Pretoria in 2 ure

English bloggers, for my latest Lens-Artist post click here. This is not my entry for the Window challenge but I could have used the photo of the Gautrain for the window challenge!

This post is in my home language, Afrikaans. A group of bloggers are taking a cyber tour of South Africa and inviting others to post about the area the bloggers are in. Last week they were in Pretoria. In 2015 my family spent 2 hours in Pretoria hence my contribution.


En toe* laat Kameel met hul besoek aan Pretoria, die giggelgroen towerinne , tandem valskermspronge doen! Daar word vertel dat die towerinne dit al te veel geniet het om so styf teen daardie windmakerige Spring-instrukteur vasgegespe te wees… Ek hoop nie hulle mans vind hiervan uit nie!!!

Almal was styf vasgegespe behalwe Sent ‘n uur.

die padda het die vuurvlieg maar huistoe gestuur haham
want ‘n opsitkers teen ‘n sent ‘n uur
en ‘n luistervink daarby, is gans te duur
haham haham haham

Danksy haar afwesige gespes is sy nie in die moeilikheid by haar man nie. MAAR TYDENS DIE SPRONG WAS DIE MOEILIKHEID GROOT!! Lekkervurigeaffêre het haar lekker vuur amper doodgeskrik toe haar tandem amper ‘n solo sonder ‘n valskerm geword het. Die dat sy Sent ‘n uur geword het. Maar gaan kyk self by Vuurvlieg na hierdie video!!!

Hou vas towerinne die toue is besig om los te wikkel

Na my ontleding van die kommentare wil dit voorkom of daar iets beter is as vesel vir hardlywigheid – valskermspring! Ek het op ‘n keer gelees dat die meeste ligte vliegtuie se vlieëniers een of ander tyd ‘n belewenis het met ‘n enjin wat tydelik stol wanneer dit nie moet stol nie. Maar dan skop adrenalien in. Het julle geweet adrenalien se kleur is bruin en dit ruik nie lekker nie…? Ek verstaan nou vir die eerste keer waarom ek al loodgietervoertuie by lughawens gesien het asook plekke waar valskerm gespring word:

Afgeneem in Pretoria – gebaseer op hierdie foto is Pretorianers en Namakwalanders famlilie. En nee dit is onwaar dat Steve Hofmeyer se nuutste album so ‘n snit bevat (… eers die volgende album). En nou is ek moontlik in die st…t by menige towerin – beter loodgieter kry!

In 2015 het gesin Joubert ʼn blitsbesoek aan Gauteng gebring (oppad na Mphumalanga en die Kruger Wildtuin) en 1 dag is spandeer om Gautrein te ry en by van die plekke aan te doen waar ons stop. Die Gautrein het ek baie positief beleef. Die bestuur daarvan (en ek praat nie nou van die treindrywer nie) is puik:

  • skoon treine en stasies sonder graffiti,
  • treine wat betyds is,
  • ‘n belewenis dat jy veilig is.

⇓Die Gautrein rol in Pretoria in en bo ons is die indrukwekkende UNISA kampus en onder ons een van die standaard treine. Iewers in daardie geboue, moontlik die Filosofie of Politieke Wetenskap of Geskiedenis klasse, sal daar wel geredeneer word wie op watter trein is, die proletariaat of bourgeoisie en wie geregtig is om waar te wees. Google proletariat as jy verveeld is.

⇑Die Gautrain Pretoria stasie, terwyl die Ou Pretoria stasie (onder) op die vensters weerkaats.

Die dames in my gesin is bevoorreg, anders as oom Paul wat heeltyd moet staan, sit hulle in die Bloutrein Station Lounge. Maar oom Paul is darem nie die enigste wat staan nie. Op die eerste parlementsgebou agter hom is daar een of ander Romeinse Legioen bevelvoerder, wat die gevare vir Oom Paul uitwys.

Die Ou Raadsaal waar ‘n omie passievol aan ons standers 7’s op besoek verduidellik het watter interessante dinge daarbinne gebeur het, terwyl ons ons dood verveel het. Die foto hieronder wys die detail van die suile. Die Boere en Romeiene is nou-verwant… Gebou in opdrag van Oom Paul.

⇑Hierdie is nie in Pretoria nie maar ek gooi dit in vir interessantheid (sug nou klink ek soos die omie wat my in standerd 7 verveel het). Hierdie is Sandton Stasie wat die enigste ondergrondse stasie is en hierdie is verskeie verdiepings onder die grond

Julle moet lekker toer en ek hoop nie julle benoding ‘n loodgieter nie – om meer te lees oor die toer:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

28 thoughts on “Pretoria in 2 ure

  1. Abrie, jinne….ek lag nou al vir myself. Dankie tog dis net versinstl. Daai tannie het sekerlik meer as loodgieter nodig gehad, beslis ‘n nuwe Bridget Jones. Sent ‘n uur Vuurvliegie. Jy laat my lekker lag so aan die begin van die week. Jy is nimmer in die moeilikheid. Lief die pienk valskerm! Die Gautrein is ‘n fees, as hy die dag ry. Dankie vir die heenwys. Groernis.

    Liked by 1 person

      1. Wonder wat die volgende Pretoria kuier gaan oplewer – sover ek weet kuier ons nog saam met Frannie en Woordnoot in die “hoofstat”. ôns gaan mooi elokeer as hulle met ons klaar is. 😉 Lekker werk week! Groetnis.

        Like

  2. Ja nee, Abrie….die Gautrein is ons stedelinge se kroonjuweel op hierdie stadium. As ek vir my kind in Sandton gaan kuier, hop ek sommer op hom. Laat my terugverlang na my kinderdae….baie ver en met groot heimwee.

    Liked by 1 person

  3. Ontspan….jy het nie soos daardie ou omie geklink nie. Inteendeel, alles heel interessant, en dan het jy mooier fotos van Pretoria as wat ek het. Jy moes eers vir Kameel uit die bus gehaal het voordat jy hom met valskerm laat oplig het 😁😁😁😁😁 Daardie bakkie sal definitief benodig word!!!

    Liked by 2 people

  4. Ek moet jou eers hierdie een vertel van die Gautrein: my seun bly naby die Rhodesfield stasie en kan sommer daar opklim om werk toe te ry (Sandton). Hy het die laaste naweek van September hier gekuier vir sy verjaardag, ‘n vinnige heen-en-weer vir sy verjaardag. Terug by OR Tambo klim hy toe op die Gautrein huis toe, maar by Rhodesfield wil die deure nie oopmaak sodat hy kon uitklim nie, dus ry hy toe tot by Sandton en draai terug. So wtrgtig, by Rhodesfield wou die deure weer nie oopmaak nie en hy ry terug tot by OR Tambo. Daar vind hy toe uit dat net sekere waens op sekere stasies oopmaak. Uiteindelik was hy in die regte wa en het by sy stasie gearriveer, twee ure later as verwag. Intussen het (onpubliseerbare) histeriese boodskappe op ons Whatsapp groepie so amper ‘n slegte naam aan die Gautrein gegee, en dit uit pure onkunde. Abrie, mens kan op jou vertrou om goeie navorsing te doen, mooi fotos te neem om jou feite te staaf en dan die ding by sy naam te noem. Groete van die Namakwalander.

    Liked by 1 person

  5. Dis goed om te weet die trein werk as hy ry! Ek is weg voordat hy ingestel is. Hul was nog besig met die tonnel deel. Dit klink n lekker storie om so n treinreis te doen. Dis ook goed om te weet die trein ry lughawe toe want ek was al bekommerd oor hoe ek gehaal en weggevat kan word as ek eendag weer kom kuier. Suster Tina sal beslis nie meer kans sien om lughawe toe te ry nie. Op die oomblik bly ek maar hier waar ek is. My lewe hier is baie rustig.

    Like

  6. Pragtige foto’s, Abrie. Toe ek ‘n kind was, het Oom Paul nog op daardie stellasietjie voor die ou stasiegebou gestaan. Ek onthou nog toe hulle hom geskuif het…groot opwinding!
    Ek kraak my vir daardie rioolmotor!!

    Like

    1. Daar is ‘n groot verskil tussen die gewone treine en die Gautrain. Gautrain het sy eie spoor netwerk en stasies wat so ontwerp is dat jy nie daar kan inkom sonder om ingelaat te word nie. Die gewone treine wel…

      Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.