Die perfekte misdaad

  • To access the WordPress photo challenges (which are in English) click here
  • To access my other English posts not related to the photo challenges click here
  • The post underneath is in my home language Afrikaans and is the first part of serial (The perfect crime) to which the Afrikaans bloggers are contributing to.

Die perfekte misdaad – mens kan aflei dat Hester ‘n positiewe mens is, haar glas is halfvol (met al die reën daar by haar is dit heeltemal vol), maar met respek Hester ek weet nie of hierdie misdaad perfek gaan wees nie. Solank ons net nie die daad heeltmal mis nie! Aangesien meesterskelms al ‘n aanduiding gegee het wat hulle wil aanvang moet ek eers hierdie disclaimer gee (wat is dit nou weer in Afrikaans, o ja vrywaring, wat my laat wonder of ons nog vry gaan wees na dese?). Natuurlik gaan ons, dit is mos Die perfekte misdaad. Ek wyk af; die vrywaring:

Ek voel die koue metaal van die rewolwer wat so gemaklik in my hand lê en wonder of ek dit nie alles vir myself moet hou nie, maar dan besef ek wie ek is, ‘n man met waardes – ‘n altruistiese skelm, ‘n blogger; nie ‘n bogger nie. My taak is bloot om die skoot te laat klap met die wegspring. Of die skelm skrywer-atlete daarna die pistool op mekaar rig is nie binne my beheer nie… Maar wees gewaarsku  Hester het riglyne gegee en ‘n kanon lê gemaklik in haar handpalm. 

Ek vra sommer nou al verskoning oor die oortreding van 500 woorde – moes dit binne die geskiedkundige raamwerk skets.


EENDRAGT MAAKT MAGT

Die 1902 Kruger veldpond en die 1892 weergawe van die gemunte Krugerpond

Ek hoop ek het nou julle aandag. Vir agtergrond haal ek aan uit ‘n artikel:

“Krugerponde was Suid-Afrika se eerste inheemse, kommersiële geldeenheid. Gemunte ponde, naakte ponde, ongemunte goud en muntplaatjies is inderhaas voor die val van Pretoria op 5 Junie 1900 uit die SA Munt en Nasionale Bank gehaal, op treintrokke gelaai en in die rigting van die Laeveld gestuur met Paul Kruger se trein, bekend as die regering-op-wiele.

Gustav Preller, wat in 1900 ’n klerk in die Departement van Myne was, vertel het hoe hy opdrag ontvang het om wavragte goud uit die ou Munt in Pretoria te verwyder. Hy het in die middernagtelike ure ‘n wa tussen die Nasionale Bank-gebou, die Paleis van Justisie en die Munt getrek en vragte goud gelaai terwyl genl Jan Smuts toesig gehou het.  Hy moes die goud na die ouditeur-generaal by Pretoria-stasie neem waar dit op die presidensiële trein gelaai is. Die trein het Pretoria vroegoggend verlaat en Machadodorp in die namiddag bereik”

Einde van aanhaling.  Vir meer inligting oor die Krugermiljoene kan julle verder lees by hierdie blog  waaruit ek aangehaal het.

Die goud is op ‘n stadium weggesteek om dit uit die Britte se hande te hou. Aangesien die Krugermiljoene nog nie gevind is nie wil academici deesdae beweer dat die goud opgebruik is om te betaal vir die oorlog. Maar dit is omdat daar heeltyd op die verkeerde plek gesoek is. Genl PJ (Piet) Joubert, ‘n raadgewer van President Kruger, was die broer van my oupagrootjie JP Joubert. Sien hier die sertifikaat wat my oupagrootjie ontvang het ter nagedagtenis aan die oorlog en lees in Thermopylae meer daaroor.

Aangesien ek die eer aangedoen is om hierdie verhaal af te skop deel ek nou met julle (en net met julle) dat die besluit na die vredesluiting (met Paul Kruger land uit) onder die leierskap van Genl Piet Joubert geneem is, om dde goud op te grawe en uit die Laeveld te verwyder, juis om fortuinsoekers te fnuik. Dit is vervoer na sy broer (my oupagrootjie) se plaas (die plaas Toweropstal sien Scene of the crime) en daar weggesteek met die doel om later weer ‘n rebellie teen die Britse regering te befonds. Die geleentheid het hom nooit voorgedoen nie.

My Oupagrootjie het ongelukkig agteruit geboer toe hy alzeimers gekry het en die plaas is oorgekoop deur ‘n Engelse lord (wat nie van die versteekte goud geweet het nie). Teen daardie tyd was sy broer Genl. Joubert reeds oorlede. Almal wat daarvan geweet het is mettertyd oorlede maar op sy sterfbed het my Oupagrootjie ‘n helder oomblik gehad en dit aan my oupa oorvertel. Let nou mooi op wat hy o.a. vertel het:

“Vandag is daar nog net ‘n murasie van Toweropstal oor, maar die dik sterk skoorsteen staan nog. Wavragte goud is in ‘n kelder onder dié skoorsteen versteek.   ‘n Skag 30 voet diep lei na die kelder. Die ingang bo by die skoorsteen is geseël met ‘n sementblad dikker as ‘n voet en onder dit is ‘n metaaldeksel oor die skag geplaas wat destyds met kettings gesluit is. Daar is ‘n groot moontlikheid dat die kelder onder water is”.

Einde van aanhaling

Aangesien ek daar was kon ek sien dat ‘n swetterjoel perdebye in die skoorsteen nes gemaak het en dat daar ‘n byekorf heel bo in die skoorsteen is (wat my weens my dodelike allergie vir die insekte laat wegdeins het). Toweropstal moet jy uit die regte hoek beloer anders verneuk hy jou. Toegang (na die murasie) is redelik maklik. Dit is sowat 250m wes van die teerpad tussen Heroldsbaai en George Lughawe geleë en sowat 2km vanaf die lughawe (en dus net ‘n paar kilometer vanaf George). Boonop is dit slegs omtrent 500m vanaf die naaste stasie Skimmelkrans. Hierdie muntstukke is baie meer werd as die goud waarop hulle gemunt is. Daar kan dus ‘n besluit geneem word of al die goud die teiken is of van die munstukke selektief die teiken is.  In totaal praat ons van ‘n paar ton se goud.

Benodighede

  1. Industriële hoekslyper (angle grinder) met skywe (discs) vir sement en yster  – om die sement, kettings en metaaldeksel te verwyder.
  2. Industriële drukboor (pressure driller) vir opbreek van sementblad
  3. ‘n Kragopwekker vir 1 & 2
  4. Toue en katrolle om in die skag af te gaan en om die goud in kratte na oppervlak te bring
  5.  Sterk waterdigte flitse
  6. Rookmasjien soos wat byeboere gebruik (of Una op haar dans parties) vir verwildering van Perdebytjie se vriende.
  7. Handskoene vir almal (behalwe die geslepe skelms sonder vingerafdrukke soos Toortsie)
  8. Duikgereedskap ingeval kelder vol water is.
  9. Vragmotor vir die vervoer van goud
  10. Alternatiewe wegsteek/verspreidingspunt.
  11. Uit die aard van die saak gaan niks verkeerd loop nie maar miskien het ons ‘n regspan nodig van die kaliber in Scene of the crime…

Ons sal ‘n iemand (verkieslik meer as een skelm) benodig met duikondervinding in geval die kelder vol water is. Maar eers moet ons daar kom. Ons het skelms met spiere en ondervinding nodig om 1 tot 4 uit te voer. Die toerusting sal alles op George gehuur kan word (verkieslik by verskillende plekke). Ons het mense nodig wat kan orgainseer, nerves of steel, wat kan improviseer sou iets verkeerd loop met die plan (wat nog nie bestaan nie). Ek twyfel nie vir een oomblik dat ons nie genoeg vaardighede en kreatiewe skelm breinkrag tussen ons het nie nie.

Na ek diep nagedink het ek besluit om die een wat my nomineer het, eerste te nomineer. Hester jou glas is vol, doen vir ons ‘n belanning van hoe dinge moet verloop asb.

Hieronder is Gé kortsen met ‘n snit uit die film Krugermiljoene wat in my geboortejaar 1967 uitgereik is. Goeie oesjaar… luister daarna indien inspirasie benodig word.


Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=763896

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

44 thoughts on “Die perfekte misdaad

  1. Abrie, hierdie ‘platform’ waarop ONS nou, en vir die volgende tydperk, op gaan kommunikeer…dis ń heeltemal “secure line”? Ek neem aan Hester het beheer daarvan oorgeneem met al haar I.T. talente?

    Liked by 1 person

    1. Dit is hole m ons ‘n regsspan ook nodig het, vir ingeval dit nie ‘n secure line is nie. Ek is net bang die “professiionele” Krugermiljoen soekers lees hier en gaan haal die goud daar uit voordat ons kan.

      Like

      1. Ek wil soos Anne Hecke van die reeks Brave wees! Gaan vir my ń blonde pruik aanskaf en haar houding in die spieël oefen… Ek weet sy veg aan die regte kant, maar ń vrou mag maar droom. My kleinseuns het ‘gunne’, baie. En swaarde. Ek dink ek wil deel van ons sekuriteitsspan wees, so ń blonde ouma met ń groot geweer…😎😎😎

        Liked by 1 person

        1. Jou glas is vol Una jou glas is vol. Wat vsn blonde ouma met duikpak en as jy fne kan duik nie dan ‘n fnuikpak. Ek het nou wel die eerste “hoofstuk” msar ons hoef nie ondself te wees nie of ons kam vir onsself talente bylieg – dit is mos ‘n storie!

          Like

  2. Wow! Dis nou ‘n … wow! wegspring. Toortsie is klaar sonder woorde geskrik. Krugerponde nogal. Ja, Abrie, jy’s reg, ons sal vir onsself heelwat talente moet bylieg. Hoekom het ek geweet ek gaan eerste aan die beurt wees om hierdie tameletjie te roer?

    Liked by 2 people

  3. Ek lag kliphard hier vir al julle sêgoed….. en uitroepteken 😀😀😀😀😀 Welgedaan Abrie, ek gaan heerlik lees. Met my dronkkop en rigtingbeduiwelgeit kan julle my onmoontlik vertrou om deel te wees van die komplot.
    Ek het in spanning gewag hiervoor!!!

    Liked by 1 person

    1. Kameel in hierdie storie het jy nie ‘n dronkkop nie (behalwe miskien a.g.v. te veel sjampanje na die perfekte misdaar voltooi is) en is natuurlike en magnetiese Noord in jou berin ingebou. Waar ons tekorte het lieg ons dit weg. Dit is mos ‘n storie.

      Liked by 1 person

  4. Ek lief dat planne bymekaarkom, ek het nogal gewonner of julle ook lees hoe meesterbrein Abrie die waenhuisdeur vir planne wyd ooplaat. Una ek het jou ook innie duikpak gesien, net nie die blonde pruik nie….hehe.

    Like

  5. Oeg agter-os kom ook in die kraal. Waar kan ek help? Wat kan ek doen? Ek wil duik, powertools bedryf, planne maak, misdade pleeg en sommer die regsspan ook wees.
    Hierdie klink vir my asof ons dan ook sommer almal saam kan weggaan na daai eiland toe van lank terug se challenge

    Liked by 1 person

    1. En daar het jy ‘n potensiele wegkruipplek vir ons. Dit klink vir my met meesterskelms aan boord soos jy gaan dinge vinnig gebeur. Dinge nou in Hester se hand emaar sy lees in elk geval al die kommentare

      Liked by 1 person

  6. Ek het die laaste paar dae oor die misdadigheid in wording van Blogland nagedink. Wat as Abrie, synde nasaat van die oorspronlike eienaar, ‘n grondeis instel en vreeslik daaroor tekere gaan – ons kan mos met ons duikpakke en powertools toi-toi ook. Dis mos hoe die huidiige politieks ons aandag van die werklike gebeure aftrek. Ons volg mos net die voorbeeld wat ons gestel word. Terwyl Abrie die grond eis- kom Una en koop die huidige eienaar om sodat die opstal in ‘n Bali winkel omskep word. Onder die dekmantel van restourasie kan ons misdaad dan uitgevoer word, want wie op dees aarde wil die Krugermiljoene vir die regering van die dag sal wil gee? As ons klaar geroof het, laat ons die winkel onklaar staan, dis mos hoe dit gedoen word…en dan tree Wegkruipertjie se eilandplan in werking….;)

    Liked by 1 person

  7. My CV: Ek wou nog altyd in ‘n vreeslike jagery betrokke wees met ‘n fênsie kar! En ek kan sweis, (regtig egtig) so power tools is ook OK. Ek hou net nie baie van duik nie. Maar ek is ‘n gladdebek. En goed met vermomming en kostuums …

    Liked by 1 person

  8. Nou werk my brein oortyd. Ek het eers Kameel se stuk gelees en moes nou net eers die horlosie bietjie terugdraai en uitvind hoe die drame ontvou. Ek “like” die opset van die Kruger rande. Is mos getroud gewees met n Kruger wat op sy dag nogal gesoek het na die Kruger Rande. Hier is nou n geleentheid vir my om die familie se naam skoon te kry of dan om dalkies n paar munte uit die saak te maak. Gaan nou eers gou Hester s’n ook lees voordat ek my deel kan gaan oopkrap daar.

    Like

  9. Ek probeer ook nou uitvind hoe ek betrokke geraak het, maar sien ek was nog nie deel van die beplanning vir die skelmstreke nie.
    Al is dit ‘n ou blog, het ek nou weer heerlik gelees, dankie Abrie.
    Ek gaan nou verder soek na waar ek betrokke geraak het.

    Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.