‘n Afrikaanse gedig deur my dogter

English friends at the end of this post in blue, is a short summary of what this is about. And it is not about keeping the bloodline pure. An ironic title to an Afrikaans poem

Keeping the bloodline pure

En jou woorde vleg deur die voue van my verstand.
Dit syfer oor en oor deur die draaitjies van my denke.
Dit deurdrenk al die maniere hoe ek kyk na jou.

Hoe is dit moontlik?
Dat daar mense is wat
nogsteeds
aan jou moet verduidelik hoe hierdie werk?
Jy blameer dit op die feit dat jy “so” grootgemaak is,
en natuurlik op die kerk.
As ek in my akademiese klasse sit
en luister na die akademiese werk
wat gegrond is op akademiese navorsing,
wonder ek oor die logika van jou argument.
My hart bloei woede
dit borrel
dit bars
dit breek – weer,
want in alle eerlikheid
verstaan jy nie.
Nogsteeds nie.
En ek sal my aande opoffer
deur te verduidelik, weer,
om jou te help
om te verstaan
om te weet
hoekom en
hoe en
hoekom nie meer nie.
Ek hoop dat jy eendag van jou ouers se verdraaide waarhede sal wegkyk en
sidder
as jy hoor hoe jou kinders verstaan
wat jy weier om te aanvaar.

Irisna Joubert

Gedig nr. 50 in Jaargang 50

‘n Paar weke terug bel ‘n opgewonde Irisna en lig my in dat die Afrikaans-Nederlandse departement haar genooi het, om die bekendstelling van die digbundel Penseel by te woon aangesien een van haar gedigte ingesluit is.  Penseel is ‘n projek van die Afrikaanse departement by Stellenbosch waarin studente van die fakulteit genooi word om gedigte voor te lê. By die bekendstelling is ‘n protea aan haar oorhandig en sy het op haar beurt ‘n breë glimlag oorhandig!

Hierdie beteken baie vir haar menswees en ek is baie trots op haar. Trots dat die gedig ingesluit is ja, maar veral trots op haar denke oor die lewe.  Voordat dit ‘n gedig geword het, het sy my vertel van die gesprek wat sy met ‘n mede-student gehad het. Hy regverdig sy rassistiese ingesteldheid. Met haar toestemming (wat sy al ‘n paar weke terug gegee het) plaas ek nou die gedig.

Vuurvliegie skryf gister oor uiteenlopende sienings wat my herinner het aan Suid Afrikaners met uiteenlopende politeke sienings wat die All Blacks ondersteun (maar weier om die Springbokke te ondersteun).  Gaan lees gerus haar uitstekende skrywe waar ek kommentaar gelewer het oor hierdie All Black onsinnigheid.

Maar Irisna se gedig het egter nie hierdie kontroversie nodig om dit bekend te stel nie. Ek wens eintlik dat ek nie haar pa was nie sodat ek ‘n onbevooroordeelde opinie daaroor kon gee. ‘n Resensie deur my sal soos ‘n liefdes ode klink, nogtans waag ek om te beweer dit is puik – ek kan nie so skryf nie.

Ek is ook grootgemaak soos die seun wat my dogter se hart woede laat bloei. Op universiteit het ek vir die eerste keer verstaan wie Christus is. Dit het o.a. my denke oor mense verander. My pa het beweer ek is gebreinspoel. Ek het vir my pa gesê ek is gehartspoel.

Weens vergrype is daar baie verkeerd in die huidige politieke bestel – nie wat Nelson Mandela in gedagte gehad het nie, maar dit beteken nie vir een oomblik dat rassisme  regverdig kan word nie. Rassie se “waagstuk” met Siya (wat in die wêreldbeker teruggekom het na ‘n besering) moet verstaan word in die konteks van nasiebou en op die langtermyn is dit goed vir die land en rugby.

Met tekse soos die een hieronder kan ek nie verstaan hoe die kerk op ‘n stadium apartheid kon regverdig nie.

Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één. En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God.  Gal. 3: 28

This is a poem by my daughter which has been included in an anthology of poems. It was written due to a conversation she had with a fellow student with racist views.  The inclusion means a lot for her and yes of course I am proud of her, but I am more proud regarding her attitude on life. It also reminded me that I accepted other races when  I was a student, which led to my father claiming that I had been brainwashed. 

She concludes the poem in the following way (and yes a lot goes missing via my translation):

I hope that one day you will look away from your parents’ twisted truths and
shudder
when you realize your children understand
what you refuse to accept.

34 thoughts on “‘n Afrikaanse gedig deur my dogter

  1. Dis regtig ‘n pragtige gedig.
    Dis regtig ware woorde.
    Sy mag regtig trots wees.
    Jy mag regtig baie trots wees.
    Net gisteraand het ek in Handelinge gelees waar God vir Petrus gewys het dat ook nie-Jode nou Sy kinders mag wees. Wat ek as rein verklaar het, mag niemand onrein verklaar nie. Weet jy hoe dankbaar is ék daaroor, want anders sou dit ook nie vir my beskore wees nie.

    Liked by 1 person

    1. Dit is so waar daar s ‘mn teologiese splintergroep – die Wit Teologie – wat beweer anderkleuriges gaan nie hemel toe nie en dat die blankes in Suid-Afrika ‘n sgenaamde verlores tam vam Isreal is wat hiulle aan die Suidpunt van Afrika kom vestig het. Hoe tragies verwronge (wat feite aanbetref maar ook wat kontra dit waaroor die Bybel gaan – liefde).
      Jy is reg ,ons is nie Jode nie en dus heidene. As dit nie vir Christus se verlossingswerk was nie is ons almal verlore. Danksy Chirstus kan daar ‘n Toortsie wees wat skyn en kan Abrie Christus se lig saam met almal beleef wat in Christus een is.

      Toe sing hulle ‘n nuwe lied:
      “U is waardig om die boek te neem en die seëls daarvan oop te maak omdat U geslag is en met u bloed mense vir God losgekoop het uit elke stam en taal en volk en nasie. (Openbaring 5:9)

      Liked by 1 person

  2. Congratulations Irisna, this poem is beautifully expressed and deserves wider exposure! Dit is wonderlik dat jong mense so dink: in hulle is ons hoop vir die toekoms in hierdie land.

    Liked by 1 person

  3. Dis ‘n ongelooflike goeie gedig en ek wens Irisna van harte geluk met haar prestasie. Maar ek wil ook dankie sê dat julle as ouers vir haar gewys het Wie en wat die waarheid is…..

    Liked by 1 person

  4. Bij geboorte krijg je van alles mee van ouders, grootouders en verder.
    Tijdens de opvoeding even opvoeders, verzorgers en ouders ook weer veel mee.

    Maar volwassen bepaal je helemaal zelf of je een goed of slecht mens ben.
    Sommigen vergeten wat zij van hun ouder meekregen.
    Sommigen vergeten wat de opvoeders en verzorgers mee gaven.
    Sommigen verschuilen zich achter van alles.

    Of je een goed mens bent bepaal je uiteindelijk zelf ….

    Mooi blog, mooi gedicht.

    Stille groet,

    Liked by 1 person

  5. Abrie, I love that you included the info for us at the end of your post. Congratulations to your beautiful daughter for her compassion and open-mindedness, and of course for being published. You should be (and clearly are) very proud. I fear though that your post title will mislead those who don’t bother to read and understand it into thinking that you support racism. Maybe change it a bit???

    Liked by 1 person

          1. I agree wholeheartedly that anyone who knows or follows you would surely know better. It’s the outliers who would worry me. Thanks for changing it Abrie, you are a prince

            Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.