- The post underneath is in my home language Afrikaans but you will certainly understand the photographs
- To access the WordPress photo challenges (which are in English) click here
- To access my other English posts not related to WPC click here
Die Wesp (dit is nou Dina Perdebytjie) het mos gaan rondvlinder in Kaokaland met al die pragtige fotos van byvoorbeeld die ou grotes wat sy daar afgeneem het en wat maar ‘n breukdeel is van die wonderlike fotos wat sy al voorheen geplaas het. Die realiteit is dat daardie wesp benydenswaardig is (maar dit maak glad nie saak nie want sy inspireer ons). Maar ek wonder of sy al tiere afgeneem het? Hierdie tiere tel egter nie – hulle is geblik.
Ek het gemengde gevoelens oor jag en is bepaald teen geblikte jag, maar hierdie diere word darem nie geblik vir jag nie. Die diere is afgeneem by die Big Cats Park by Vredenheim wynplaas. Die diere word baie goed versorg en het baie groot hokke, maar is uit die aard van die saak nie in die natuur nie. Hulle word hoenders gevoer (ek hoop nie die hoenders wat nie geëet word beland op die spyskaart nie)!!
Die dowwe plekke op die fotos is waar ek deur drade die katte afgeneem het. Ek het selfs vergeet dat ek al luiperds afgeneem het. Verlede week se griffel oor my vrou en my span by die werk se reaksie het my laat besef dat daar ‘n sameloping van omstandighede en belangstellings is. Die onthaal van my en Susan se troue 20 jaar gelede was op die wynplaas Vredenheim buite Stellenbosch. Verlede jaar was my span by die werk se jaareindfunksie ook by Vredenheim.
Been lek lekker
En daar plaas ene Abrie die mooiste foto’s van ‘n tier!Perdeby het nog nooit een afgeneem nie.Daardie luiperd se oog is fantasties…ons is nou kwits,hoor!
LikeLiked by 1 person
Nee ons is nie (ek probeer nie eers kwits wees jy is en bly masterclass). Maar dit is lekker om ‘n gedeelde belangstelling te hê.
LikeLike
Abrie,ek waardeer dit ontsettend baie.Ek is en was jare lank maar net ‘n huisvrou en nou het ek hierdie stokperdjie ontdek,wat my soveel selfvertroue gee..dit doen iets vir my!
LikeLiked by 2 people
Glo my ek versraan jou emosies
LikeLiked by 1 person
Julle twee verskaf ons ander grenslose plesier so julle moet ophou twis! Elkeen is ‘n meester in eie reg. Dankie vir die deel van die pragtige foto’s
LikeLiked by 2 people
Plesier. Ons twis (as dit twis is wat dit in elk geval nie is nie) met ‘n vonkel in die oog
LikeLiked by 2 people
Dis weet ek maar dis weens gebrek aan ‘n ander meer gepasde woord.
LikeLiked by 2 people
Als reg Tina. Eintlik skerts ons maar net.
LikeLiked by 2 people
Ek weet 🙂 Dit onderwyser in my hou julle twee jongetjies net in toom.
LikeLike
Sê hulle Juffrou – hierdie gestryery in die klas! Die fotos is pragtig en dis mooi diere ook. Dis lekker om ou herinneringe so op te roep en af te stof Abrie; ‘n mens moet dit meer dikwels doen, dan besef jy hoeveel geluk en plesier daar was in die verlede. En dan beplan jy vir nog meer vorentoe.
LikeLiked by 1 person
😀 hoop nie die juffrouens haal die plank uit nie. Dankie Hester dit is inderdaad so
LikeLiked by 1 person
Vir my is die mooiste foto daardie gesellige tafel met die pragtige lentegroen blaartjies in die voorgrond.
LikeLiked by 1 person
Daar is baie lekker om tafel gekuier met kollegas(en van hulle is vriende) so ja dit is eintlik die”belangrikste” foto. Dit is ook die enigste foto in hierdie groep waar ek die komposisie kon beheer – geen bewegende diere
LikeLike
Moerse nice foto’s – draad of te not.
LikeLiked by 1 person
Dankie!
LikeLike
Sjoe Abrie, pragtige foto’s!
Ek is uit en uit ‘n katmens, (as ek nie getroud was nie het ek seker 127,4 katte gehad), so ek LOVE jou foto’s! Sou wat wou gee om so een te vryf, maar ek is te bang. Hulle het nou die aand op Weg! Agterpaaie ‘n plaas in Namibië gewys wat “mak” rescue jagluiperds het. Spin selfs as mens hulle so agter hulle ore vryf.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Dan was jou blog se naam: Nie net Ek, Ek en miljuisende katte. Gaan nog iets se oor ons lat wat eie naam kan sê: Miaau…
LikeLike
O Abrie, die heel boonste foto … die weerkaatsing en die tiervelkleur en die haartjies so duidelik ek voel ek kan vat aan tier se kind. Pragtig.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie met daardie entoesiasme gaan ek hulle sommer nou weer afneem 😀ek het verlede jaar die fotos vir span ge-epos en ‘n paar (insluitende ek )het dit nogal vir tyd as hulle wallpaper gebruik.
LikeLike
Dit bedoelende eerste foto
LikeLike
These images are remarkable Abrie!
LikeLiked by 1 person
😀 thanks Amy there is something special in a cat multiplied exponentially in a big cat. My photo challenge post is inter alia about my own cats
LikeLiked by 1 person
Die drade se ‘blurr” beklemtoon juis die ander dele.Die fokus kom dan baie mooier deur. Dis n paar mooi kat fotos wat jy hier wys. Sal hul nie sommer sonder handskoene hanteer nie, Dis lekker om so terug te leef na die goeie ou dae.
LikeLiked by 1 person
Abrie, ek hoop ook nie dis die hoenders uit China of VSA nie! Die arme diere sal siek word. Ek geniet jou blog 🙂
LikeLiked by 1 person
Dankie T.K.C ek het nie onlangs geblog nie. Tyd dat ek weer skryf.
LikeLiked by 1 person
Dankie dat ek onbekende bekende status het en jammer dat ek jou aanvanklik nie geantoord het nie. Ek het in die proses amper my blog delete, so ja daar was bepaald oomblikke van teneergedruktheid. Die kanker raak ons lewens op verskeie aspekte. My vrou was al in die hospitaal vir ‘n paar dae om vas te stel waarom sy so uitsonderlik moeg is (ek sou oneerlik wees as ek nie gedink het dat due kanker versprei het nie), maar die goeie nuus is dat die kanker steeds besig is om weg te smelt. Maar met 2 tienerdogters en ‘n tienerman in die huis, is dit nie altyd maklik nie.
LikeLike