelgeneem nie… Ek het so in my stilligheid gedink dat dit jammer is dat ek nie geweet het dat Danie daar gaan uithardloop nie, al knikkende in die ringting van spoedvark Wickus. As ons 2 sou deelneem sou ek nie noodwendig eerste gewees het nie, maar Danie sou laaste gewees het. Ek ry immers gereeld bergfiets (waarin heuweltjies soos hierdie kaf gedraf/ry word) en ek speel gereeld muurbal. Dit sou helaas onregverdig wees om Danie uit te daag want hy het dit immers reeds gedoen en sou dus vol verskonings wees as hy nie wen nie…

In die volgende episode(Ai mans): sou Danie werklik so dom wees om ‘n uitdaging te aanvaar of sou Abrie die dom een wees!

WORD VERVOLG…

Jy kan hier klik om episode 2 te lees.

19 thoughts on “Die sport van mindere mans (deel 1 – Ai kinders)

  1. Na jou aanmerking aan Anne moet ek aanneem hierdie is net fiksie. As dit fiksie is gaan jy natuurlik wen… wanna bet? Ernstig nou… ek dink jy moes in die water gebly het.

    Liked by 1 person

    1. Nee hierdie is nie fiksie nie. Bitter min van dit wat ek skryf is fiksie. As ek fiksie skryf is dit vir Hester se eier le-êry. Natuurlik het ek die gedagtes van die pa in sy kop gelê (ek weet nie wat hy gedink het nie) maar sy liggaamstaal en gesigsuitdrukking was van so ‘n aard dat ek dit in gelees het. Danie se danspassiies is ook oordrewe geskryf maar hy het gegil en op en af gespring

      Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.