Een helling van ‘n teenstelling

Hierdie is ‘n skryfuitdaging – gaan loer gerus hier hoe om deel te neem https://www.hesterleynel.co.za/2022/02/17/woordwarrel-3-2022-oksimoron-twee-teenstrydige-begrippe/

Woordwarrel 3/2022 Oksimoron

My eerste gedagte om ‘n oksimoron te illustreer, was om ‘n onsnaakse grap te vertel. Maar ai ek het ‘n aanvoeling vir humor; hoe sal ek nou regkry om ‘n onsnaakse grap te vertel? Buitendien die konsep om aspris ‘n onsnaakse grap te vertel kan deur sommiges as snaaks interpreteer word en dan is dit nie meer ‘n oksimoron nie. Of is ‘n snaakse onsnaakse grap ‘n dubbelle oksimoron? Lesers het natuurlik die voorreg om enige humor te hu-moor of te oksi-vermoor deur dit bloot nie snaaks te vind nie. As die skrywer poog om humoristies te wees en die leser “vang” dit nie of verstaan die poging daartoe maar vind dit nie snaaks nie, is daardie grap ‘n oksimoron – onsnaakse humor.

Nie omdat 2 begrippe met teenstellende betekenisse langs mekaar geplaas word nie maar omdat die skrywer se doel nie deur die leser se reaksie bevestig word nie. Dit kan ‘n staan-op (verhoog) komediant lewend graf toe stuur. Eintlik wil ‘n skrywer of akteur hê dat daar getou moet word. Agter hulle aan? Sommiges dalk, maar nee ek verwys nie daarna nie, hulle wil ‘n toutologie as reaksie hê. Toutologie is mos meestal ‘n  onnodige herhaling soos die klassieke “Afrikaans” agteruit reverse. Vir ‘n skrywer of akteur is dit ‘n nodige herhaling. Hulle hunker daarna dat die gehoor die pyn, blydskap of emosie sal eggo.  

Maar ek sal moet byvoeg dat ek nie weet of my uitgebreide toepassing van stylfigure deur ‘n lektor in Afrikaans beloon sal word met punte nie. Dalk sal een van hulle in ‘n goeie bui die afwesigheid van punte inkleur met die opmerking briljante snert. 

Ek probeer dus ‘n alternatiewe benadering. ‘n Helling kan hemels wees op ‘n bergfiets – op voorwaarde dat jy teen die helling af ry… Maar die opdraande gee jou hel. Tog word die helling se anderkant of omdraaikant nie hemelling genoem nie. ‘n Nuutskepping word vereis. Ek het gaan fiets ry; die helling was hel maar die hemelling (afdraande) hemels. En tog is daar mense wat bang is vir afdraandes (wel dit het meer risiko’s wat spoed aanbetref – die afdraandes gee werksekuriteit aan ortpopete). Dikwels geniet diesulkes (wat geleer het dat die aarde harder as hulle bene is) eerder die opdraandes. Vir sulke mense is die helling hemels en is die afdraandes ‘n helse hemelling. En dan is daar ook nog die teenstrydigheid dat die hemel “op” is en die hel “af” is. So waarom word ‘n opdraande ‘n helling genoem? Maar maak nie saak in watter rigting die hel is nie, dit is sekerlik veel meer af as melk wat af is (oeps daar pleeg ek ‘n anglisisme).

Of is dit andersom – wat is jou voorkeur as dit by stap kom?

Maar ek hel eerder bult uit as om WordPress se “Block editor” te probeer baas raak. Dit het my oneindige probleme gegee wat veroorsaak het dat ek hierdie later publiseer as wat ek wou en terug is by die Classic  formaat. Liefderyk verwerp ek dus klagtes dat uitheems-klinkende woorde soos oksimoron en paradoks teenstrydig is met van ons vriende se gebruik van Afrikaans. As julle die Blok bemeester het, is stylfigure kinderspeletjies. En soos Hester noem, gebruik ons almal daagliks verskillende stylfigure, al ken ons nie noodwendig die omskrywing daarvan nie.

En buitendien danksy google kan ons almal intelligente onnoseles wees, deur voor te gee dat ons al die woorde met moedersmelk ingeneem het… Maar ek dink darem nie ons is onnosel nie. Selfs intelligent genoeg om te weet daar is eksterne hulpbronne beskikbaar om ons moedersmelk ingeneemde vaardighede aan te vul.

Sag blaai ek deur die harde kopie van my HAT. Ek lei af dat ‘n oksimoron en ‘n paradoks familie van mekaar is, maar dat ‘n oksimoron die eenvoudiger stylfiguur is aangesien dit gewoonlik 2 woorde  met teenstellende betekenisse is wat langs mekaar geplaas word (soos byvoorbeeld die liefderyke verwerping wat ek hierbo gepleeg het). ‘n Paradoks is gewoonlik ‘n stelling maar kan ook ‘n tegniek wees wat indirek in ‘n verhaal aangewend word. Jare terug het ek iets soortgelyk aan onderstaande verhaal gelees.

Diep geplooi en geslote van langdurige wroeging, is die gesig van die man wat by ‘n berader aanklop vir hulp. Hy wil weet wat die sleutel tot vreugde en blydskap is, want hy soek naarstiglik daarna. Die berader was die vorige aand by ‘n sirkus en die blydskap wat die nar aan die hele gehoor verskaf het, het hom beïndruk.  Ten spyte van die grimering was dit duidelik dat vreugde uit die nar se gesig straal. Die berader stel toe voor dat meneer Wroeging vir die nar gaan vra wat sy geheim is en dan kan hulle dit bespreek. Die man het ‘n paar oomblikke teleurgesteld na die berader gestaar en gese: “ek is daardie nar…”.

Nee dit is nie ‘n biografiese verhaal nie.  Maar vir iemand wat van humor hou ken ek ook die teenpool daarvan. En dit is dikwels in die teenpool tye – die droë dale – wat mens baie leer van die lewe. Emosioneel arm ryk tye wat mens hoop gee en help om ander by te staan. Hierdie versies wat ek meer as 30 jaar terug raakgelees het illustreer hierdie paradoks:

I walked a mile with Pleasure
She chattered all the way
But left me none the wiser for
all she had to say

I walked a mile with Sorrow
And never a word said she
But o the things I learned from her
when sorrow walked with me

 

Ek het Sondag 20 Feb ‘n Tafelbergroete gaan stap. Wanneer ek stap is geen heuwel vir my hel nie, almal is hemellinge. Hier verwelkom ‘n Disa my met ope arms. Dit is die eerste keer wat ek ‘n Disa direk sien, al klim ek al baie jare die berg. Weliswaar ‘n Blou Bul Disa en nie ‘n Rooi op WP se trui Disa nie – volgende keer.
Corrodor Ravine, Twaalf Apostels. Tafelberg

Vir die Disa om my te verwelkom moes ek hier uit swoeg. Mag ons almal beleef dat die opdraandes ons lewens mooier maak al word die hellings en droë dale nie so beleef nie. Gaan lees gerus wat een van die 12 apostels oor die paradokse in die lewe sê. Die lewe moes vir hom Grieks gewees het want dit is die taal wat hy gebruik het om dit neer te pen. Vanaf 2 Korintiërs 4:7, die gedeelte wat omskryf dat ons ‘n skat in maklik breekbare kleipotte is.

33 thoughts on “Een helling van ‘n teenstelling

  1. “Mag ons almal beleef dat die opdraandes ons lewens mooier maak al word die hellings en droë dale nie so beleef nie.” – In my onthouboek geskrywe. Niks meer hellings nie, net hemellinge. Ek waardeer jou uitkyk. Soos ‘n gevaarlik bevallige arend wat rasielei, laat jy my immer wyer kyk. Dis goed so.

    Liked by 1 person

    1. Dankie Erna. Ek eggo jou immer wyer kyk opmerking, behalwe dat jy die een is wat my weier laat kyk. Wat die skryf hiervan betref was dit wonderlik om te beleef hoe idees vorendag kom toe ek eers begin tik. Ek het nogal by myself gedink “o ja dit moet ‘n titel he en daar dink ek vir die eerste keer aan Een helling van ‘n teenstelling. Uit dit het die hemeling ding gevloei. Glad nie daaraan gedink voor ek begin skryf het nie. Was bloot lekker dat idees ontstaan wat ‘n halfuur voor dit nie in my gedagtes was nie. Soos die goeie ou dae…

      Like

  2. Paulus was ‘n man wat met woorde kon toor. Jy ook Abrie. Ons het jou gemis in Blogland en ek het lus om ‘n drum roll vir jou te doen. My pa het ons vertel van ‘n man daar in ons omtes wat elke dag werk toe en terug gefiets het daar tussen die koppies en laagtes en wanneer hy teen ‘n helling moes uittrap, het hy gelag van vreugde omdat hy weet daar lê ‘n afdraand voor. Dankie dat jy weer jou pragtige foto’s met ons gedeel het … en kyk net hoe groot was die beloning wat jy gekry het op die kruin van die helling. Dankie dat jy deelgeneem en ons weer vergas het op jou voortreflike humor.

    Liked by 1 person

    1. Dankie vir jou Pauluswoord opmerking Hester. Nee ek is gen Paulus maar ssos ek hierbo vir Erna ook genoem, dit is wonderlik dat idees uitgebou kon word wat ‘n half-uur voor ek hieraan begin skryf het nog nie eers in my gedagtegang was nie. En wat ‘n wonderlike parallelle storie van jou oor die man wat die opdraande uit gelag het!! Jou osksimoron tema het my van passief na passie geneem

      Liked by 1 person

  3. Abrie, I cannot tell you how happy I was to see your post! I have thought of you often and hoped that you were healthy and had simply stopped blogging. Of course, I had to go to the trouble of translating your post since you chose not to include an English version but it was worth the effort. It seems you are healthy and still making the most of your time with your adventures. Welcome back.

    Liked by 1 person

    1. Hi Tina thanks for translating the post although some of it would have been non translatable as I played with Afrikaans words and concepts in an abstract way. Thank you also for wondering, I will be lying if I claim that I didn’t wonder if my blog friends were wondering why I am not around. Always a pleasure to hear from a member of the esteemed lens artist quartet. Especially if she is called Tina

      Liked by 1 person

      1. 😊 I’ll admit it took me a while to figure some things out but mostly I got your ideas Abrie. I thought you might have posted why you were away for so long but that notwithstanding, I am just happy to see you back! With covid about, unexplained absences are more worrisome than they once were.

        Liked by 1 person

    1. Thanks Nesfelico, you more or less got the gist there although I philosophied more about humour in this blog than attempting it , but I suppose i will always try and wave some humout in between the paradoxes of life.

      Liked by 1 person

    1. Dankie dat 21 Aug 2021 hierdie gevra het: Abri, Abri, waar gaan jy heen? Dis n jaar dat jy laas geskryf het. Is julle ok? Jemmer dat ek nie geantwoord het nie. Ja ons is okay… Dalk brei ek later uit. dankie vir die verwelkoming in blogland

      Like

    1. oankie Positief, goed om jou blou kyker hier te sien. Nee ek het regtig nie die Block editor baasgeraak nie. Ek het begin daarmee maar dit is nie heeltemal intuitief nie en op die ou end alles oor gecopy na Classic wat ek geken het (maar nou ook nie meer werk soos destyds nie). Maar dit is okay. Dit beteken nie alles moet vlot verloop om ‘n hemellingse ervaring te he nie.

      Liked by 1 person

  4. Like Tina, you have crossed my mind a few times, also wondered if you were just done with blogging for a bit. I too was gone for a bit and was so happy to see familiar names pop up. Welcome back. you were missed. Donna

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Positief Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.