Welkom in die Kangogrotte

“Ons is op die oomblik in die Van Zyl-saal. Die dak hierbo is sowat 20 meter dik. Dit beteken egter nie dat die dak nie inmekaar sal stort nie – dit beteken bloot dat julle redelik plat gaan wees indien dit wel inmekaar stort…”

Ek was seker nie die mees gerustellende gids wat daar al was nie, maar het hopelik ‘n glimlag by grot-ervaring gevoeg. Daar was natuurlik die standaard stories wat ons voorgangers ons geleer het, maar daar is ook die opmerkings wat ontwikkel is, soos wat ‘n gids vertroud raak met die grotte.

Die Troonkamer The Throne room Cango caves

Die pragtige Troonkamer wat deel is van die tweede saal in die grotte vernoem na Genl. Louis Botha. Die donker gedeelte aan linkerkant is die gang vanaf die Van Zyl-saal (foto-internet)

As deel van die ervaring het ons altyd die ligte vir ‘n paar sekondes afgesit in die Van Zyl saal om vir mense te wys hoe donker dit was toe boer van Zyl met sy kers daar ingekom het. Soms terwyl die ligte af was sou ons vir die mense sê: “please put up your right hand”, en dan die ligte aanskakel. “See many hands make light work” – onthou dit as Eskom weer ons ligte sou verdoof.

Sommige gidse het altyd by die script gebly, glad nie geïmproviseer en alles direk vertaal; eers in Engels en dan in Afrikaans. Dit het veroorsaak dat een van die gidse ‘n ongemaklikheid beleef het toe hy meganies herhaal het en in die 2de saal onnadenkend verklaar het: you are now in the Botha hall – u is nou in Botha se hol…!

Maar laat ek nou nie maak asof ek die perfekte gids was, sonder enige probleme met o.a. die taal saam nie. Die eerste keer toe ek in Engels wou verwys na die formasie agter die groep,  blaker ek uit: “and towards your backside…”.

My vrou in die Tunnel of love – so called because it squeezes you all over. Vorentoe raak die tonnel so nou dat mens sy-waarts moet draai

Ons het altyd bevestig as iemand ongemaklik voel hulle ter enige tyd die wit ligte terug na die ingang van die grotte kan volg. Op een van die toere kry ek ‘n groep “army ouens” van Infanterie skool en in my gesprekke met hulle kom ek agter dat hulle pas offisiere geword het – een ster luitenante. Die realiteit is jy suffer om daar uit te kom maar wanneer jy daar uitkom, dink so ‘n army ou dat hy ‘n generaal is en dat die son uit sy uh… saal skyn.

In wat ons King Solomon’s mine genoem het  is daar ‘n formasie wat lyk soos 2 volstruise teen die dak. Dit is gewoonlik nie deel van die toer nie, maar vandag pas ek die toer aan ter ere van my gaste. Ek noem aan die luitenant-generale, dat hier eenmaal 2 volstruise vanaf Infanterieskool op ‘n toer gekom het, maar na ‘n ruk kry hulle skielik engtevrees en wil met alle mag en geweld uit die grot uitkom. “Tot ons verbasing begin hulle te vlieg en daar bo in my flitslig kan julle steeds sien hoe hulle hier probeer uitkom. Hulle was van Infanterieskool, want as hulle nie van Infanterieskool was nie, sou hulle intelligent genoeg gewees het om die wit ligte terug na die ingang van die grotte te volg…”.

My kennis oor die grotte het natuurlik toegeneem soos wat ek langer daar gewerk het.  Ek het die mense beïndruk met my kennis oor die presiese ouderdom van die formasies in die grotte. “Die gevriesde waterval hier bo u is een miljoen en 2 jaar oud. Ek werk nou 2 jaar by die grotte en toe ek hier begin werk het het hulle vir my gesê dit is een miljoen jaar oud”.

Wat die formasies aanbetref kry ‘n mens stalagmiete wat vorm wanneer water tot op die vloer drup en dit groei dus boontoe.  Cleopatra se naald in die van Zyl-saal is die beste voorbeeld hiervan. Stalagtiete daarteenoor vorm van bo af en enige gids moet die verskil ken en die maklikste is om te onthou is dat die laaste 2 lettergrepe van stalagtiete hang! Maar daar is hoop vir die wat hang, want helektiete groei in enige rigting selfs opwaarts.  In Kango 3 is die pragtigste aktiewe helektiete (maar daardie blog kom later).

Van Zyl hall Cango Caves

Hierdie wys die skaal van die Van Zyl saal. Die regop formasie in die middel is Cleopatra se naald, met die Orrelpype aan die linkerkant (foto-internet)

By die Lumbago Alley (rumatiektonnel) het ek die mense gewaarsku oor die gevare wat voorlê: “Please be very careful, do not bump your heads, being a national monument, we do not want you to damage the cave…”. Die Rumatiektonnel is sowat 50 meter lank en mens moet heeltyd gebukkend daardeur beweeg. Aan die einde daarvan word dit geleidelik hoër. Vir een of ander rede besluit ek op die einde daarvan om te spring  en my kop tref ‘n stalagtiet met 7 steke die gevolg . Die toeriste was nogal geskok toe hulle om die draai kom en sien hulle gids bloei dood;  tissues is in oormaat aangebied.

My oudste dogter Irisna in 2009,  9 jaar oud op die einde van die rumatiektonnel op die plek waar ek die dwaasheid wat hierbo beskryf is aangevang het.

Ek mis nogal my tyd in die Kangogrotte – interkasie met mense van regoor die wêreld,  in die wete dat hulle dit geniet. Wanneer jy binne in ‘n berg soos hierdie is raak jy egter soms afgestomp teenoor die skoonheid om jou, soortgelyk aan mense wat langs die see, teen ‘n berg of in ‘n natuur-reservaat woon. Maar nog tragieser, dit kan gebeur dat jy nie die skoonheid in mense om jou of jouself raaksien nie. Anders as ek, raak die Here nie afgestomp teenoor my nie en al sou ek ook op ‘n plek wees (in die heelal of in my persoonlike lewe) wat objektief nie mooi geag kan word nie, maak Hy weer my oë oop sodat ek anders kan fokus.

Prys die Here van die aarde af, seediere en al die oseane, weerlig en hael, sneeu en miswolke, stormwind wat sy opdrag gehoorsaam, berge, al die heuwels, vrugtebome, al die seders, wilde diere, al die vee, al wat kruip of vlieg, konings van die aarde, alle volke, vorste, alle regeerders van die aarde,  jong manne en meisies, grysaards saam met seuns!  Psalm 148: 7-12

  • Ek koppel dikwels ‘n lied aan ‘n blog en hierdie keer het “Net ek” my die besonderse voorreg aangedoen om dit vir my te doen:

https://neteknogsteeds.wordpress.com/2016/07/06/oor-abrie-en-sy-grotte-en-chris-chameleon/

31 thoughts on “Welkom in die Kangogrotte

  1. “Anders as ek, raak die Here nie afgestomp teenoor my nie…” – so waar!

    Wens so ek kon die grotte besoek, maar ek is bevrees ek sal nie eers die eerste 5m maak nie! Die foto’s is PRAGTIG!

    Like

        1. En terloops as dit regtig “Abrie se grotte” was het ek al die blog mense bymekaar gekry en het ons ‘n groot fees binne in die grotte gehou ;). Maar dit is darem “Abrie se herrineringe”. En dit is wat blog vir my so lekker maak. Die uiting gee aan ‘n kombinasie van herrineringe en ander dinge wat mens in die proses aan dink waaroor mens nie noodwendig sou gedink het nie.

          Liked by 1 person

    1. Ek sien dat vir een of ander rede my kommentaar aan jou in isolasie teenoor niemand se naam beland het en dink nie jy sou dit gesien het nie:
      🙂 sal dit ook nie probeer nie Hester!
      Ja ons almal het mislukkings in die lewe maar ek dink (sonder om arrogant te wil klink) dat gids-wees nie een daarvan was nie. My opmerking laat my ongelukkig ook dink aan die mense wat sê: ek wil nou nie skinder nie – en dan skinder hulle!

      Like

      1. 😀 Ja, maar ‘n mens moet ook jou eie waarde besef. In die werksomgewing het ons altyd gesê “ons moet onsself verkoop, anders word die bonusse uitgedeel aan die saamryers en ons werkers kry niks!”. Skinder voort – as jy goed is, is jy goed.

        Like

  2. Dit was nou n lekker besoek aan die grotte met jou as gids. Kan my die prentjie mooi voorstel. Jy klink vir my n man so na my hart. Ek sê nog altyd: die mens wik(wat baie maal die verkeerde oplewer) maar God beskik(wat nooit verkeerd is nie!)

    Like

        1. En vir my ook en soortgelyk aan destyds het ek mense van reg oor die wereld op my toer gehad met die verskil dat hulle op die Afrikaanse toer was. Dit is nogal ‘n aanduiding van hoe ons wereld verander het! Neem julle een of ander tyd weer op ‘n toer.

          Like

    1. Dankie Christina kom kuier in Suid-Afrika en ek kry dalk gereel om julle vir toer te neem :). Dit sal nogal nostalgies vir my wees soos wat die blog toer was. Neem julle in die toekoms vir nog 1 of 2 Kango toere

      Liked by 1 person

      1. Ek sal baie graag op een van ons besoeke weer in die Klein Karoo ‘n draai wil maak. In die tussentyd sal ek jou virtuele toere geniet. (My volgende besoek gaan ‘n blitsvinnige een wees – net 5 dae in die Kaap aan die einde van die maand – so ongelukkig geen tyd vir iets anders nie.)

        Liked by 1 person

    1. Baie dankie Toortsie ek waardeer die opmerking. Ek raak ook mos nou ouer en my korttermyn geheue is op pad uit, so jy mag maar herhaal 🙂
      Hierdie blogs is sekerlik ‘n manier om mens se brein eb geheue op te skerp!

      Liked by 1 person

      1. Jy laat my dink aan die ou oom wat nie kan verstaan hoekom sy vrou dikmond is omdat hy nie vir haar sê hy is lief vir haar nie. Hy hét dit mos 40 jaar terug gesê, vir wat wil sy dit aanmekaar hoor?

        Like

  3. Ek wens werklik ek het jou as toergids deur daardie grotte gehad….. dan het ek miskien verder gevorder as om met my “backside” op ‘n klip te sit en wag.

    Like

  4. My man probeer al hoe lank om my so ver te kry dat ek net gaan “loer” na die grotte maak ek is te bang. Na ek hierdie gelees het wen my nuuskierigheid die bang. Ek sal nou moet gaan loer

    Like

    1. Baie bly dat ek jou man so ‘n guns kon aandoen. Behalwe nou vir die rumatiektonnel wat ek hier beskryf en die begin van “Adventure tour”gedeelte is hoef jy glad nie eers te buk nie. Oor die nou gedeeltes wat aan einde van grot is blog ek oor in
      https://abriejoubert.wordpress.com/2016/06/17/die-mooi-jong-amerikaanse-dokter-die-rugbesering-en-die-kangogrotte/

      Jy hoef nie op die Adventure tour te gaan nie, maar dan hasies is mos nie bang vir tonnels nie 🙂 Dankie dat jy kom inloer het!

      Like

Ek waardeer jou bydrae/ Please add to the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.