A lion, a tiger, a cheetah and a leopard

  • The post underneath is in my home language Afrikaans but you will certainly understand the photographs
  • To access the WordPress photo challenges (which are in English) click here
  • To access my other English posts not related to WPC click here

Die Wesp (dit is nou Dina Perdebytjie) het mos gaan rondvlinder in Kaokaland met al die pragtige fotos van byvoorbeeld die ou grotes wat sy daar afgeneem het en wat maar ‘n breukdeel is van die wonderlike fotos wat sy al voorheen geplaas het. Die realiteit is dat daardie wesp benydenswaardig is (maar dit maak glad nie saak nie want sy inspireer ons). Maar ek wonder of sy al tiere afgeneem het? Hierdie tiere tel egter nie – hulle is geblik.

Ek het gemengde gevoelens oor jag en is bepaald teen geblikte jag, maar hierdie diere word darem nie geblik vir jag nie. Die diere is afgeneem by die Big Cats Park by Vredenheim wynplaas.  Die diere word baie goed versorg en het baie groot hokke, maar is uit die aard van die saak nie in die natuur nie. Hulle word hoenders gevoer (ek hoop nie die hoenders wat nie geëet word beland op die spyskaart nie)!!

Die dowwe plekke op die fotos is waar ek deur drade die katte afgeneem het. Ek het selfs vergeet dat ek al luiperds afgeneem het. Verlede week se griffel oor my vrou en my span by die werk se reaksie het my laat besef dat daar ‘n sameloping van omstandighede en belangstellings is. Die onthaal van my en Susan se troue 20 jaar gelede was op die wynplaas Vredenheim buite Stellenbosch. Verlede jaar was my span by die werk se jaareindfunksie ook by Vredenheim.

Tiger at vriedenheim

Tiger at Vredenheim

Kom ‘n bietjie nader dan hou ons ‘n piekniek…

Leopard at vredenheim

buscom-2015_20151204_621

White lion at Vredenheim

Been lek lekker

White lion at Vredenheim

Cheetah Vriedenheim

Hudsons Vredenheim

Daar word heerlik gekuier en geëet (aan o.a. hoendergeregte) by Hudsons restaurant op Vredenheim wynplaas

26 thoughts on “A lion, a tiger, a cheetah and a leopard

  1. Sê hulle Juffrou – hierdie gestryery in die klas! Die fotos is pragtig en dis mooi diere ook. Dis lekker om ou herinneringe so op te roep en af te stof Abrie; ‘n mens moet dit meer dikwels doen, dan besef jy hoeveel geluk en plesier daar was in die verlede. En dan beplan jy vir nog meer vorentoe.

    Liked by 1 person

    1. Daar is baie lekker om tafel gekuier met kollegas(en van hulle is vriende) so ja dit is eintlik die”belangrikste” foto. Dit is ook die enigste foto in hierdie groep waar ek die komposisie kon beheer – geen bewegende diere

      Like

  2. Sjoe Abrie, pragtige foto’s!

    Ek is uit en uit ‘n katmens, (as ek nie getroud was nie het ek seker 127,4 katte gehad), so ek LOVE jou foto’s! Sou wat wou gee om so een te vryf, maar ek is te bang. Hulle het nou die aand op Weg! Agterpaaie ‘n plaas in Namibië gewys wat “mak” rescue jagluiperds het. Spin selfs as mens hulle so agter hulle ore vryf.

    Liked by 1 person

    1. Baie dankie met daardie entoesiasme gaan ek hulle sommer nou weer afneem 😀ek het verlede jaar die fotos vir span ge-epos en ‘n paar (insluitende ek )het dit nogal vir tyd as hulle wallpaper gebruik.

      Like

      1. Dankie dat ek onbekende bekende status het en jammer dat ek jou aanvanklik nie geantoord het nie. Ek het in die proses amper my blog delete, so ja daar was bepaald oomblikke van teneergedruktheid. Die kanker raak ons lewens op verskeie aspekte. My vrou was al in die hospitaal vir ‘n paar dae om vas te stel waarom sy so uitsonderlik moeg is (ek sou oneerlik wees as ek nie gedink het dat due kanker versprei het nie), maar die goeie nuus is dat die kanker steeds besig is om weg te smelt. Maar met 2 tienerdogters en ‘n tienerman in die huis, is dit nie altyd maklik nie.

        Like

Lewer kommentaar op poerdez Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.