Dit was maar net ‘n Wintersverhaal

  • To access the WordPress photo challenges (which are in English) click here
  • To access my other English posts not related to WPC click here
  • The post underneath is in my home language Afrikaans

‘n Man is nie ‘n klip nie – wel ‘n man is ook nie kos nie; so by my koolkop!

Danksy die skryf uitdaging hieronder draai ek elke nou en dan my kop om seker te maak dit is nog daar. Nou waarom sal ek so iets doen, weel lees die dames se weergawes as jy nie maklik nagmerries kry nie!


Hierdie week se Lê-Jou-Eier uitdaging het as onderwerp “Fluister liefdeswoordjies in Afrikaans”. Die gedagte vir hierdie onderwerp het ontstaan na aanleiding daarvan dat sommige bloggers van die opinie was dat Afrikaans ‘n wonderlike spreek- en skryftaal is, maar dat dit nie ‘n taal is waarin ‘n mens kan vry nie.

Die opdrag is om hierdie gesprek tussen Mens en Hot Lady (die bidsprinkaan) as uitgangspunt te neem en die storie hieronder klaar te skryf. [Hou in gedagte dat ‘n bidsprinkaanwyfie gewoonlik die mannetjie ten tye van die seksdaad doodbyt en opvreet. Die rede vir die seksuele kannibalisme is blykbaar dat beide die sperm en die liggaam van die mannetjie gebruik word om meer eiers te produseer, asook om die wyfie en haar nageslag te voed. Lees meer: Why Female Praying Mantises Devour Their Partners During Sex].

Mens (selfvoldaan): “Hot Lady, jy het ‘n lekker soettand, nè? Dis ook die enigste rede waarom jy hier by my kom kuier, net agter die jêm aan.”

Hot Lady: “Ja, so ‘n ou jêmpie is lekker, maar dit gee my ook krag vir wat voorlê.”

Mens (bekommerd): “Watter swarigheid voorsien jy dan nou in jou toekoms?”

Hot Lady: “Maar jy weet mos dis hierdie tyd van die jaar wat ek ‘n mannetjie moet aankeer om my eiers te bevrug! Vanaand is die aand wat ek moet sterk wees en al my oorredingskrag moet inspan om ‘n mannetjie te laat sterf tot voordeel van ons nageslag.”

Mens (ongelowig): “Nou hoe op aarde ‘oorreed’ jy ‘n man om te sterf vir ‘n nageslag wat hy nooit eens gaan ken nie?”

Hot Lady: “Maklik. Jy hou hom teer vas en net voordat jy sy koppie begin afkou, fluister jy soetjies in sy oor: Liefling, … “


Sticks is ‘n lektor by die universiteit en hy het voorgestel dat ek hom vanaand by sy kantoor op kampus gaan haal dan kan ons ietsie gaan eet (nogal) en kyk wat die aand oplewer (skimp skimp van sy kant af klink dit vir my…). Ek is bietjie laat (te lank met Mens gesels) en hy kom reeds oor die blad in die rigting van die parkeerterrein gestap. Die studente mier in die rigting van die Joolplaas waar daar  vanaand ‘n dans of iets gehou word.  Testosteroon en estrogeen hang soos ‘n wolk om hulle. Sticks het ‘n ondeunde uitdrukking op sy gesig en dit gee my ‘n idee hoe ek vinniger gehoor kan gee aan my taakgerigte ingesteldheid!

“Liefling, hoe lyk dit met ‘n voorgereg in jou kantoor” hy verstar ‘n oomblik maar dan begin ‘n lied te speel vanaf die Joolplaas. Hy neem een van my hande in syne en vou 3 ander lieftallig, beskermend om my middel en ons begin dans en ek weerkaats in sy  diep blink kykers .  Aanvanklik het ons tussen die ornamentele struike en bome deur gegly maar later het ek ten spyte van myself gevoel of ek sweef en dat dit nie moet ophou nie. Na die lied verby is het die studente wat oppad was na die joolplaas spontaan vir ons hande geklap en die meisies het aan hulle ouens gestamp met wetenswaardige uitdrukkings op hulle gesigte. Oud maar nog nie koud het hulle seker gesê.

My dansmaat kyk met sy liefderyke groen oë diep in myne en sê hy wat orals heen reis: “Dalk is daar ‘n mooier plek in hierdie wêreld as hierdie kolletjie waar ek nou by jou staan, maar ek kan nie dink waar dit kan wees nie” en met ‘n huppel in sy stap begin hy my in die rigting van die trappe van sy kantoor stuur. Ek is bedwelm deur sy oë, sy woorde maar veral sy gesindheid. Ek dink ook aan die woorde van die lied waarop ons gedans het en besef dat ons 2 nie net ‘n Winter’s tale hoef te wees nie. In die wete dat dit my behoefte is, nie syne nie rem ek terug: “hou my net vas op hierdie mooiste van alle plekke en daarna stap ons na die see, gesels die hele aand deur en eet roomys in die gloed van ‘n vuur”.

The nights are colder now
maybe I should close the door
and anyway the snow has covered all your footsteps
and I can follow you no more
the fire still burns at night
my memories are warm and clear
but everybody knows it’s hard to be alone at this time of year

It was only a winter’s tale
just another winter’s tale
and why should the world take notice
of one more love that’s failed
a love that could never be
though it meant a lot to you and me
on a world wide scale we’re just another winter’s tale


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

24 thoughts on “Dit was maar net ‘n Wintersverhaal

  1. Romanties. Hierdie pa van twee jong dogters weet wat om neer te pen. Sy voorbeeld tel nog. Sticks gaan nou wel nie so ñ groot nageslag hê nie, maar hy sal hulle darem kan naampies gee…☺ Ek is mal oor jou prentjie!

    Liked by 1 person

  2. Staande applous vir jou Abrie!!! Dit is soos ‘n roman moet verloop; ‘n gelukkige einde.
    Ek begin nou kopkrap!! Jy is nie ‘n fotograaf nie, maar neem die pragtigste fotos. Jy kannie stories uitdink nie, maar skryf die romantiese storie dat ‘n mens die twee kan sien dans. Het jy nog verrassings in jou hoed?

    Like

    1. Hello Kameel ons het lanklaas gesels en siende dat ek nou sien ek jou nooit hierop geantwoord het nie… Dankie ek het vanaand nodig om te lees dat ek en moontlik nog meer kan. Groete Abrie (daar was ‘n paar besoek aan hierdie blog wat ek laas gelees het toe ek dit geskryf het en toe gaan lees ek die storie en die kommentare weer).

      Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.