DIE SPORT VAN MINDERE MANS (DEEL 2 – Ai Mans)

English bloggers, for my latest Lens-Artist post click here.

This post is in my home language, Afrikaans about a weekend spent rowing on a river in South-Africa


In die vorige episode: seuns daag hul pa uit om saam met hulle teen ‘n sandduin uit te hardloop wat hy teësinnig doen, maar Danie hardloop sonder my medewete saam teen die duin uit en kom eerste bo. Jammer dat en en Wickus nie geweet het nie want dan sou ons vir hom ore aangesit het…

Episode 2

Op een of ander manier het die moontlikheid van ‘n werklike resies deur “die manne” wel onder bespreking gekom en Danie (die sucker) het ingewillig om saam met my en Wickus daar uit te hardloop. Ek sou my net nie steur aan die verskonings dat dit sy tweede keer is nie en hom aanvat oor sy swak oordeel om dan nou weer te hardloop (en wie wil nou swak oordeel hê?). Op pad na die duin het ek 2 mense hoor praat van ys koop maar my fokus was op die duin. Ons het toe wel daaruit gehardloop.

Ek sou julle graag meer daarvan wou vertel maar die realiteit is dat daar nog baie ander dinge die naweek gebeur het en dit is nie die moeite werd om julle te verveel te met die storie  van ‘n paar mans wat hulle soos kinders gedra nie (veral hy wat hom die 2de keer soos kinders gedra)…

kampioen

Ek en Danie in gemoedelike bui (dus voordat ons teen die duin uit is)

Nou goed laat ek dan tog iets sê voordat mense met kennis van programmering my blog delete. Sien toe ons wegspring stamp Danie (van kennis van programmering-faam) my onderstebo en hy trip Wickus wat onmiddellik voor hom was.

Ek is die skraalste een heel regs (moet darem ‘n hou inkry)!

Nou goed, nou goed:

die Waarheid sal ons vry maak.

Danie: RESPEK.

Hy het ons fair en square gewen al was dit die tweede keer wat hy daar uitgehardloop het. Die realiteit is dat ek heeltyd 3de was (nee man nie laaste nie), dat spoedvark Wickus wel aanvanklik voor hom was, maar dat Danie hom ingehaal en verbygevat het (en toe sy dansende de ja vu Tarzan/volkspele act ad nauseam bo-op die heuwel gedoen het). Danie nou dat ek weer daarin dink, dit is darem hoogs onwaarskynlik: erken nou maar dat jy anaboliese steroide gebruik (vanaf Rusland)!!  Dit kan verklaar waarom jy by die heuwel afgerol het (en helaas het ons in solidariteit ook daar afgerol – nie omdat ons breins met steroide bevlek is nie). Na daardie gekkigheid was my hare vol sand 😦 Nou goed ek het nie hare nie, maar as ek sê wat vol sand was sal die blog gesensor moet word! Gelukkig kon ek weer terugkeer na die Sport van mindere mans in die rivier, maar hierdie die keer met die primêre rede om die sand af te was.

Ons was hierdie jaar weer daar met ons jaarlikse kano-erasie op die Breede. Nie  vir een oomblik het ons eers effens oorweeg om die malligheid te herhaal nie – want uit die aard van die saak, net logies as sulks, weet ons mos dat die enigste rede dat ons nie weer wil doen nie, die wete is dat ons dit weer kan doen… Video van die DRIE MAL MANS  1 minuut 5 sekondes en daar is verrassing op einde!

By die kamp het ek met ‘n yskoue Windhoek in die hand by die lang tafel gaan sit, om die middag se uiteenlopende en ego-kneusende gebeure rustig te oordink en te verwerk. My kinders wat gelukkig nie hier is nie dink darem nog ek is vinnig en ‘n held. Hulle moet nou net nie hiervan uitvind nie. Toe hulle kleiner was het ek vir elkeen ‘n lied gesing met slaapptyd. Hulle het gereeld vir my gesê hoe mooi ek kan sing en dat ek ‘n CD moet maak. Vreemd genoeg is die behoefte dat ek ‘n CD moet maak baie lanklaas verwoord! Kan dit wees dat hulle musieksmaak veragter het? Sal hul musiekwaardering moet opskerp anders faal ek in my ouerskap…

Die lang tafel

Terwyl ek rustig ontkneus met die bykomende las van die onlangs onversoekte CD in my denke kom iemand wat nog dieper beswaard is oorkant my sit. Sy moes my aangesien het as een of ander geestelike want sy het emosioneel uitgepak en uitgepak. Ek het selfbewus by my nek rondgetas om seker te maak dat een of ander poetsbakker, nie dalk ‘n priester se wit kraag op my hemp geplak het nie (Vader Abraham).

In die volgende episode (Ai EISH):  Waaroor sou hierdie dame so uitgevaar het en sou Abrie die wysheid hê om die emosionaliteit reg te hanteer…

WORD VERVOLG…

 

Advertisements

9 thoughts on “DIE SPORT VAN MINDERE MANS (DEEL 2 – Ai Mans)

  1. Ek het die video geniet Abrie. Dis lekker (en goed vir liggaam en gees) om jou soms oor te gee aan lawwigheid. Mag ek maar net noem dat ek nie tien tree ver in daai los sand sou kon hardloop nie, laat staan nog teen ‘n opdraand uit.

    Liked by 1 person

    1. Jy het seker gesien dat ek op die einde ernstig gely het!!! Dankie vir die kyk Hester. Wat ek nie genoem het nie is dat Danie swart belt in karate het en op die foto saam met my het hy ‘n “Cape Karate Championship” t-hemp aan. Op daardie stadium het danie o.a. 15 lengtes ‘n dag in ‘n Virgin Active swembad geswem. So ja dit is nie sommer net vir hardloop nie

      Liked by 1 person

  2. Kon hierdie nou rustig sit en lees en video ook kyk. Daar was toe ‘n verrassing op die einde 😁😁😁😁 Sou jou graag daar sien afrol het. Is jy seker jy het nie jou monnikskleed aangehad terwyl jy daar by tafel sit nie? Dankie dit is lekker om te sien en lees van julle pret….ek glo met my hele hart dat ons moet aanhou speel.

    Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.