Ek is wesenlik getraumatiseer

To my English enabled friends: a group of bloggers all ladies, are touring South Africa in a bus (cyber tour that is) to each other’s home town and writing a post about it. While I was invited, me being bashful and introverted I declined. However it appears as if paparazzi have been following them hence this post… For my latest lens-artist post https://abriejoubert.wordpress.com/2018/09/17/beauty-in-small-sips/


Wesenlik getraumatiseer stel dit nie sterk genoeg nie. Nee, ek praat nie daarvan dat julle my met stilletto’s probeer deurboor het nie. Dit het my herinner aan die bok-in-‘n-hok van my skooldae, die dodgeball van my ‘n-student-is-nie-‘n-mens dae en die muurbal van my ek-het-steeds-verstand-en-kan-nog-beweeg dae. Ek het dit geniet en bly ek kon jul oefening gee; was maar net daar om julle te beskerm. Na die missiele wat in my rigting lanseer is, het ek besef dat die towerinne weliswaar nie baie akkuraat is nie, maar wel raserig genoeg is om enige gevaar te verjaag en ‘n biertjie gaan drink by Kassaboera Lodge waar ek gebly het. Daar was in elk geval niemand behalwe julle en al wat kaal was, was julle voete.

Nee, die trauma is danksy dit wat ek in Harties se hartelose koerant gelees het. Ek weet nie waar hierdie kleinlike koerant personeel, wat hulself definitief nie joernaliste kan noem nie (*lees asb vrywaring op die einde*), aan hul inligting en foto’s kom nie. Maar helaas foto’s jok nie! Ek verstaan egter nie, want Hia de Sint misdaadverslaggeefster van formaat het niks hieroor geskryf nie (maar helaas is sy dalk nie so objektief nie, word sy dalk gekaap deur note en nie noodwendig musieknote nie). Met die lees van die berig en met my oë wat heeltyd na die foto drentel, het ‘n onvergenoegsaamheid van my besit geneem. My towerinne! Wat het julle besiel.

Ek blameer myself, had ek maar amptelik saamgegaan sou hulle nie hierdie vrypostigheid aan die dag gelê het nie. Sou hulle nie die behoefte gehad het om tyd – hopeloos te veel tyd – saam met die man met die rok (Frangelico) te spandeer nie! My hart is in stukke geskeur. En die waters van Harties maak dit nog seerder. My towerinne het daar ingedrentel asof, asof, wel ek weet nie asof wat nie. Ek wil, kan dit nie verder probeer verklaar nie.

En toe vryf daardie derderangse koerant mannetjie nog sout in my wonde (ek het hulle gaan konfronteer oor hierdie nonsens natuurlik). “Weet jy wat noem die paparazzi daardie bussie van hulle” vertel hy my. “Die Hansie en Grietjie giggelgroen gevaarte! Soos Hansie en Grietjie laat hulle ‘n spoor agterna sodat hulle makliker gevind kan word. Maar nee, nie klippies of krummels nie. Daar loop heeltyd ‘n stroompie agter by die bus uit; dit is glo die produk van te klein blase en te veel Frangelico wat daar uitloop!”

Klik op Hester se bus vir die oorspronklike storie daaroor

Towerinne my towerinne, ek weet nie waar ek die selfbeheersing gekry het nie. Dat ek daardie knaap se nek nie stomp deuskant sy stuitjie omgedraai het nie! Had ek maar eerder, het ek dalk beter gevoel. Toe draai ek maar om en met ‘n beswaarde hart stap ek vêr weg van die Harties dam…

VRYWARING

DAAR IS NIE ENIGE GESPREKKE GEVOER MET PERSONEELLEDE VAN HIERDIE KOERANT NIE EN HIERDIE BERIG OF DIE ADVERTENSIES IS NOOIT IN HIERDIE KOERANT GEPLAAS NIE. EK DOEN DUS ‘N BEROEP OP DIE REDAKSIE SE HUMORSIN SOU HIERDIE BERIG BY JULLE UITKOM. ASSEBLIEF EK KAN NIE NOG IN DIE MOEILIKHEID BY JULLE OOK WEES NIE, EK HET GENOEG PROBLEME MET DIE TOWERINNE!

35 thoughts on “Ek is wesenlik getraumatiseer

  1. Julle gaan ons nog in die moeilikheid bring! Nie by die publiek nie, in ons huise! Ons kan nie hierdie goed lees as daar ENIGE lewende siel in die huis is nie, hul sal dink ons is die kluts behoorlik kwyt soos ons skaterlag!
    En ou Abrie, dankie dat jy ons belange só op die hart dra. 😂

    Liked by 2 people

  2. Lekkervurig-ekke is gelukkig nie op dié foto nie, tel net twaalf, en in ieder geval sou dit ‘n veel breër foto moes wees, my agterstewe het ruimte nodig. Bwhahaha.

    Ag liewe Baron Room, ek is bly ons kan nog ‘n effek op jou hê al breek ons jou hart, en skaam jy jou vir ons. Net die feit dat jy die koerantoutjie wou tik, vertel jy is eintlik lief vir en lojaal teenoor die towerinne.

    Op ‘n rerige noot: Ek sit heeltyd en giggel en Rots en die konders kyk vir my aan of ek begogeld is! Ek is mal oor die advertensies! Dankie!

    Liked by 3 people

    1. Ek het dan spesifiek jou aan gehaal oor die appel 🍏 vorm. Jy is daar! En gedra julle my selfbeheersing gaan nie altyd so goed wees met hulle wat julle slegsê nie en dan is ek in die moeilikheid!

      Like

      1. My bek is nogal toegepleister tot dusver. Sal later tot redenadies toetree, die reis is lank Baron Room van die dunnerige nerf. Jy raas by die verkeerde inskrywing…. daai appel op jou kiek is anyhoe tot die stronk, jammer dis nie ekke nie. Nie eers photoshop laat my soveel beter lyk nie. Hehe.😉

        Like

  3. Abrie, jy is absoluut briljant! Ek het my nou slap gelag! Helaas, daar is geen perdebylyf onder daardie groepie nie…miskien was ek iewers besig om ontstoke bye, wat tydens jou val by die wal, ontwrig is, te berook en te kalmeer.
    Jy het fantastiese humorsin en het nou my dag gemaak!

    Liked by 3 people

    1. Abrie, dankie dat jy so vir ons opkom, en soveel liefdevolle begrip met ons toon. Dames het nodig om soms uit te breek, hul hare los te skud, en so meer… Ek het myself op die foto gevind, gelukkig is dit van my beter hoek af geneem.

      Liked by 2 people

  4. Bwahaha, dis briljant Abrie. Ek sit nou met my skerm so twee duim van my neus af om myself op die foto te vind 😜 Jou advertensies is skitterend en ek glo (hoop) darem dat die Kormorant se mense sal saamlag. Dankie vir die goeie gees waarin jy saamspeel.

    Liked by 4 people

  5. Ooooo jy is oulik! Ek’s bly jy is okay na jou eskapades in die dam. Ek dink die energiepoeier is nie goed so saam met al die alkohol nie. Nou vetel die koerant nog van dagga ook. Ek dink daadie me Hia de Sint moet gedagvaar word vir haar verdraaide inligting, naamskending dink ek.

    Liked by 2 people

      1. Ja dit moes beslis gewees het. Ek het jou hulp gevra om by doeane op O T lughawe my poeiers te probeer kry maar Woordnoot het goeie kontak daar en sy sal eers kyk wat sy kan doen. Ons sal jou beslis as n “buitestaander” moet hou sodat jy dalk kan kom help fix as dit te wild gaan in die bus. Eks mos nie n ou vir sulke remoerige gedoentes nie. Dit maak my heel senuweeagtig.

        Liked by 2 people

  6. Skitterend!!! Dankie vir die lekker humor…. en ek is wraggies bly om te hoor jy gee nog om vir die Towerinne. Soos Hester beloer ek ook daardie foto van naby… en ongelukkig eien ek toe myself. I have no recollection of ever participating in such an event 😇

    Liked by 2 people

  7. Haai Abrie, ek weet nie hoe ek hierdie ene gemis het nie. Ek het dit nou so geniet. Jou eksemplaar vd koerant is priceless!! Dis goed om te weet daars oemand wat die Towerinne se belange op die hart dra…

    Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.