Kom kuier saam met my over de (Hottentots-Holland) berge in Overberg

My English speaking friends – there is an area in South Africa named “Over the mountain” (Overberg) referring to the other side of the mountains from Cape Town. This post and others to follow is about my experience in that area.

‘n Paar weke terug het Tannie Frannie saam met Toortsie en Seegogga gevonkel by Struisbaai en Bredasdorp en vir ons gewys hoe ‘n keurig gelakte sjampanje vinger die veldfreesias omvou.  Gaan lees en kyk gerus as jy dit gemis het. Ek, Danie en ‘n paar ander manne was was ter selfde tyd by Krabgat (of te wel die opgeknapte Toweropstal soos sommiges beweer) naby Riviersonderend. Al hierdie plekke is in die Overberg

My belangstelling in die Overberg het ontstaan lank voordat ek van Krabgat of die towerinne geweet het. Maar deesdae wentel my belangstelling in anderkant die berge om Krabgat. Later meer daaroor. Ja over de Hottentots-Hollandberge lê die Overberg. Oorsproonklik ‘n verwysing na wat anderkant Kaapstad is, maar reeds lankal ‘n streek in eie reg.

Dit was in 1992 wat ek die eerste keer aan die Overberg blootgestel is, maar toe het ek nog nie daaraan gedink as die Overberg nie.  Die SCAS (Sport vir Christus Aksie) Diensjaar vir Christus span was vir ‘n week lank by  die Caledon Hoërskool of dit is hoe ek dit onthou – Caledon se hoërskool. Deesdae word dit Hoërskool Overberg genoem (moontlik reeds toe). Ek het die geskiedenis probeer naspoor maar kon nie bevestiging kry of die naam verander het nie. Verwysende na die graanlande een van die onderwysers gesê dit is so groen daar is nie plek om ‘n muntstuk neer te sit waar dit nie groen is nie. Ja die koring het groen op die lande gestaan, maar die meisies in die span was blou – blou van die koue, want dit was winter. En die hoërskool se mooi maar ou gebou was bitter koud. Ons harte was egter warm – lees gerus oor so ‘n warm en absoluut merkwaardige moment waar ek maar net ‘n toeskouer was. Dit het nie in Caledon gebeur het nie, maar op die N2 deur die Overberg: en toe skeur hy die Bybel.

Ek gaan ‘n reeks foto posts doen met staaltjies oor die  plekke wat die Krabgat manne al besoek het in die Overberg, maar het besluit om dit in te lei deur enkele fotos te plaas van ‘n paar plekke waar die Jouberts al vakansie gehou het in die streek (voor die Krabgat-towerin verbintenis) en dit aan te haak by Tannie Frannie se blitsige kuier. Die tyd van die jaar ondersteun die onderwyser se muntstuk woorde of sal jou laat dink hy praat het sy groen varkies verloor:

  • Inderdaad,  daar is nie plek vir muntstuk se bruin op Krabgat, so groen is dit.
  • Loutere snert, daar is nie eers ‘n muntstuk se groen op Krabgat nie!

Amptelik ingedeel volgens munispaliteite is hierdie die Overberg:

Dit omvat o.a. hierdie dorpe: Agulhas, Arniston(Waenhuiskrans), Baardskeerdersbos, Barrydale, Bettiesbaai, Birkenhead, Botrivier, Bredasdorp, Buffeljagsrivier, Caledon/Myddleton, De Kelders, Elim, Fishershaven, Franskraal, Gansbaai, Genadendal, Grabouw, Greyton, Hawston, Hermanus, Infanta, Kleinmond, Klipdale, Malgas, Napier, Onrus, Pearly Beach, Pringlebaai, Protem, Riviersonderend, Rooi-Els, Sandbaai, Stanford, Stilbaai, Struisbaai, Suiderstrand, Suurbraak, Swellendam, Theewaterskloof, Van Dyksbaai, Vermont, Villiersdorp, Witsand.

In my opinie is hierdie meer akkuraat (area onder skadulyn) maar wat weet ek – ek bly nie daar nie.

Hier staan ek op Victoriapiek en tuur oor die Theewaterskloofdam na die Theewaterskloofstreek van die Overberg. Maar nee ek stap nie sommer elke dag om uit nuuskierigheid te kyk wat lê anderkant die Hottentots-Hollandberge nie. Lees gerus meer oor hierdie prag-area in my foto-post oor Victoriapiek.

Tannie Frannie noem dat haar moed haar begewe het toe sy die trap(leer) gesien het van Kaap Agulhas se vuurtoring. Wel Franniesal nie die enigste wees nie – hier is hoe dit van bo af lyk⇓

⇓Die vuurtoring sal meer indrukwekkend lyk indien afgeëts teen die blou lug, maar in hierdie gru dreigende dae en aande kom hy tot sy reg.

⇓Die see langs die Overberg (Waenhuiskrans) is seker die naaste wat ons in Suid Afrika kom aan die idillies lykende waters om die tropiese eilande soos die Seychelles.

⇓Het iemand al ooit daaraan gedink om branderplank binne-in die Waenhuiskransgrot te ry? Dit kan ‘n wêreld eerste wees! Die water stoot in wat beteken ek moet aanstoot om nie daar vasgevang te word nie. Vir meer oor die grot lees gerus die foto post wat ek daaroor gedoen het.

Hierdie pragtige area is noord-oos van Swellendam, die Buffeljagsrivierdam. Ek sit hier in ‘n micro-light vliegtuig. Nie aldag wat ek lugfotos neem nie! Die eienaar van die vliegtuig en vakansie-oord het my gratis laat saamvlieg. Hy het gesien ek neem fotos en nooi my saam – hy vlieg en gee vir hom van die fotos.

⇓Die donker water van die Buffeljagsrivier kontrasteer die lowergroen rivierbanke en bosluisvoëls wat daaroor vlieg.

⇓Onderkant Swellendam is die Bontebok Natuurreservaat. Die chalets is in die middel regs en die kampterrein onder regs.

⇓Daar is ‘n rede waarom die natuurreservaat Bontebok genoem word.

⇓In Baarskeerdersbos het ons  in de middel van die bos in 2012 vir ‘n paar dae in ‘n huis geheerlik (die huis langs die bos in die middel van die foto). Hier besig om die berg uit te klim.

Hierbo is die Joubert’s se kommentaar oor ons Baardskeerdersbos kuier met my kinders nog albei op laerskool. Die Overberg is bepaald ‘n uiteenlopende en mooi streek (and you ain’t seen nothing yet).

WORD VERVOLG

35 thoughts on “Kom kuier saam met my over de (Hottentots-Holland) berge in Overberg

  1. Ons het nog maar een maal in my lewe hierdie pragtige landstreek verken maar dit het diep in ons harte gekruip. Paar nagte tuisgegaan in elk van lieflike Agulhas en Bontebok Nasionale Parke twee jaar gelede. Vanaf Kaapstad al langs die kus deurgery – plekke wat ek nog net van gehoor het tot op daardie stadium – Pringebaai, Bettiesbaai, Hermanus, Gansbaai, Elim, Bredasdorp, Swellendam. En natuurlik Baardskeerdersbos – my mond water nou nog as ek aan Marietjie se B’Bos Burger dink!

    Dankie dat jy sulke mooi herinneringe met hierdie plasing kom wakker maak het, Abrie. Ek kan sien die Overberg het vir julle ook baie mooi herinneringe gemaak.

    Like

    1. Hi Dries. Die Weskus was vir my heeltemal onbekend 25 jaar terug en ons het herdie tipe toer teen die Weskus opgedoen en by die verskillende kampterreine aangeklop om te bly. Dit was in Desember en as mens telefonies wou bespreek het almal gese hulle is vol. In desember het baie kammpterreine ‘n beleid van minstens 14 dae en ons wou net paar dae op plek bly. Maar met die aankoms en op grond daarvan dat jy nie te erg na ‘n skobbejak lyk nie et hulle jou wel toegelaat. In Yzerfontein, Elandsbaai en Lambertsbaai gebly

      Liked by 1 person

      1. Dit klink heerlik, Abrie, en beslis nog op ons “To do” lysie. Wil sommer die hele kus van die Richtersveld tot by Kaapstad doen – ook sommer die Cederberg en Tankwa-Karoo daarby insluit. Jammer dis so ver van hierdie kant van die land af.

        Like

  2. Sjoe! Lekker om te lees! In my kinderjare was Swellendam nie van die Overbergskole waarteen ons deelgeneem het nie, hulle was Suid-Kaap of so iets. Volgens my kennis is hulle eers later bygevoeg toe daar ‘n nuwe opdeling was. Ek mag heeltemal verkeerd wees.

    Liked by 1 person

      1. Maar daar is iets wat ek nie lekker verstaan nie. Ek dig Toweropstal is by George rond? Nou vertel jy dan ‘n heel ander storie? Die somme klop nou nie so lekker nie?

        Like

        1. Ek het gesê soos sommiges beweer, want dit is wat gesê is toe ek oorspronklik Krabgat aan julle bekend gestel het. Daar is selfs gewonder deur kommentatore of daar nie ‘n tonnel is tussen die regte Toweropstal (wat inderdaad naby George is):en Krabgat nie. Vir my is Krabgat vir nostalgiese redes en net metafories Toweropstal.

          Liked by 2 people

              1. Daar was mos baie dispute of Bredasdorp of Caledon die hoofdorp van die Overberg is. Bredasdorp het toe die prys gewen, sover ek kan onthou. Mag verkeerd wees. Ek wonder of die skool nie in daai tyd sy naam verander het nie. O nee, jy vra verkeerde een!

                Like

    1. I read about your weekend in Cape Town with your friend an you didn’t even come and say hi 😦 🙂 my steps were all over those places you visited. You could just follow them to my hone! Their was no option to comment though?

      Liked by 1 person

      1. Ah, next time! 🙂 Maybe you can play guide to us…? I was just thinking, I should hike the Table Mountain as my first step to Mt. Fuji in 3 years for our (with university classmates) mid-life “crisis” activity. Hahaha!

        Being back in Cape Town even for short weekend reminded me that I like the city a lot, and I even once contemplated on moving there. Well, if I got a job there, I would have.

        My blog doesn’t allow comments? Hmm, I must check that out. That makes me seem lazy. Lol!

        Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.