Die wie-waar- wanneer-waarom van hierdie blog

My kinders. Irisna en Elrike uitbundig in Sutherland met hul eerste ervaring van sneeu
My kinders, Irisna en Elrike uitbundig in Switzerland (nee Sutherland) met hul eerste ervaring van sneeu circa 2011

Hierdie skakel neem jou na ‘n lys van die blogs.

Hierdie blog is geïnspireer deur die belewenis  dat ek weer in my gees kan hop skip en jump.  Sien die afsluiting. Dit het my laat besluit om die sleutels op die sleutelbord saam te laat hop, skip en jump deur van die dinge te verwoord wat ek beleef.

  1. In sommige blogs deel ek ‘n geestelike ervaring (veral blogs wat in 2013 publiseer is) byvoorbeeld ‘n Katedraal vir die Ego en Tranquility cracks a prayer for Cape Town
  2. Ander gaan oor vakansies dikwels met foto-albums (byvoorbeeld blogs wat in 2015 publiseer is na ons Kruger Wildtuin besoek). Sien byvoorbeeld Close Encounters of the Kruger kind en Kom na die Panorama-roete Cloete
  3. En soms praat ek tong in die kies nonsens ook tussenin! Die meeste blogs sluit egter ‘n mindere of meerdere mate van hierdie nonsens in. Ek verkies om dit intellektuele beuselagtighede(intellectual trivialities) te noem – wat rasionalisasie is vir nonsens praat…  Nee nie peusel nie – beusel, alhoewel julle welkom is om te peusel aan dit wat ek beusel.  Dit is egter dinge wat werklik gebeur het en waarin ek kies om die humor in raak te sien, voorbeelde is ‘n Beproewing in Bellville Biblioteek en Behou jou humorsin 
  4. Baie van dit wat mens beleef oorvleuel natuurlik en kan nie spesifiek kategoriseer word nie, maar daar is ook blogs geïnspireer met wat ek Avonture wil noem. Avonture sal in beginsel ook punt 3 bevat. Dit gaan oor o.a. oor belewenisse soos staptogte, roei bergfietsry en bungee jump waarvan Die sport van mindere mans (Breederivier roei 2015) en Denkers en Eters – ‘n Eteriese ervaring voorbeelde is.
  5. Hierdie jaar (April 2016)  het ek die behoefte gekry om meer gereeld te verwoord wat in my denke aangaan en wat ek raakhoor of sien en sal oor meer uiteenlopende onderwerpe beusel sien Thermopylae. Op die oomblik is daar verskeidenheid “drafts” -blogs in wording.
  6. Ek oorweeg ook om werksverwante onderwerpe waaroor ek by werk skryf (gewoonlik oor belasting te plaas). Dit sal in Engels wees vir die wat dit wil raak google.
  7. Die naam van die blog kon ook Abrie vertel hardop of Abrie lag hardop of Abrie klik hardop (die kamera se knoppie) gewees het, dus nie ‘n intellektuele platform nie maar in die proses wonder Abrie wel hardop, al denkende of glimlaggende soms met ‘n traan.

In 2013 het ‘n stukkie van my long doodgegaan a.g.v. ‘n bloedklont wat die bloedtoevloei blokkeer het (pulminêre infarksie). Dit sou tragies gewees het as ek net gesond geword het. Ek het weer vergifnis beleef te midde van die nabyheid van die Here en Sy liefde. Lees meer hieroor in o.a. Ontklonting

Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.            Jesaja 1:8

Dit is koud maar dit is lekker!!
Dit is koud maar dit is lekker in die Suid-Afrikaanse Switzerland!!

5 thoughts on “Die wie-waar- wanneer-waarom van hierdie blog

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s