Ek is nie ‘n Towerin nie…

To my English enabled friends, here I reminisce with Afrikaans bloggers about an untranslatable word, used in a series of posts which became among other things 2 e-books. But I hope it will inspire me to write more regularly in my own language.

**********

…maar dan ek is ook nie ‘n towenaar nie. Terwyl ek nou aan’t ontken is kom ek sê wat in my opinie ‘n towerin nie is nie. ‘n Towerin is nié ‘n heks nié (slaak Hester nou ‘n sug van verligting). Daar is definitief nie black magic betrokke nie en niemand hoef  bang te wees om hul kinders in die sorg van die Towerinne te laat, in die vrees dat hulle in paddas verander gaan word of iewers in ‘n toring opgesluit gaan word nie.  Maar toor word daar wel getoor. Nie per ongeluk soos met Liewe Heksie nie. Doelbewuste kuberlary met woorde, idees, humor, saamwees en ‘n reeks dinge wat reeds deur die Towerinne genoem is. 

En wat gee my nogal die reg om kommentaar op hierdie onderwerp te lewer? Wel ene Sonell  se kort skrywe oor die Perfekte Misdaad  het 123 kommentare inspireer. In kommentaar 100-en-iets gebruik ene Lekkervurig vir die eerste keer die Towerin woord teenoor ene Abrie…

En was dit nie ‘n lekker party wat vir my op Valentynsdag gehou is nie. Ek het dit sommer as ‘n liefdesverklaring deur al die Towerinne aanvaar 🙂

Daarna gebruik Lekkervurig die term ‘n paar keer totdat ene Tannie Frannie die eerste persoon, anders as die inisieerder daarvan word om Towerin te gebruik, waar Kamilla en Ursula aangespoor word:

Terloops dink julle nie dit is vreemd dat Toortsie en Kameel wat op ‘n stadium een blog gehad het elkeen ‘n alter ego het nie?

En nommer 3 was die einste Abrie waar hy Lekkervurig se bona fides bevraagteken:

En die res is geskiedens. Ek erken dat ek die kubertrein na Rebusfontein heeltemal verpas het en die giggelgroenbus doelbewus gemis het. Maar ek het die giggelgroenbus darem agtervolg en die redaksie van ‘n plaaslike koerant lelik uitgetrap oor die onvanpaste foto en artikel wat hulle van my Towerinne geplaas het…

Die ontwerp van hierdie voorblad het my ure geneem maar was groot pret: https://abriejoubert.wordpress.com/2018/09/19/ek-is-wesenlik-getraumatiseer/ Hierdie toer het ‘n menigte van 136 posts inspireer! 

Die Towerinne toor kulle klere weg!!!

My hart lê egter by  die 2 Toweropstal verhale waar ek onder Hester se lyding ag ek bedoel leiding en Kameel se inspirasie deelgeneem het.

O Toweropstal o Toweropstal jou het ek lief bo alles.

Die naam Toweropstal is danksy die “Oëverblindery” in Scene of a crime met die hoeke waaruit die foto’s geneem is, maar ook danksy die boek Toorberg wat op universiteit voorgeskryf is. As ek nou weer vinnig kyk na die opstal lyk dit alweer nie moontlik dat dit dieselfde plek kan wees. Die een is skoongeskeer en die ander het ‘n bosbaard.  Ek is bly dit kon aansluit by die naam van die groep wat Vuurvliegie later Towerinne sou doop en steeds voortleef in Coronamouna en ander verhale (Rebusfontein).

As groep skelms sonder ondervinding (neem ek aan…) en op soek na die Krugermiljoene was ons maar rowwe diamante of eerder analogies tot ons potensiële buit, veldponde; afgeronde masjien gemunte goud was ons nie. Maar die verhale het ‘n verskeidenheid edelgesteentemomente en pretmetale opgelewer.

In die eerste verhaal het ek die aanvaanklike hoofstuk geskryf en in die 2de aan die einde aan die beurt gekom. Dit het my die geleentheid gegee om die verhaal “op te som”. Hierdie collage is saamgestel uit die beelde wat die verskillende bydraers gebruik het.

Gegroet Toweropstal Hello Pollsmoor

En hierdie geskrewe “opsomming”sal net verstaan word as mens die verskillende bydraes gelees het:

‘n Kakofonie van beelde en klanke:

  • Camilla wat enige man om haar keurig gelakte pinkienael kan draai.
  • ‘n Afrika eerste – landing en lanseerplek van Elon Musk vuurpyle
  • Spesiale spinasieterte en nog spesialer Tiramisu poedings
  • Maskerballe en te veel partytjies
  • Wantroue, agterdog, agterbaksheid en vooruitstrewenheid
  • Kode boodskappe en verdwynende ink
  • Die Guptas in aanhouding
  • State of the crime address
  • Kinkels in die kabel, tonnels by dosyne en ‘n oorvloed side-plots en counter plots op hierdie plot
  • Bali se triple D’s en dubbel DD’s en psychedelic gekleurde voertuie (en seker die D’s ook)
  • Die chemiese proses franjelliekosering (wat opslae maak in wetenskaplike kringe)
  • Dubious denotation en detonation
  • Zoomaways en Boomaways
  • 3 EFF ondersteuners met hulle rooi berets op ‘n fiets met die Latynse offisier wat oor hulle skote drapeer is.
  • Pablo Escobar en sy berugte tandlose bergie seun
  • Doelgemaakte musiek CDs en bedroom-eyes geregsdienaars
  • ‘n Gasverskyning deur Paul Kruger
  • Temperamentele koeie (nee nie die towerinne nie my ma het my goed grootgemaak; koeie wat nie wil melk gee nie), perdebye, bye, uile, nog spoke, korrupte amptenary, rolle note, goud, muntstukke , buit ens. ens. ens.

En onthou die e-boeke van hierdie verhale kan afgelaai word by hierdie skakel: Hesterleynel.co.za/booktalk/

Vir ander bydraes hoe die egte regte Towerinne towerinne geword het, klik op hierdie skakel.

 

40 thoughts on “Ek is nie ‘n Towerin nie…

  1. Abrie, jy is alweer my hero! Ek lag en huil sommer so deurmekaar terwyl ek lees, prentjies kyk en onthou. Dankie vir jou skrywe en opsomming, hierdie gaan ek diep bewaar.

    Liked by 3 people

    1. Una ek het nou eers al die kommentare gelees en ek kan jou verseker ek is die een met ‘n deurmekaar gemoed. Herdie was ‘n wonderlike venster van positiewe belewenisse en dankie vir jou inspirerende opmerking

      Liked by 1 person

  2. Abrie, jy het my nou laat lag met ‘n nostalgiese traan in die oog. Ons het darem baie pret gehad. Ek is seker die Towerinne gaan almal breed glimlag oor jou bydrae. Dankie dat jy jou unieke sin vir humor so gulhartig met ons deel.

    Liked by 3 people

    1. Captain o my captain Hester. Jy is vean die eerste wat my gevolg het en dan het boonop ‘n soortgelyke mischievous humorsin. Ja ons het baie pret gehad en dankie vir baie daarvan wat moontlik gemaak is deur die strukture wat jy geskep het (en kommentare wat mens aanpor, sonder dat jy eers probeer aanpor).

      Like

  3. Dankie Abrie…ek was nog nie deel van die Towerinne in daardie tyd nie maar het albei e-boeke gaan lees…..dis so lekker om hierdie te lees …..ek weet jy het die bus gevolg en ons hoop jy word deel van die Towerinne….jy kan altyd die Toweraar word…soms het die Rinne n Raar nodig.

    Liked by 3 people

  4. Ek het hierdie skrywe nou so geniet. Jy het diep hartsnare geroer. Voel soos Una.. lag met ‘n traan. Jy word gemis… jy weet dit seker. Kom kuier vir ons op Rebus…. ons gedra onsself nou al baie beter. 😂😂😂😋

    Like

    1. Ek het ook vir Una gese ek is die een met die deurmekaar gemoed. Dankie dat met Tannie Frannie se aansporing vir Hester gekry het om ons te laat terugdink en te laat teruglag. Ek glo nie vir een oomblik dat julle julself gedra nie (en dit is goed so) 🙂

      Liked by 1 person

  5. Sjoe Abrie, en net ná hierdie storie het jy vir kank van blogland verdwyn. Ek het nog altyd gedink dis die Towerinne se skuld. Was dit? 🤔 Moet dan eerder nie sê nie. 🤭

    Like

  6. Ek is ook ‘n redelike nuwerige towerin en het groot deel van die pad gemis wat julle saam gestap het. Maar vandat ek begin blog het en die towerinne begin leer ken het, was jou naam orals ingegraveer, wat jou eintlik meer van ‘n towerin maak as ekke… en ek dink nogals jy like hulle kwaai. Towerin- maat…

    Liked by 2 people

    1. Ja ek like hulle kwaai hierdie mense in die kuberruim, wat nie artificial is of artificial intelligence is nie. Regte mense met humor en deernis en oorwinnings en pobleme soos ons almal. Ek dink nie daar is grade van Towerin wees nie Bondels. Net soos Christus nie vir een meer as ‘n ander gesterf het nie.

      Like

  7. O Abrie, jy maak my dag( aand). Jy het dit alles so mooi vertel! Ek moet nou darie stories aflaai en save en weer en weer lees. Dit was van die beste stories wat ek nog ooit gelees het. Those were the days! Jy sal altyd welkom op Rebusfontein wees.

    Like

          1. Ek ken hom daai lucidum intervallum deng – het hom ook partymaal. Ja ek wil nie naar wees nie, eerder raar! Die feit dat raar Towenaar se spelling verander het nou eers by my ingesink (wanneer ek nie ‘n lucidum intervallum het nie, is ek maar stadig). So dankie aan julle albei.

            Like

    1. Dankie Christa geniet die lawwigheid.. Daar is die sonder insig wat dit nonsens praat sal noem (daar is ook die kru sommiges wat dit kru praat sal noem behalwe dat die kru met ‘n ander 3 letter woord vervang word). Ek verkies om dit intellektuele beuselagtighede te noem.

      Liked by 1 person

  8. Ai Abrie, jy neem my ver terug! Jy het alles so mooi opgesom soos net jy kan doen.
    Ek vra verskoning dat ons jou kop vol knoppe geslaan het met ons stilettos. Ek het gedink dis hoekom jy verdwyn het.
    Dankie dat jy met jou foto van die opstal, so ‘n ongelooflike nagevolg veroorsaak het… ‘n groep bloggers wat vriendinne geword het en elke dag hul lief en leed met mekaar deel.

    Liked by 2 people

    1. Nee wat Wesp. Toe julle my met die stiletto’s geslaan het was dit analogies tot “cutting off your nose to spite your face”. Dit het meer skade aan die stilettos veroorsaak as aan my!
      Dina ek dink darem nie dit is my foto wat die nagevolg veroorsaak het nie. Daardie gemeenskap was reeds daar voor enige van hierdie geskryf is. Maar dit het seker gehelp om ‘n ver-inniging (as daar so woord is) te skep. Gedeelte pret en kubersaamwees.

      Liked by 1 person

      1. Jy het gewis ‘n harde kop. My een stiletto se hak was heeltemal skeef na die aanslag. Die toeskouers het gedink ek was dronk, toe ek so skeef-skeef bus toe strompel.🤪Ons het baie pret gehad.
        Nietemin, dink ek tóg jy het ‘n groot aandeel gehad aan die vriendskappe wat later hier gesmee is.

        Liked by 2 people

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.