Dam(n), I engineered a rarity!

I, being the British engineer Thomas Stewart. Today the rare weekly photo challenge has inspired me to take you on a journey of magnification.

  1. Photo 1 features a piece of metal manufactured in 1898 by Andrew Barclay sons & co based in Kilmarnock Scotland.
  2. The metal turns into a small steam locomotive with the words The corporation of the city of Cape Town, embossed on it
  3. and is housed in the Waterworks museum together with a lot of rare and historic tools,
  4. and built right at the end of the Hely-Hutchinson reservoir completed in 1904,
  5. which water feeds into the even older Woodhead reservoir in front of Hely, completed in 1897. See the plaque by the American and South African engineering bodies.
  6. What makes it even more amazing is that it is built on top of this mountain (see last photo), being Table Mountain and the water is still fed into the modern aquatic network. The locomotive was used for the construction of the second bigger reservoir (Hely-Hutchinson) to speed up it’s completion.

Steam locomotive in waterworks museum Table Mountain

Steam locomotive in waterworks museum Table Mountain

waterworks museum Table Mountain

hely-hutchinson reservoir dam Table mountain

Woodhead dam Table mountain

12 Apostles Table mountain

The last photo was taken from the tourist area on the upper table of Table mountain.   We hiked there (see Look up to my lens Table Mountain)  and enjoyed a cup of coffee before hiking on further to the dams. Table mountain is on the bucket list of any visitor to South Africa but if you are at all able, please hike up Table mountain and try to visit the lower table (the 12 apostles) as well, as this is the interesting part with among others, the dams (5 in total) and Tranquility Cracks. If need be contact me via my blog – I will certainly take you there. I have hiked Table Mountain from all directions and then some.

Please feel free to visit my other contributions to the weekly challenge for more interesting and beautiful places .

Posted in Avonture, Wordpress weekly photo challenge | Tagged , , , , , , , | 19 Kommentaar

Ou bees jy is obese…

Jammer vir die wat dalk nou déjà vu beleef, want die storie oor don’t quit kom uit ‘n vorige inskrywing (Van mammogramme tot kilogramme) maar is ‘n goeie inleiding vir vandag se verhaal.

Waar ek werk is daar jaarliks n “wellness week” waarin mens bombardeer word met gesondheidsinligting. Hierdie boodskap wat in die badkamer teen die spieël geplak is, het my inspireer om onderstaande foto en bewoording vir die maatskappy te e-pos.

Don't quit

  • I have noticed the message DON’T QUIT has been placed in front of the toilets (on level 2 male bathroom anyway).  I am sure those suffering of constipation finds this message inspirational!!
  • However as it is wellness week I suggest you do not place this message in the smoking areas…

Terug by nou – dit was tydens een van hierdie weke,  8 jaar gelede dat onder andere die Body mass index (BMI) toets 0p my gedoen is. Die suster wat dit gedoen het vir my gesê dat ek volgens die toets grens aan “obese”, meting van 29 – obese is 30. Ek het haar eers verbaas aangekyk en toe sarkasties begin lag. Terug tussen die mense in my span het ek vir hulle vertel hoe ridiculous dit is. Iemand wat byboorbeeld ‘n liggaamsbouer is, sal foutiewelik as obese aangedui word want ‘n BMI meting is bloot die verhouding tussen jou massa en lengte (die gewig van die spiermassa sal die persoon obese maak), maar helaas was ek nie ‘n liggaamsbouer nie.  Ek het teenoor myself erken dat ek effens oorgewig is, maar grens aan obsese – snert. In my kop was oorgewig okay, obese nie, maar dan, ek was nie naby aan obese nie, my beenstruktuur en die spiere wat el wel het word nie in ag geneem nie! Basta – amen

In die begin van Januarie elke jaar stap ek die Victoriapiek roete (oorspronklik saam met Johan Hough gestap). Dit begin in Jonkershoek buite Stellenbosch, 300m bo seevlak en eindig by Victoriapiek 1 600m bo seevlak en is dus ‘n styl klim, 21 km lank en neem die hele dag om te stap. Dit is natuurlik pragtig maar daaroor sal ek ‘n ander keer skryf met fotos.  Ek is tradisioneel die stapleier, maar Danie het dit al voorheen saam met my gestap. Die oggend was my stapmaats Danie en André. Na sowat 30 minute se poging om by hulle te bly, het ek besef dit is ‘n verlore stryd.

Cathedral peak Jonkershoek Stellenbosch

‘n Voorskou van die toekomstge griffel oor Victoriapiek. Hier is ons omtrent halfpad en 1000m bo seespieël. In die agtergrond is die gotiese vroms van Cathedral peak. Victoriapiek is hoër as Cathedral peak. Danie tuur af in die Jonkershoekvallei.

Ek het vir Danie gevra om André wat dit nog nie op die piek was nie daar uit te vat en toe hulle protesteer aangedring dat hulle 2 aanstap. Ek het omgedraai, rustig terug gestap en The strange case of Dr Jeckyll and Mr Hyde (wat toevalig in die kar was) onder ‘n boom gaan lees. Was dit dalk die obese en geweldadige Mr Hyde wat op die skaal geklim het terwyl die slanke Dr Jeckyll (Abrie) eintlik die regte Abrie is? Maar so sal ek my gewig nie kan “Hyde” nie. In die storie is Jeckyll oorgewig en Hyde kleiner. Het ek met die lees van die boek besef dat ‘n metamorfose – ‘n kleiner Abrie – nodig is? Dit is egter nie die boek se inhoud nie maar die feit dat ek besig was om die boek te lees wat my laat besef het ek was te onfiks en te oorgewig om te doen waarvoor ek lief is. Ek het steeds nie gedink ek is naby obese nie maar besef ek is te onfiks vir my lewenstyl.

Ek het egter wel ‘n paar sommetjies gemaak en het besef dat ek sedert matriek ‘n kilogram per jaar opgetel het! Wat sou gebeur as hierdie tendens voortduur. Dan sou ek wel binne ‘n paar jaar nie kon probeer rasionaliseer oor my gewig nie – ek sou obese wees. Maar steeds het ek nie iets daaraan gedoen nie, weens ‘n gebrek aan voedsel selfdissipline is ek in elk geval useless met diëte.  Die feit dat ek nie die berg kon uit nie, het ook ‘n sielkundige impak op my gehad. Soveel so dat ek die volgende jaar in Januarie besluit het om dit alleen te stap – ek moes aan myself bewys dat ek dit nog kon doen!!  Dit word natuurlik nie aanbeveel dat mens so ‘n lang stap alleen doen nie maar ek moes bewys ek kon en indien ek nie kon nie wou ek myself embarresment spaar deur nie tussen vriende te wees nie. Ek het hierdie foto van myself bo-op Victoria piek geneem, met die selfoon op self timer:

obsese ou bees

Uit die aard van die saak ‘n slanke Abrie…

 ‘n Paar weke later het die laerskool begin met atletiek oefeninge (‘n tipe boot camp) vir die kinders en die ouers is genooi om saam te oefen. Daar het ek ander pa’s beter leer ken en het nuwe vriendskappe ontstaan (wat steeds hou).  Wickus het my genooi om muurbal saam met hom te speel. Die eerste muurbalwedstryd was na een van die boot camps en ek het amper flou geword van uitputting. Maar geleidelik met die toename in oefening het my gewig begin afneem. Dit het my inspireer om wel minder te eet deur ekstra lekkernye bo en behalwe my gewone kos (gewoonlik stukke hoender) uit te sny. Dié het ek gekoop wanneer ek melk en brood gaan koop het. In 2013 het die bergfietsry ook bygekom (maar die skool het nie meer geboot camp nie) en einde 2014 was ek 12 kg ligter as die foto hierbo. My gewigsverlies was primêr gekoppel aan oefening, nie banting of detoxing of ‘n eetplan nie – dit werk dalk vir ander.

DSC_0707

Voor een van die ou goudmyne in Knysna woude wat ek en my dogter gaan verken het, circa einde 2014

Nou goed ek erken ek trek my maag in – sal julle asb. so gaaf wees om weg te kyk, ek kan dit nie meer hou nie; moet nou asemhaal… Helaas is ek nou 3 kg swaarder as toe (maar darem steeds 9kg ligter as destyds) en dit is een van die redes vir hierdie griffel om my te inspireer om nie terug te keer na waar ek was nie. Mag dit ons almal inspireer!!

Posted in Avonture, Humor, Selfondersoek, Verhalend (en of sketse) | Tagged , , , , , , , | 30 Kommentaar

Fun is so wyd soos die Heer se genade

This topic, being FUN, can be manipulated greatly. In principal for any photographer it is fun to push (no squeeze) that button – especially if it isn’t your job! Thus any photo can qualify reminding me of the Afrikaans saying: dit is so wyd soos die Heer se genade (the topic is as broad as the Lords grace).

However if you have children you would certainly  and legitimately have gazillions of photos depicting fun. Yet when the fun topic was selected for the weekly photo challenge this particular activity popped up in my mind.  We were staying at Umshanti close to Swellendam in the Southern Cape of South Africa. It is set in beautiful surroundings  at the Buffeljagsdam which is fed by the Buffeljagsriver nestled against the Langeberge. (Long mountain). Buffeljags is Afrikaans for hunting Buffalo. I am sad to say there are not any Buffalo in the area currently but if you want to see Buffalo go to my post An inconvenient partnership, which was also inspired by the weekly challenge.

irisna weerkaats

_20501202_175937

_20131218_064014

_20131218_111143

_20501202_151315

Buffeljagsdam

I went cycling early in the morning (now that is fun) and took my camera with (fun again) and saw this metal installation which would be fun climb to up on as it would make an excellent platform for taking photos. I took the 3rd photo from here that morning and wondered why there was a metal cable attached to it reaching into the river. I did not now it at the time but this was a zip line (not your average zip line) or foefie – slide as it is known in South Africa.  In the second photo my daughter Irisna is about halfway down. We went more than once and gathered my camera from the pick up vehicle and was fortunate enough to capture the fun the very moment she hit the water.

We did various other fun things like canoeing and the children were invited to go motor boating and I went on a micro light flight and no the last photo was not taken by me during the flight. It is a screen capture from Google Earth showing how amazingly beautiful this area is! The second last photo is the view from the chalet we were staying at the southern point of the dam. And the shared giggles is due to my wife eating a sour worm. We were hiking in the forested are next to the river after reaching it with canoes (yes I still have gazillions of photos…)

My other contributions to the weekly photo challenge

Posted in Wordpress weekly photo challenge | 19 Kommentaar

‘n Ferrari kan tot jou nadeel wees Magnum

Hierdie blog-inskrywing is inspireer deur Ineke se Toeka Tokkel oor ‘n  byt gaan wat jy nie gou sal vergeet nie.

 **********

“R800.00” sê Henk effens onseker. Dit lyk asof hy wonder of hy homself indoen en of hy te veel vra en dus die koper gaan verloor.  Ek antwoord nie onmiddellik nie en hy volg sy stelling op met: “en dan gooi ek nog hierdie buiteband ook in”. Ek dink so by myself dat dit ‘n teken is dat hy dink hy vra te veel.  My dogter se fiets het te klein geword en ek snuffel die afgelope week of so rond vir ‘n nuwe fiets vir haar – dit was in 2013, pas nadat die internis gesê het ek mag weer oefen. Ek weet wat dit op Gumtree kos en dink weer Henk doen homself in (die fiets werk 100% – niks hoef vervang te word nie). Die prys is bepaald billik vir ‘n Silverback bergfiets met skok-absorbeerders en al is dit ‘n tweedehandse fiets.

Hierdie is Henk se vrou Tertia se fiets (dieselfde Tertia wat in ‘n man verander het; as jy dit nog nie gelees het nie, gaan lees dit gerus hier – as jy nie lag nie kry jy jou geld terug…).

Ek gaan ry ‘n entjie in die straat op en dit voel nogal lekker – heelwat anders as my blou Raleigh 10-spoed resiesfiets wat ek laas in matriek gery het en iewers langs die pad weggegee het. ‘n Done deal, my dogter het ‘n fiets.  Die volgende week ry ek nog ‘n paar keer daarop, maar toe Irisna so onbillik optree om op haar fiets te wil ry toe ek daarop wou ry, besef ek ek sal ook een moet kry! ‘n Week daarna koop ek ‘n soortgelyke tweedehandse Silverback by ‘n fietswinkel vir meer as dubbel die prys…

DSC_0928

Die 2 fietse onder bespreking en nee dit is nie die uwe op die fiets nie –   sien ook vorige inskrywing (a morning monkey with muffin and milk)

En daar byt die fietsrygogga my (en my beursie). Behalwe nou vir esseniële items (en die woord essensieel is in elk geval nie presies definieerbaar nie) soos fiersrybroeke en hemde, ‘n helm, handskoene, skoene (die voetsoort), waterbottels, sonbril, basiese gereedskap (tools), en  ‘n rooi en wit LED lig (alhoewel hierdie ligte gewoonlik flouer is as die helder kleure van die hemde…), is daar ‘n groot hoeveelheid gadgets beskikbaar. Kom ek wees maar nou eerlik, mans hou van gadgets en gadgets slurp geld op.

Finansiële dissipline is dus belangrik vir enige fietsryer en die realiteit is dat groepsdruk nie op hoërskool eindig nie. ‘n Fietsryer moet weet hoekom hy fietsry en hopelik is dit nie om te kompeteer met die testosteroongevulde beursies van sommige ander manlike fietsryers nie.  Asof die koste van jou tools jou meer manlik maak…!  Maar dit is dan ook so dat ‘n fietsryer eendag die versugting uitgespreek dat indien hy sou sterf hoop hy nie sy vrou verkoop sy fiets en toerusting vir die prys wat hy vir haar gesê het hy daarvoor betaal het nie…

Met fietsry het ‘n nuwe wêreld vir my oopgegaan.  Ek het aanvanklik van ‘n roete gebruik gemaak naby ‘n fietswinkel maar die sirkelroete was maar 1.5km lank en dit het later vervelig geraak al sirkelend. Dit was buitendien ‘n baie tegniese roete wat eintlik nie die ideaal was vir ‘n nuwe bergfietsryer nie, aangesien die roete ontwerp was met die aanname dat jou fiets skyfremme het en myne net die remblokkies van rubber wat julle almal as kinders sou geken het. Ek het alleen gery maar aangesien die byt erg was wou ek so gereeld as moontlik ry.

Ek ondersoek toe ‘n area minder as ‘n km vanaf my werk.  Die foto hieronder wys hoe Google se My tracks app die roete opneem. Alhoewel mens dit nie kan sien nie is dit baie styl (goed vir oefening) en is daar dus ook lekker afdraendes vir adrenalien. Dit is ook baie mooi en 90%+ daarvan is op grondpad.  Die roete is 6.3km en afhangende van die tyd tot jou beskikking kon mens dus verskeie rondtes ry en ek het met myself kompeteer en die volgende rondte altyd vinniger probeer ry. En die wonderlike was dat ek die enigste fietsryer is wat dit gebruik het – dit was “my” roete!

my roete

Na ‘n paar maande het ek dan ook die behoefte gekry om ‘n moderne fiets te koop met skyfremme aangesien ek aan kompetisies wou deelneem. My nuwe Sola1 Silverback was ‘n plesier met  ‘n 29duim wiel versus die huidige 26duim, tubeless bande en alhoewel dit ‘n groter fiets is, 33% ligter as Tertia se fiets. Dit was inderdaad in vergelyking met die vorige fiets ‘n Ferrari (alhoewel in fietsterme steeds ‘n baie billik geprysde Ferrari).

Greyton

Die uwe op die sola1. Die plaas Oewerzicht naby Greyton

Dit was darem nie die eerste keer  wat ek met die “Ferrari” op “my” roete gaan ry het nie. Maar ek kon nie help om onmiddellik aan Magnum te dink toe die 2 Dobermans op my afstorm nie. As ek dit ontleed moet dít  hulle probleem wees: hulle hou nie van Ferraris nie of te wel die eienaars daarvan nie – al sal ‘n fiets die naaste wees aan wat sommige eienaars ooit aan ‘n Ferrari gaan kom.

magnum guard dogs

Die foto hieronder is ‘n vergroting van die roete hierbo. Die pad voor die bloekombos is afdraende en die 2 Dobermans het vanuit die bos op my afgestorm. Eintlik opgestorm gelukkig, ek het die voordeel van spoed gehad en die blou pyl wys waar ek om hulle gery het. Hierdie is die werklike roete soos deur die selfoon app opgeneem. Dit wys ook dat ek ‘n paar rondtes gery het. Die honde het omgedraai en agter my aangehardloop. In die bos gedeelte raak die pad opdraende en daar is ‘n draai en mens moet dus rem ten einde die draai te maak.

In die bos het die eienaars, 2 dames gestap. Die honde was nou op my en paniekerig het ‘n vrou gegil: leave him! Helaas het hulle my nie geleave nie, inteendeel hulle het gedink ek is ‘n leaf en hulle sywurms. Skielik voel ek ‘n pyn op my been en toe weet ek nou moet ek trap. Vanaf die geel pyl waar ek gebyt is, het ek versnel soos nooit tevore met die 2 honde agterna. By die pers pyl draai die pad na ‘n styl afraende. Hier het ek skerp gedraai en het die honde steeds reguit aan gehardloop. Teen die tyd dat hulle besef het ek het gedraai was ek reeds baie ver en buite bereik in daardie pad af.

byt pyle

 Met 6 bloeiende tandmerke op my been sou ek nie gou van die episode vergeet nie. Toe ek ‘n vriend hiervan vertel wat eers in die Skerpioene was en nou in die Valke, wou hy weet wat ek aan die eienaars gedoen het want hy sou hulle laat vervolg het. Ek het hom vraend aangekyk en opgemerk dat  hy dalk die eienaars se telefoon nommer en adres sal vra terwyl ‘n Doberman aan sy been hang, but I am a lessor man!

Posted in Iets van als | 30 Kommentaar

a morning monkey with muffin and milk

I reluctantly decided not use photos of a sunrise as I often get up early in the morning to  take photos inspired by that golden egg. But as I was sunny side up last Friday I went for something completely different – the monkey with 2 … but wait I’ll get to that later. An actual egg is synonymous with breakfast and we were to have freshly baked muffins and a good cup of coffee. We were staying at Lazy Leopard  Forest Retreat in the Knysna forests, Garden Route, South Africa. The amazing aroma of the coffee (can you also smell it?) justified a special view and  as we enjoyed the coffee on the deck overlooking the Knysna forests, the view certainly complied.

DSC_0185DSC_0181

DSC_0949

I prefer my coffee without milk, but certainly cannot prescribe to the inhabitants of the forest not to have milk or preclude them from only having milk…  Vervet monkeys joined us for breakfast. I enjoy 2 cups of a good coffee and it seems as if baby Vervet monkeys enjoy 2 well uh… canisters?

Many of you may not have seen my 2nd contribution to the  Narrow theme of last week as I only posted it late in the week: 2nd waterfall 2nd to none featuring a waterfall set in proteas.

For my other contributions: WordPress weekly photo challenge

Image | Posted on by | 21 Kommentaar

2nd waterfall – 2nd to none

When I started taking part in the weekly photo challenge I decided to limit myself to 2 posts a week, one being the weekly photo challenge and the other a predominant written post in my native language Afrikaans.  However I went hiking last Saturday and it turned out to be an amazing well uh narrow… day.  We hiked to 2nd waterfall – in the Jonkershoek Nature Reserve outside Stellenbosch (South Africa). To get to the waterfall you hike up a narrow gorge through the river fed by the waterfall via various rock scrambles.

Once through the gorge it opens up into a cathedral consisting of amazing rock walls an exquisite blue roof and a massive organ playing beautiful thundering rushing music. A rainbow was formed in front of our feet promising hope to all – and no it is not gold or bitcoins at the end of this narrow rainbow  but something much more precious to humans, plants and animals: life giving water. It was a 2nd to none experience which inspired me to place this post.

DSC_0129b

DSC_0085b DSCN8342 DSCN8347

The first 2 photos were taken with my Sony mobile phone and the last 2 with my Nikon camera.  The last photo was taken in a “forest” of Proteas with Second waterfall now a very thin line. This photo is especially for an expat South African staying in Ireland AJ Vosse. While Ireland is certainly beautiful this is a different beautiful.

 My other post on Narrow posted before the hike: a narrative in majestic narrowness

Image | Posted on by | Tagged , , , , | 23 Kommentaar

Ek is soms wel jaloers Johan

Wou eintlik hierdie week oor Scrappydo se Toeka Tokkel:  Byt wat ek nie gou sal vergeet nie, geskryf het (en ek gaan nog al is dit ook eendag uit die bloute).  Maar ek kom gister t0evallig op Josh Daniel se weergawe van die lied Jealousy af, wat hy op Britain’s got talent gesing het. Dit is ‘n pragtige liefdeslied wat gaan oor die een party se jaloesie oor die lewe wat die ander nou lei. Maar Josh noem dat hy die lied anders interpreteer as die betekenis wat die groep Labyrinth daaraan gee. Hy dra dit op aan sy beste vriend wat oorlede is. In Josh se woorde:  the lyrics kinda say that I’m jealous that you’re happy without me and I see it that I am jealous that he is now happy in heaven and that he moved onto a better place and I can’t be with him”. Dit word met rou emosie gesing, luister gerus die skakel is hieronder.  Dit het my aan Johan Hough laat dink .

Ons het een aand na kerk ontmoet en net ge-click. Saam het ons diep geestelike dinge beleef (hy was ‘n gebedsmaat vir uitreikingskurses wat ek gedoen het) maar ons het ook wonderlike kattekwaad aangevang. My meisie, verloofde en later vrou was ‘n verpleegsuster wat elke 2de naweek gewerk het. Feitlik elke 2de Saterdag het ek en Johan berge en grotte in die Weskaap gaan verken. Dit was voor google earth en soms met lugfotos en topografiese kaarte wat Johan bestel het. Ek sal definitief nog oor hierdie stap-ervaringe en “ontdekkingstogte” skryf.  Johan is een van die skerpste mense wat ek ooit geken met ‘n fyn humorsin. Op ‘n stadium kon ons mekaar se sinne voltooi.

Nadat ek en Susan kinders gekry het, het die gereelde interaksie helaas afgeneem, met Johan wat nooit getrou het nie en die feit dat ons getrek het. Johan se lewe het ook aangegaan. Johan en ‘n kollega het ‘n beslote korporsasie besit wat korporatiewe videos gemaak het o.a. vir die maatskappy waarvoor ek gewerk het. Hy het verfilming en redigering gedoen  wat ook sy tyd beperk het. Ons het wel nog periodiek gaan stap maar ons kontak met mekaar was beperk.

Een aand in 2010 bel vriende wat naby Johan bly om te sê dat Johan in die geesteshospitaal Stikland vir akute depressie opgeneem is.  Ek gaan kuier die aand vir hom en daar tel ons weer al die bande op. Johan was egter nie so skerp soos gewoonlik nie en ek het dit aan die medikasie toegeskryf. Een aand het Johan geweldige pyn gehad en ek het hom hospitaal toe geneem nadat die ambulans te lank geneem het. Johan is met gevorderde 3de graadse breinkanker gediagnoseer.

‘n Week na sy diagnose is Johan terug na sy ouerhuis en moes die besluit geneem word of Johan die tradisionele kanker behandeling sou ondergaan.   Die spesialis het ons ingelig dat Johan nog 6 maande kan leef maar die behandeling gaan hom nie langer laat leef nie, maar gaan wel sy lewenskwaliteit laat afneem. Drie egpare het as gelowiges, kollegas en vriende van Johan by my huis vergader om die behandeling te bespreek. Weens die breinkanker kon Johan reeds nie daardie besluit self neem, nie aanggesien hy radikaal agteruitgegaan het.

Daar het iemand genoem dat Johan se genesing van ons geloof afhang. Ek het rustig dog ferm gesê dat ek nie dink die God wat ons ken so manipulerend is om die by hartseer van die wat agter bly boonop die selfverwyt te voeg dat hulle geloof nie sterk genoeg is nie.  Ons het teen medikasie besluit en moes dit met sy ma bespreek. Die volgende dag bel tannie Anna en sê dat Johan met my wil praat en ek hoor Johan se angstige stem: “Ek wil nie meer nie meer nie Abrie, asseblief Abrie ek wil nie meer, Abrie asseblief ek wil nie meer nie…”

Picture 039

Johan nadat hy ‘n brein scan ondergaan het. 3 weke daarna is hy oorlede op ouderdom 37

Terloops soos ons almal het Johan ook sy foute en issues gehad maar in Christus (nie uit onsself nie) word ons vergewe.  Huldeblyk wat deur die dominee voorgelees is –  sy ma het versoek dat ons dit nie self doen nie weens die emosionele aard van die begrafnis.   Ek plaas dit verbatim:

Ek en my vrou was op pad na X-blok (Tygerberg se onkologie -sentrum). Ek was moeg en geïrriteerd en ons het maar hak en tak teenoor mekaar reageer. Op daardie oomblik het ek definitief nie die regte ingesteldheid gehad om Johan te gaan bemoedig of te ondersteun nie. Daar aangekom was Johan se eerste opmerking – julle moet goed wees vir mekaar. Dit het gelyk of hy dit met sy hele wese sê.  Dit het inderdaad gevoel asof Johan hierdie woorde gesê het onder leiding van die Heilige Gees en my vrou het ook later bevestig dat dit ook haar belewenis was. Die pasiënt was besig om sy besoekers te bemoedig met ‘n bemoediging waartoe ons nie in staat was nie.  Die aand en in die dae wat kom het hy by herhaling ook verskeie ander opbouende dinge gesê soos:

  • dit is lekker om na julle te kyk,
  • dit is lekker om julle te hoor lag,
  • ek is lief vir julle,
  • julle is goeie mense
  • die Here gaan goed wees vir julle.

Soos wat Johan se gesondheid agteruit gegaan het, het die intensiteit waarmee hy hierdie dinge gesê het afgeneem. Nie omdat hy dit nie meer bedoel het nie, maar bloot omdat hy nie meer die krag gehad het om dit passievol te sê nie. Ek het besef dat Johan later nie meer die vermoë gehad het om te filter wat hy wou sê nie. M.a.w. hy kon nie meer soos ek en jy voorgee om dinge te sê wat ons dalk nie bedoel nie. Dit wat op Johan se tong geleef het was eg. Johan se woorde en denke was deurdrenk met die liefde van Christus.

Inderdaad het hy deel gehad aan die grootste wonderwerk ooit,  deurdat hy aanvaar het dat Christus vir hom gesterf en opgestaan het.  Nou klim hy berge saam met Jesus en verfilm hy die Liefde. Dit is nie meer nodig vir hom om te redigeer wat hy verfilm nie – dit wat sy kameralens sien is perfek.

‘n Vriend en kollega van my (wat verlede jaar albei sy ouers in ‘n motorongeluk afgestaan het) som dit as volg op in ‘n sms: Ek neem dit in met skok. En ek het nog nie totsiens gesê nie. Ons weet egter dat hy deur die Jordaan is en op ‘n Plek wat ver bo ons begrip van heiligheid, vrede en geluk. Hy is by sy Redder.

Abrie en Susan Joubert

Posted in Geestelik, Selfondersoek | 19 Kommentaar