Wanneer ek jou liefhet

En ek sal jou liefhê in jou sonskyn.

Ek sal jou liefhê as dit reën.

Ek sal jou liefhê regdeur die lente.

Regdeur winter met elke vloek en seën.

Vergewe my as ek nog nie weet

hoe

wat

om te maak wanneer jou storms losbreek.

Want ek self posiosioneer nog die chaos

van onvertelde pyn.

Weet net:

Ek wil jou lig wees as dit donker word.

Ek wil vir jou ‘n kaggel maak as dit sneeu.

Ek wil vir jou sing in flikkerende somersaande

En in elke helder Kersfees eeu.

IRISNA JOUBERT

 

My claim to fame – my roem tot roem my dogter is ‘n gepubliseerde digter

 

Uittreksel uit ‘n kampuspublikasie

Uittreksels uit haar onssie argiewe circa 2019

Maties wen varsity beker

Florerend

Geneem in Januarie vanjaar toe ons haar matriekuitslae gaan vier het

 

 

 

Advertisements

44 thoughts on “Wanneer ek jou liefhet

      1. Jy is heeltemal reg Abrie. Dit is baie belangrik dat ons kinders weet ons is trots op hulle en lief vir hulle ongeag dit wat hulle bereik of nie bereik nie. Daar is soveel druk in die wereld daarbuite, dis onnodig dat dit nog in die veiligheid van hul huise ook opgestapel word.

        Joubert word eerskomende sondag n hele 10 jaar oud.

        Liked by 1 person

    1. Dankie Vuurvliegie my dogters verlig inderdaad die pad en dt kost nie eers ‘n sent ‘n uur nie (dit kos duurder 🙂 )
      Ons het almal rede om trots te wees en nie noodwendig oor dit wat hulle bereik nie.

      Like

  1. This has brought tears to my eyes. Abrie, the poem is a beautiful expression of love – really beautiful! Congratulations to Irisna. I hope she will write many more.

    Like

    1. Dankie Christa die opmerking is so bietjie tong in die kies, ons almal kan trots wees nie omdat ons kinders dinge vermag nie. Jy het my in ‘n sluimerende tyd gevsng en die muse is nog nie weet heeltemal terug nie. Ek het al in Kazakstan by woordeloos by jou gekuier. Ek het in die hoek gesit en luister en bibber van die koue – julle is braaf

      Liked by 1 person

    1. Hello Hester – CAPTAIN O MY CAPTAIN
      Jou moeilike onderwerpe se eiers wat gele is, het veroorsaak dat my blog in my afwesigheid steeds gelees is. Die eerste een oor idiome “Doring in die vlees” kry party maande honderde hits die 2de en 3de gewildstes is ook eiers wat gele is. Ek sien daar is nou ‘n Rebusfonein maar ek het nog nie probeer kyk wat daar gebeur nie.
      Ek het in die my vorige post iets gese van my terugkeer wat hoogstens ‘n I am back “Lite” is, maar Toweropstal het van binne sy mure gepraat (vorige post). Jammer dat ek net verdwyn het.

      Ons het almal rede om trots te wees en nie noodwendig oor dit wat hulle bereik het of hoe hulle lyk nie

      Liked by 1 person

      1. Ons doen almal by tye daardie “verdwyn”- ding. Ek is ook nie deesdae te aktief op my blog nie. Die muse is onaktief. Jy’s reg oor die kinders – hulle bly maar ‘n ligpunt in ‘n mens se bestaan, net omdat hulle daar is – in jou lewe. Myne het almal (gelykttydig – sjoe!) hier kom vakansie hou in Julie en ons was behoorlik moeg agterna, maar ons harte was tevrede.

        Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.