‘n Ferrari kan tot jou nadeel wees Magnum

Hierdie blog-inskrywing is inspireer deur Ineke se Toeka Tokkel oor ‘n  byt gaan wat jy nie gou sal vergeet nie.

 **********

“R800.00” sê Henk effens onseker. Dit lyk asof hy wonder of hy homself indoen en of hy te veel vra en dus die koper gaan verloor.  Ek antwoord nie onmiddellik nie en hy volg sy stelling op met: “en dan gooi ek nog hierdie buiteband ook in”. Ek dink so by myself dat dit ‘n teken is dat hy dink hy vra te veel.  My dogter se fiets het te klein geword en ek snuffel die afgelope week of so rond vir ‘n nuwe fiets vir haar – dit was in 2013, pas nadat die internis gesê het ek mag weer oefen. Ek weet wat dit op Gumtree kos en dink weer Henk doen homself in (die fiets werk 100% – niks hoef vervang te word nie). Die prys is bepaald billik vir ‘n Silverback bergfiets met skok-absorbeerders en al is dit ‘n tweedehandse fiets.

Hierdie is Henk se vrou Tertia se fiets (dieselfde Tertia wat in ‘n man verander het; as jy dit nog nie gelees het nie, gaan lees dit gerus hier – as jy nie lag nie kry jy jou geld terug…).

Ek gaan ry ‘n entjie in die straat op en dit voel nogal lekker – heelwat anders as my blou Raleigh 10-spoed resiesfiets wat ek laas in matriek gery het en iewers langs die pad weggegee het. ‘n Done deal, my dogter het ‘n fiets.  Die volgende week ry ek nog ‘n paar keer daarop, maar toe Irisna so onbillik optree om op haar fiets te wil ry toe ek daarop wou ry, besef ek ek sal ook een moet kry! ‘n Week daarna koop ek ‘n soortgelyke tweedehandse Silverback by ‘n fietswinkel vir meer as dubbel die prys…

DSC_0928

Die 2 fietse onder bespreking en nee dit is nie die uwe op die fiets nie –   sien ook vorige inskrywing (a morning monkey with muffin and milk)

En daar byt die fietsrygogga my (en my beursie). Behalwe nou vir esseniële items (en die woord essensieel is in elk geval nie presies definieerbaar nie) soos fiersrybroeke en hemde, ‘n helm, handskoene, skoene (die voetsoort), waterbottels, sonbril, basiese gereedskap (tools), en  ‘n rooi en wit LED lig (alhoewel hierdie ligte gewoonlik flouer is as die helder kleure van die hemde…), is daar ‘n groot hoeveelheid gadgets beskikbaar. Kom ek wees maar nou eerlik, mans hou van gadgets en gadgets slurp geld op.

Finansiële dissipline is dus belangrik vir enige fietsryer en die realiteit is dat groepsdruk nie op hoërskool eindig nie. ‘n Fietsryer moet weet hoekom hy fietsry en hopelik is dit nie om te kompeteer met die testosteroongevulde beursies van sommige ander manlike fietsryers nie.  Asof die koste van jou tools jou meer manlik maak…!  Maar dit is dan ook so dat ‘n fietsryer eendag die versugting uitgespreek dat indien hy sou sterf hoop hy nie sy vrou verkoop sy fiets en toerusting vir die prys wat hy vir haar gesê het hy daarvoor betaal het nie…

Met fietsry het ‘n nuwe wêreld vir my oopgegaan.  Ek het aanvanklik van ‘n roete gebruik gemaak naby ‘n fietswinkel maar die sirkelroete was maar 1.5km lank en dit het later vervelig geraak al sirkelend. Dit was buitendien ‘n baie tegniese roete wat eintlik nie die ideaal was vir ‘n nuwe bergfietsryer nie, aangesien die roete ontwerp was met die aanname dat jou fiets skyfremme het en myne net die remblokkies van rubber wat julle almal as kinders sou geken het. Ek het alleen gery maar aangesien die byt erg was wou ek so gereeld as moontlik ry.

Ek ondersoek toe ‘n area minder as ‘n km vanaf my werk.  Die foto hieronder wys hoe Google se My tracks app die roete opneem. Alhoewel mens dit nie kan sien nie is dit baie styl (goed vir oefening) en is daar dus ook lekker afdraendes vir adrenalien. Dit is ook baie mooi en 90%+ daarvan is op grondpad.  Die roete is 6.3km en afhangende van die tyd tot jou beskikking kon mens dus verskeie rondtes ry en ek het met myself kompeteer en die volgende rondte altyd vinniger probeer ry. En die wonderlike was dat ek die enigste fietsryer is wat dit gebruik het – dit was “my” roete!

my roete

Na ‘n paar maande het ek dan ook die behoefte gekry om ‘n moderne fiets te koop met skyfremme aangesien ek aan kompetisies wou deelneem. My nuwe Sola1 Silverback was ‘n plesier met  ‘n 29duim wiel versus die huidige 26duim, tubeless bande en alhoewel dit ‘n groter fiets is, 33% ligter as Tertia se fiets. Dit was inderdaad in vergelyking met die vorige fiets ‘n Ferrari (alhoewel in fietsterme steeds ‘n baie billik geprysde Ferrari).

Greyton

Die uwe op die sola1. Die plaas Oewerzicht naby Greyton

Dit was darem nie die eerste keer  wat ek met die “Ferrari” op “my” roete gaan ry het nie. Maar ek kon nie help om onmiddellik aan Magnum te dink toe die 2 Dobermans op my afstorm nie. As ek dit ontleed moet dít  hulle probleem wees: hulle hou nie van Ferraris nie of te wel die eienaars daarvan nie – al sal ‘n fiets die naaste wees aan wat sommige eienaars ooit aan ‘n Ferrari gaan kom.

magnum guard dogs

Die foto hieronder is ‘n vergroting van die roete hierbo. Die pad voor die bloekombos is afdraende en die 2 Dobermans het vanuit die bos op my afgestorm. Eintlik opgestorm gelukkig, ek het die voordeel van spoed gehad en die blou pyl wys waar ek om hulle gery het. Hierdie is die werklike roete soos deur die selfoon app opgeneem. Dit wys ook dat ek ‘n paar rondtes gery het. Die honde het omgedraai en agter my aangehardloop. In die bos gedeelte raak die pad opdraende en daar is ‘n draai en mens moet dus rem ten einde die draai te maak.

In die bos het die eienaars, 2 dames gestap. Die honde was nou op my en paniekerig het ‘n vrou gegil: leave him! Helaas het hulle my nie geleave nie, inteendeel hulle het gedink ek is ‘n leaf en hulle sywurms. Skielik voel ek ‘n pyn op my been en toe weet ek nou moet ek trap. Vanaf die geel pyl waar ek gebyt is, het ek versnel soos nooit tevore met die 2 honde agterna. By die pers pyl draai die pad na ‘n styl afraende. Hier het ek skerp gedraai en het die honde steeds reguit aan gehardloop. Teen die tyd dat hulle besef het ek het gedraai was ek reeds baie ver en buite bereik in daardie pad af.

byt pyle

 Met 6 bloeiende tandmerke op my been sou ek nie gou van die episode vergeet nie. Toe ek ‘n vriend hiervan vertel wat eers in die Skerpioene was en nou in die Valke, wou hy weet wat ek aan die eienaars gedoen het want hy sou hulle laat vervolg het. Ek het hom vraend aangekyk en opgemerk dat  hy dalk die eienaars se telefoon nommer en adres sal vra terwyl ‘n Doberman aan sy been hang, but I am a lessor man!

30 thoughts on “‘n Ferrari kan tot jou nadeel wees Magnum

    1. Ons maatskappy het op stadium golf geborg maar borg nou MTB (bergfiets). Die realiteit is dat dit baie gewild raak maar mens moet regtig jouself afvra hoekom jy die doen. Maar dit is exhilarating om Engelse woord te gebruik. Sal nog in toekoms skryf daaroor maar ja MTB byt harder as Dobermans. Gelukkig in Kaap is verskeie veilige plekke. Gebruik nie meer “my” roete nie.

      Liked by 1 person

  1. Ek weet werklik nie watter byt die ergste hier is nie…… as die fietsgogga jou gebyt het is dit verby. Ek het mos deur hierdie laaste paar jaar gesien wat dit aan skoonseun, en sy bankrekening gedoen het. En nou ry sy seun ook fiets…. so goed dat hy sy pa wat al jare ry stof laat byt. As ouma is ek natuurlik vreeslik trots en droom al van die dag wanneer ek hom op die Tour de France sien ry. Sterkte met die vreeslike byt Abrie!!!! Is jou been ok?

    Liked by 1 person

    1. Ja wat dit was 3 jaar terug. Die hond het my gaan byt op presies dieselfde plek as wat ek my kuitspier die jaar voor dit geskeur het tydens muurbal (wat toe reeds darem gesond was). Nou ja elke sport het sy beserings en ek gaan weer skryf oor bergfiets se beserings!

      Liked by 1 person

  2. Dis nou n lekker byt storie. Beide byte maak nogal seer, die een ligaamlik en die ander figuurlik. Sulke honde wat mens jaag is nie baie plesierig nie. Het self ook n fietsry honde-byt ervaring gehad toe ek nog baie jonk was. Hond het my been gebyt terwyl ek verby gery het. Het my voete op stuur gesit en die afdraende afgevlieg. Hond se eienaar moes my aan einde van straat gaan help het want ek wou nie terugry nie. Lekker diep tandbyt in my been gehad wat steeds n litteken wys. Dankie vir deelneem aan Toeka-Tokkel.

    Liked by 1 person

    1. Klink of jy ‘n blog inskrywing oor daardie byt ook kan doen Ineke! Het dit geniet om te vertel van die byt wat steeds byt – die fietsry maar ook oor die hond wat veel erger kon gewees het, vir ons albei veronderstel ek. Gaan in die toekoms soos met die grotte nog stories skryf oor die bergfietsry.

      Like

    1. Wel ek dink my vriend het soos jy hieroor gevoel. Ek het vir hom ingelig dat ek oor hom “skinder”. Na hy dit gelees het is sy reaksie dat ek verkeerd onthou. Hy sê ek wou hulle nie vervolg nie want ek was bang die honde gaan siek word en dan word ek vervolg! Met vriende soos hy… 🙂

      Like

  3. What is this language of yours? It’s like a mix of english and german and maybe something more. Flamish or dutch? I come to think of flamish since as far as I know, in Belgium people mostly speak french and your name seems french. Or is the origin Faroe Islands? I think I even can detect some kinship with my language, swedish. Or islandic
    The science and history of languages are very interesting, yes intriguing, and I got really curious.

    Liked by 1 person

    1. Wow Ninna you make quite a few correct deductions (better than Sherlock Holmes 😉 ). But let me enlighten you further. Yes I have a French surname as my forefathers were French Huguenots who cane to South Africa because they were prosecuted due to their faith. The Dutch were governing the Cape but with the Dutch also came a lot Germans and yes people from the Scandinavian countries as well. In structure and grammar it is a Germanic language. The vocabulary of the language was also influenced by the local people who live in the Cape at that time namely the Khoi as well as Asian influences due to slaves brought to South Africa. It is indeed a rich mixture but the primary influence regarding the vocabulary was Dutch. The English also governed the Cape thus there is some English influence as well. In 1925 the Afrikaans language while widely spoken became accepted in law officially.

      Like

      1. OH! So you mean by this, that you live in South Africa and the language is Afrikaans!!! WOW! Had absolutely no idea!
        I know a little about the history, about the Boer wars and so on, but for sure, that puny amount of knowledge is nothing I can brag about. Perhaps I should update myself!

        Liked by 1 person

        1. Well I have to admit you know more about South Africa, than I know about Sweden. Rumour has it that there is a lot more to your country than ABBA and Volvo. Based on your remarks intelligence for one

          Like

          1. HAHA! I thank you so much for that compliment! Yeah! I am pretty knowledgeable!
            Not everyone is though – like in the rest of the world we have all kinds. But our schools have been really good for a long time
            And there IS a lot more here then ABBA and Volvo! Though I think ABBA doesn’t exist as a group any longer. But there is a brand, ABBA. Fish-products mostly. Tuna and such.
            Anything goes… 😉

            Liked by 1 person

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.